Mulanjemassief

Die Mulanjemassief is ’n groot inselberg in die suide van Malawi, sowat 65 km oos van Blantyre.

Die hange rys steil vanaf die omliggende vlaktes van Chiradzulu en die Mulanje-distrik, waar tee verbou word.

Mulanje
’n Satellietbeeld van die berg Mulanje. ’n Satellietbeeld van die berg Mulanje.
Ligging Vlag van Malawi Malawi
Hoogte 3 002 meter bo seevlak
Prominensie 2 319 m
Bergtipe Inselberg
Ligging van Mulanje op 'n kaart (Malawi-reliëf)
Mulanje
Mulanje
Die ligging van Mulanje in Malawi.

Beskrywing

Die massief is sowat 22 x 26 km groot en die hoogste punt, die Sapitwapiek, is 3 002 m hoog. ’n Groot deel van die massief bestaan uit golwende graslande op hoogtes van 1 800 tot 2 200 m wat gekruis word deur diep, beboste klowe. Dit het baie individuele pieke wat tot meer as 2 500 m hoog is, soos die Chambe-piek, waarvan die westelike hang bekend is vir die langste rotsklim in Afrika.

Mulanjemassief 
Die westelike hang van Berg Mulanje.

Die massief is sowat 130 miljoen jaar gelede gevorm vanweë die inpersing van magma in die aardkors. Die omringende rots is mettertyd weggekalwe en dit het die erosiebestande vulkaniese rots van die Mulanjemassief agtergelaat. Die eerste Europeër wat geskryf het dat hy die berg gesien het, was David Livingstone, in 1859, maar in argeologiese ondersoeke is bewyse gevind dat die berg sedert die Steentydperk al besoek word.

Die berg is so hoog dat dit die boonste lugvloei versteur sodat reënwolke daaromheen vorm. Dit is dus ’n belangrike bron van reënwater vir feitlik elke rivier wat deur hierdie deel van Malawi vloei. ’n Taamlike groot houtbedryf is aan die hange van die massief gevestig.

Die massief is deel van ’n beskermde bergwoudreservaat. Soveel inheemse Mulanje-sipresse (Widdringtonia whytei) is afgekap dat dit as bedreig beskou word en van die laaste oorblywende bome word in die park aangetref, asook ’n paar ander plante en diere waarvan baie spesies inheems aan die gebied is. Voorbeelde sluit in woudskoenlappers en ’n skaars soort voël, verkleurmannetjie, gekko, akkedis en padda. Die gebied om die park word bedreig deur ’n groeiende bevolking, die afkap van bome en indringerspesies.

Mulanje is ’n gewilde plek vir bergklim en stap en het verskeie berghutte wat deur die Malawiese Bergklub en die departement van bosbou onderhou word. Sapitwapiek is in 1894 die eerste keer uitgeklim en is nou die gewildste plek vir bergklim op die plato.

Verwysings

Eksterne skakels

35°35′37″O / 15.94972°S 35.59361°O / -15.94972; 35.59361

Tags:

BlantyreInselbergMalawi

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DigvormZuid-Afrikaansche RepubliekWiskundeHomofoonDerrickNierCleopatra VIIStaat PalestinaWayde van NiekerkPoesOos-KaapPG du PlessisTierboskatAnglo-BoereoorlogGawes van die Heilige GeesVergelykings (taalkunde)VoornaamwoordOlimpiese godeNetaji Subhas Chandra Bose Internasionale LughaweOrtopedieE-posLys van slangeSuid-Afrikaanse InkomstediensInligtingAardeRugbywêreldbeker 1991Gewone tarentaalMeervoudBeesSuikersiekteRolprentStrandbeestGhanaGoudMarsKrampRina HugoSamestellende afleidingEoraptorErfenisAntieke EgipteTobie CronjéSonSeksueel oordraagbare infeksieJesus van NasaretAalwynRooiwaterCarike KeuzenkampBoet TroskieKanadese nasionale krieketspanLys van Afrikaanse rolprenteSlaapapneeRussiesA.J. ApplegateVlag van BangladesjBrasiliëYouTubeVrymesselaryJannie du ToitWoordeboek van die Afrikaanse TaalSowjetunieWiskundige terminologieDoopWoordBrongitisNarkoseHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalPenisJohannesburgSusan CoetzerIndustriële Revolusie🡆 More