Mosterd is kruiepasta met 'n skerp smaak wat tydens die voorbereiding van voedsel en ook tydens die maaltyd by voedsel gevoeg word vir ekstra geur en smaak.
Mosterd word vervaardig uit gemaalde mosterdsade, asyn, water, suiker en sout. Soms word daar wel 'n paar ekstra speserye (soos peper) bygevoeg. Dit skep 'n pasta of sous wat wissel in kleur van heldergeel tot donkerbruin. Gewoonlik word kurkuma toegevoeg vir die geel kleur. Suiker is nie verpligtend nie, maar wel handig indien 'n soeter mosterd verlang word; heuning is ook geskik hiervoor.
Mosterd, geel Voedingswaarde per 100 g | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Energie 70 kcal 280 kJ | ||||||||||
| ||||||||||
Persentasies is relatief tot VSA aanbevelings vir volwassenes. Bron: USDA Voedingstof-databasis |
Mosterd word algemeen saam met vleis, soesji, pizza, brood, aartappels en kaas bedien, en is 'n gewilde toevoeging tot toebroodjies, slaaie, biefstuk, tofu, jogurt, kaasburgers en worsbroodjies. Dit word ook gebruik as 'n bestanddeel in baie slaaisouse, glasure, souse, sop en marinades. As 'n room of 'n saad, word mosterd gebruik in die kookkuns van Indië, die Middellandse See, die noordelike en suidoostelike Europa, Asië, Amerika en Afrika, wat dit een van die mees gewilde en mees gebruikte speserye in die wêreld maak.
Wiki Commons bevat media in verband met Mosterd. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mosterd, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.