Mozilla Firefox

Mozilla Firefox (oorspronklik bekend as Phoenix en kortliks as Mozilla Firebird) is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word.

Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers.

Mozilla Firefox
Kort opsomming van die logo.
Mozilla Firefox
Firefox 57 op Windows 10

Ontwikkelaar Mozilla-stigting/Mozilla Corporation
Nuutste weergawe 125.0.2 Edit this on Wikidata/ 22 April 2024
Nuutste betaweergawe 126.0b4 Edit this on Wikidata/ 22 April 2024
Programmeertaal C++, JavaScript, C, Rust
Bedryfstelsel Windows, OS X, Linux
Beskikbaar in Afrikaans en baie andere tale
Kategorie Webblaaier
Lisensie MOL, MOL/GPL/LGPL trilisensie
Webblad www.mozilla.org/en-US/firefox/new/ Edit this at Wikidata

Met Firefox beoog die Mozilla-stigting om 'n klein, vinnige, eenvoudige en hoogs uitbreibare webblaaier te ontwikkel wat onafhanklik van die Mozilla-suite staan. Firefox het die fokus van Mozilla-ontwikkeling geword, tesame met die Mozilla Thunderbird e-posleser, en het die Mozilla-suite vervang as die amptelike blaaier van die Mozilla-stigting.

Ondersteuning van Afrikaans

Die Mozilla-stigting het op 31 Mei 2007 aangekondig dat die Firefox-blaaier vir die eerste keer ook in Afrikaans beskikbaar is. Die blaaier word deur translate.org.za vir Afrikaanssprekendes gelokaliseer.

Die voordeel van so 'n blaaier is dat die koppelvlak in Afrikaans is, maar ook dat die taalvoorkeur outomaties na Afrikaans gestel is. Webtuistes wat in Afrikaans beskikbaar is, soos Google, Facebook en andere, sal dus outomaties in Afrikaans laai.

'n Afrikaanse speltoetser is ook beskikbaar wat spelfoute kan uitwys soos mens in teksareas tik.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Kruis-platformOopbronVrye sagtewareWebblaaier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Atlantiese OseaanKoorsblaarSirkelAfkortingRonelda KamferBreingewasErdwurmMetaalFluoorGoudMenseregtedagSuid-Afrikaanse WeermagGeskiedenis van AfrikaansSportBestaansboerderyGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNiemetaalWayback MachineFranklin D. RooseveltVoornaamwoordGNU/FDL-lisensieSelPlae van EgipteMichael JacksonChemiese verbindingKrugerwildtuinHomoniemNazi-DuitslandSkaakNierAfleiding (taalkunde)HoofkarakterWiki CommonsPolisieMaagKnieAntjie KrogDiskriminasieKrimpvarkieNag van die lang messeSuid-Afrikaanse RugbyunieTierGawes van die Heilige GeesBeurtkragKaliforniese KanaaleilandeBelvidere Holy Trinity-kerkAppendiksKakiebosVlekvrye staalVars waterMaatskaplike verantwoordelikheidValentynsdagKinderregteSaldanhabaaiBosvarkAntisemitismeSeksueel oordraagbare infeksieSokkerElektriese geleierJak de PriesterNasionale PartyAfrikaanse WikipediaWinnie Madikizela-MandelaSkilpadKweekhuiseffekVleilandVrouSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Lys van bekende Suid-AfrikanersKhoikhoiLys van Kaapstad se voorstedeAllan BoesakLys van lande volgens bevolkingRobbeneilandOntbossingPers🡆 More