Multituberkulate

Die multituberkulate is 'n uitgestorwe groep soogdiere wat baie lank bestaan het.

Multituberkulate
Tydperk: 183–35 m. jaar gelede
Jura-Oligoseen
Multituberkulate
Sunnyodon notleyi, 'n multituberkulaat uit die vroeë kryt.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Subklas:
Allotheria
Orde:
Multituberculata

Cope, 1884

Fossiele van hierdie groep word gevind uit 'n tydperk wat 100 miljoen jaar geduur het, langer as die van enige ander groep soogdiere. Hulle het 'n bietjie soos die knaagdiere van vandag gelyk, maar was hoegenaamd nie aan hulle verwant nie. Daar is vorme wat soos eekhorings of muise gelyk het, maar daar was ook vorme wat soos bewers gelyk het. Hulle verskyn in die laat jura en hulle het uitgesterf in die vroeë oligoseen toe die ware knaagdiere verskyn het. Dit beteken dat hulle een van die groepe is wat die Kryt-Paleogeen-uitwissing oorleef het.

In teenstelling tot die ware knaagdiere was hulle nie Theria nie. (wat amper alle soogdiere van vandag insluit). Hul bekken was taamlik nou. Dit beteken dalk dat hulle eiers gelê het soos die eendbekdier of baie klein onvolgroeide babatjies gekry het soos die Kangaroe vandag. Die ware knaagdiere het wat betref hul voortplanting 'n groot voordeel geniet. Die naam Multituberculata verwys na hulle gebit. Hulle kiestande het baie klein knoppies gehad, wat tubercula heet in Latyn.

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SprokieFinansiële staatWaterbesoedelingVervoerPornografiese akteurPornografiese subgenresRenaissanceEmosiePrivaat maatskappyMartin Luther King jr.VarkgriepStaalProstaatkankerVulvaMisdaadGewone breukeVaginale kankerLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSelfvertroueKrampIronieWerkwoordBysteekOranjerivierYouTubeBateLiewe HeksieJohannes MeintjesWerkloosheidElandréMaanSeptimius AwardsGawes van die Heilige GeesSebraSonnestelselPeriodieke tabelAlkoholismeGoogleGesonde dieetKonsonantDokterItaliëBaälKonsentrasiekampRepubliek die KongoKoperGeskiedenis van Suid-AfrikaInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandHondLys van Suid-Afrikaanse musikanteBoomslangSnaarinstrumentWaterHartversakingWet op NaturellengrondMiddelmisbruikKameelperdBesoedelingFranse RewolusiePresident van Suid-AfrikaSeksueel oordraagbare infeksieSkilpadInternetNasionale VrouedagToestand van materieSeisoenHorlosieBestuiwingMaatskaplike verantwoordelikheidWesterse filosofieAngolese BurgeroorlogMosambiekDrakensbergeWêreldwye webSkisofrenieTydsone🡆 More