Moskeeswael

Die moskeeswael (Cecropis senegalensis en Hirundo senegalensis) is 'n lid van die swaelfamilie en een van die groter swaels.

Moskeeswael
Moskeeswael
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Cecropis
Spesie:
C. senegalensis
Binomiale naam
Cecropis senegalensis
(Linnaeus, 1766)
Sinonieme
Hirundo senegalensis

Identifikasie

Moskeeswaels lyk baie soos 'n reuse rooinekswael met 'n algemene lengte van 25 cm en 'n gewig van 45g by volwassenes. Hul bolywe is blou, anders as die rooinekswael se rooi bolyf. Die moskeeswael se gesig en onderlyf is wel rooierig, maar hul ondervlerke is wit met donker vliegvere. Die stert is gevurk en kom iets ronder by die mannetjies voor. Onvolwasse voëls is minder kleurryk en meer bruin, met aansienlik minder kontrasterende kleure.

Die moskeeswael lyk ook baie op die rooiborsswael, maar is ietwat groter en het korter sterte. Die donker kroon steek ook nie verby die oë van 'n moskeeswael nie, maar wel by 'n rooiborsswael.

Hul vlug is swaar en stadig en kan, gepaard met hul grootte, die indruk van 'n valk, eerder as 'n swael gee.

Voedsel

Die primêre voedsel van die moskeeswael is insekte wat uit die lug tydens vlug gevang word.

Verspreiding

Die moskeeswael word aangetref in die meeste dele van Afrika, suid van die Sahara, maar is die algemeenste in die Weste. Die voëls migreer nie, maar sal reëns tot 'n sekere mate volg.

Habitat

Moskeeswaels verkies oop velde met bome en beboude gebiede. Hulle word gewoonlik in pare en swerms aangetref en selde as enkel voëls. Die voëls bou toe modderneste met 'n buisagtige opening; die neste word veral aangetref in die krake van, of onder brûe en soortegelyk strukture, benewens verlate geboue, gate in bome en grotte.

Voortplanting

Die wyfie lê tipies twee tot vier wit eiers. 'n Mannetjie sal slegs met een wyfie paar tot en met haar dood. Na haar dood sal hy vir hom 'n nuwe maat soek.

Ander name

  • Wetenskaplike naam: Hirundo senegalensis
  • Engelse naam: Mosque Swallow

Subspesies

  • C. s. senegalensis
  • C. s. saturatior
  • C. s. monteiri

Sien ook

Bronnelys

Tags:

Moskeeswael IdentifikasieMoskeeswael VoedselMoskeeswael VerspreidingMoskeeswael HabitatMoskeeswael VoortplantingMoskeeswael Ander nameMoskeeswael SubspesiesMoskeeswael Sien ookMoskeeswael BronnelysMoskeeswael

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Randall WicombFiksieSuid-Afrikaanse GrensoorlogAfrikaanse WikipediaMuishondProsaMiddeloorontstekingKoekie (rekenaarwetenskap)HeelgetalLys van Afrikaanse skrywersBloemfonteinBreingewasWaterbesoedelingBeenbreuke en ontwrigtingsDulcie van den BerghSowjetunieLewerSpelerposisies in rugbyMenslike skeletTatoeëermerkKaliforniese KanaaleilandeHoofkarakterJames AlexanderMenstruasieEnkelvoudige sinPlaasjapieWaterkringloop2024 Chinese Grand PrixVersamelnaamSpinnekopWayback MachineGalblaasHamerkopVlag van Suid-AfrikaSonDiarreeHemelvaartMusiekRooilipslangChemiese elementSwitserlandBalletKragopwekkingToekoms van die AardeSwawelAfrikaanse TaalmonumentKarlien van JaarsveldEekhoringDeelstate van die Verenigde State van AmerikaArmoedeAluminiumAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAnglo-BoereoorlogWielewaalEmfiseemVlinderJaco JacobsLieweheersbesieTrekarbeidVulkanismeLika BerningHeks van HexrivierPriemgetalWoestynWhatsAppWaterpokkiesNasionale VrouemonumentSelfvertrouePlae van EgipteKarakteriseringAnale kankerOmgewingskwessies in Suider-AfrikaMaanKoos du Plessis🡆 More