Mpulungu

Mpulungu is Zambië se enigste hawe danksy sy ligging aan die Tanganjika-meer, vanwaar bote na Tanzanië en Burundi vertrek.

Met slegs 9 545 inwoners (2009-skatting), is dit die Noordelike Provinsie se agtste grootste nedersetting.

Mpulungu
Mpulungu is in Zambië
Mpulungu
Mpulungu
Koördinate: 8°46′0″S 31°8′0″O / 8.76667°S 31.13333°O / -8.76667; 31.13333 31°8′0″O / 8.76667°S 31.13333°O / -8.76667; 31.13333
LandVlag van Zambië Zambië
ProvinsieNoordelike Provinsie
TydsoneUTC+2 (SAST)

Die hawe het 'n bedrywige vissersbedryf en die veerboot MV Liemba doen gereeld hier aan op sy vaarte op die meer. Toeriste kan oorbly in talle lodges in die omgewing, maar moenie dat die sandstrande en helder water hulle om die bos lei nie. Seekoeie en krokodille is volop en die waterslang, hier as die Tanganjika-kobra bekend, word ook af en toe opgemerk.

Al wat van Zambië se oudste kerk, by Niamkolo, oorgebly het, is 'n 15 m hoë kloktoring. Die Londense Sendinggenootskap het die kerk in 1895 2 km oos van die dorp voltooi, nadat hulle 'n sendingstasie hier gestig het in 1880 om 'n einde aan die Arabiese slawehandel te probeer bring. Die sendelinge moes die plek kort daarna verlaat weens die Arabiere se teenstand, maar danksy die Britte in Njassaland se suksesvolle optrede teen die handelaars, kon die sendelinge in 1887 terugkeer. Ene Alfred J. Swan het die kerk in 1893 begin bou ná hy 'n stuk grond vir die doel gekoop het. Die sendelinge moes die stasie egter in 1908 skuif weens die hoë voorkoms van slaapsiekte. Kort daarna het 'n brand die kerk in puin gelê. In 1963 is die mure wel herbou.

Die meer bied uitstekende hengelgeleenthede.

Verwysings

Tags:

BurundiNoordelike Provinsie (Zambië)Tanganjika-meerTanzaniëZambië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SoutsuurDroogteInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandInfeksieToerismeSnaarinstrumentJan van RiebeeckRenteHondWaterpokkiesResensieNamibiëKitaarAfrikaanse taalleerVeelvoudige sinKappie (skryfteken)ReënspinnekopNatuurrampPizzaOranjerivierOmtrek, oppervlakte en volumeMiljardWiki CommonsInternetGemeenskapVroueregteHigiëneLys van elemente volgens simboolVulkaanMorfologie (taalkunde)GalblaasLys van kinderspeletjiesPlae van EgipteWetenskaplike klassifikasieLys van Afrikaanse rolprenteJuraSoogdierYsterMark (ekonomie)VoorvoegselVarkSeekoeiVaste stofBlaarVarkgriepBeaufortskaalNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMalariaDaggaStadAkuutPerdLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)TuisbladPlantluisSelakantLidwoordMenseregtePerdebyeWoestynGoudGianna MichaelsDonkieOnse VaderSeekatBoelieryCarike KeuzenkampDubbelpuntNazi-DuitslandWaterbesparing in Suid-AfrikaTaalHamburgerOorstromingKlem-in-die-kaak7de LaanBateGevolge van aardverwarming op oseaneAardkorsLeeu🡆 More