Mulungushi-universiteit (Engels: Mulungushi University) op die Zambiese myndorp Kabwe is in Januarie 2008 opgerig as die land se derde openbare universiteit naas die Universiteit van Zambië in Lusaka en die Koperstreek-universiteit in Kitwe.
Die land het ook minstens vyf privaat universiteite, met 'n sesde, Katolieke universiteit wat in 2009 in die vooruitsig gestel is.
Mulungushi-universiteit | |
---|---|
Tipe: | Openbare universiteit |
Ligging: | Kabwe, Sentrale Provinsie, Zambië |
Kampus: | verskeie kampusse |
Webtuiste: | mu.ac.zm |
Hoewel net duisend studente in 2008 geregistreer het, word daar verwag dat die getal registrasies teen 2018 die 10 000-kerf sal haal. Die universiteit wil projekte aanpak wat inkomste kan skep en ook vennootskappe sluit tussen die privaat en openbare sektor. Eersgenoemde sluit die bevordering van die Mulungushi Rock as toeriste-trekpleister, belegging op die aandelebeurs in Lusaka (die LuSE) en die oprigting van 'n privaat radiostasie in. Die vennootskappe behels privaat sektor belegging in studenteverblyf, vervoerdienste, 'n kafeteria, kommersiële boekwinkel op die kampus en ander handelsake in.
Twee kampusse was in 2009 in aanbou: die dorpskampus in die hartjie van Kabwe waar die Zambia Railways Training School voorheen gesetel was en die hoofkampus op die oewer van die Mulungushirivier, 26 km noord van die dorp.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mulungushi-universiteit, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.