Mswati Iii

Mswati III (op 19 April 1968 in Manzini gebore as prins Makhosetive Dlamini) is die heersende koning (Swazi: Ingwenyama) van Eswatini (voorheen Swaziland) en hoof van die Swazi- koninklike familie.

Hy is die seun van koning Sobhuza II en een van sy jonger vroue, Ntfombi Tfwala. Mswati is Tfwala se enigste kind.

Mswati III
Koning van Eswatini
Mswati Iii
Mswati III in 2014
Dinastie Huis van Dlamini
Bewind 25 April 1986 – hede
Kroning 25 April 1986
Volle naam Makhosetive Dlamini
Ander titels Ingwenyama
Gebore 19 April 1968 (1968-04-19) (56 jaar oud)
Manzini, Eswatini (destyds Swaziland)
Voorganger Ntfombi Tfwala (regentes)
Gade 15 vroue
Kinders 25 kinders
Vader Sobhuza II
Moeder Ntfombi Tfwala
Mswati Iii
Mswati III in seremoniële kleredrag, Julie 2011
Mswati Iii
Mswati III tydens 'n besoek aan Washington, D.C. in 2009

Hy was op laerskool aan die Laerskool Masundvwini en op hoërskool aan die Lozitha-paleisskool. Hy het daarna, tussen 1983 en 1986, die Sherborne-skool bygewoon in die noordweste van Dorset, Engeland. Makhosetive is as Mswati III, Ingwenyama en koning van Swaziland gekroon op 25 April 1986 op die ouderdom van 18. Daarmee het hy die jongste regerende monarg ter wêreld geword. Hy regeer oor die land as 'n absolute monarg.

Mswati III is bekend vir sy beoefening van poligamie (hoewel minstens twee vroue deur die staat aangestel is) en het tans 15 vroue. Sy beleid en weelderige lewenstyl het reeds binnelandse protes veroorsaak, en word internasionaal gekritiseer.

Op 19 April 2018, met die dubbele viering van die land se goue herdenkingsjaar en die koning se 50ste verjaardag, het Mswati aangekondig dat sy land se naam verander na Eswatini, die naam wat algemeen in Swazi gebruik word.

Via sy suster Shiyiwe Mantfombi Dlamini Zulu (1953–2021), die hoofvrou van die oorlede Zoeloekoning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu, is Mswati III die oom van die huidige Zoeloekoning Misuzulu Zulu.

Titels en style

  • 19 April 1968 – 25 April 1986: Sy Koninklike Hoogheid prins Makhosetive Dlamini van Eswatini.
  • 25 April 1986 – hede: Sy Majesteit, Ingwenyama van Eswatini.

Eerbewyse

Nasionaal

Mswati Iii 
Koninklike vlag van Eswatini
  • Mswati Iii  Eswatini: Grand Master of the Royal Order of King Sobhuza II (1986).
  • Mswati Iii  Eswatini: Grand Master of the Royal Order of the Great She-Elephant (2002).
  • Mswati Iii  Eswatini: Grand Master of the Royal Order of the Crown (2002).
  • Mswati Iii  Eswatini: Grand Master of the Royal Family Order of Mswati III (2002).
  • Mswati Iii  Eswatini: Grand Master of the Military Order of Swaziland (2002).
  • Mswati Iii  Eswatini: Grand Master of the Order of the Elephant (2018).

Internasionaal

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Ntfombi Tfwala (koningin-regentes)
Koning van Eswatini
1986–hede
Opgevolg deur
Posbekleër

Tags:

Mswati Iii Titels en styleMswati Iii EerbewyseMswati Iii VerwysingsMswati Iii BronneMswati Iii Eksterne skakelsMswati Iii19 April1968EswatiniManziniSobhuza IISwazi

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KatoenDemokratiese AlliansieToekoms van die AardeFabelAnglo-BoereoorlogHartversakingApartheidSelNamakwalandLys van Afrikaanse rolprentePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNeerslagWisselkoersRobbeneilandKorrupsieNiersteenSeevlakIndustriële RevolusieBeesSuikersiekteMeningsverskil oor aardverwarmingNatuurbewaringGeskiedenis van Suid-AfrikaVerkleurmannetjieRekenaarKolitisDemokrasieMateriaalSuid-AfrikaWikimedia-stigtingRonelda KamferEuropaVulkaanDermpoliepMusieksimboleRosa ParksLodewyk XVI van FrankrykRasionale getalAnale seksJohannesburgSlawernyWaatlemoenEkotoerismeSkrywerMosambiekkanaalProteïenIronieGlobaliseringProteaLys van myne in Suid-AfrikaAtoomNaaldekokerVarkDikdermJode in Suid-AfrikaDiskriminasieHibernasieRefentse MorakeVoedingFinale OplossingDonkieDruiweWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaChemiese verbindingMaanAarde se atmosfeerGrondbesoedelingAfrikaanse WikipediaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaAkuutPoesAborsie in Suid-AfrikaSosiale mediaSekondêre sektor van die ekonomie🡆 More