Morsekode: Kommunikasiekode met seine wat letters, leestekens en syfers voorstel

Morsekode is 'n stelsel om letters, nommers, getalle en leestekens deur middel van 'n onderbroke kodesein te stuur.

Dit is deur Samuel Morse en Alfred Vail in 1835 ontwerp.

Morsekode: Letters, Nommers, Morsekode-vertalers en -programme
Die Amerikaanse J-38, waarmee morsekode gestuur word.
Morsekode: Letters, Nommers, Morsekode-vertalers en -programme
Die morsekode vir SOS ('n noodroepsein).
Morsekode: Letters, Nommers, Morsekode-vertalers en -programme
Morsekode: letters en nommers
(dieselfde as in die tabel links getoon, net vetgedruk).

Die kode was oorspronklik in die 19de eeu gebruik om persoonlike- en nuusboodskappe per draad en later per radio oor lang afstande te stuur en het so die spoed van kommunikasie geweldig verbeter.

Alhoewel morsekode amper heeltemal vervang is deur meer moderne elektroniese kommunikasiemiddels word dit steeds gebruik om sommige tweerigtingradioherhalers en navigasietoerusting te identifiseer. Dit word ook nog heelwat deur radio-amateurs gebruik om met mekaar te kommunikeer. Die SOS-noodroepsein, vir "Save Our Soul", is baie bekend en sommige moderne flitse het 'n ingeboude SOS-sein funksie. Voordele van morsekode is dat, in vergelyking met moderne analoog en digitale uitsendings, dit met baie eenvoudige toerusting gestuur en ontvang kan word en dat boodskappe met relatief min elektriese krag oor lang afstande hoorbaar kan wees.

Morsekode is 'n vroeë vorm van digitale kommunikasie en is opgevolg deur telex, en later faks. Anders as moderne binêre digitale kodes wat slegs twee state gebruik (0 en 1), gebruik Morsekode vyf: kolletjie (·), strepie (–), kort rus (tussen elke letter), medium rus (tussen woorde) en lang rus (tussen sinne).

Letters

Letter Internasionale Kode Amerikaanse Morse Letter Internasionale Kode Amerikaanse Morse
A · - · - N - · - ·
B - · · · - · · · O - - - - - -
C - · - · · · _ · P · - - · · · · · ·
D - · · - · · Q - - · - · · - ·
E · · R · - · · _ · ·
F · · - · · - · S · · · · ·
G - - · - - · T - -
H · · · · · · · · U · · - · · -
I · · · · V · · · - · · · -
J · - - - · - · - W · - - · - -
K - · - - · - X - · · - · - · ·
L · - · · - - - - Y - · - - · · _ · ·
M - - - - Z - - · · · · · _ ·

(† Let wel: "_" beteken "spasie" en maak deel van die karakter uit)

Nommers

   Internasionale   Amerikaanse    morsekode        morsekode 0   -----            ----- 1   ·----            ·--· 2   ··---            ··-··  3   ···--            ···-·  4   ····-            ····- 5   ·····            ---  6   -····            ······ 7   --···            --·· 8   ---··            -···· 9   ----·            -··- 

Morsekode-vertalers en -programme

Daar is 'n aantal vertalers op die web wat teks na morsekode kan omskakel, en dit ook deur jou rekenaar kan terugspeel:

Eksterne skakels

Tags:

Morsekode LettersMorsekode NommersMorsekode -vertalers en -programmeMorsekode Eksterne skakelsMorsekode1835GetalLetterSamuel Morse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Publieke domeinC.J. LangenhovenElandréDesiré GardnerMieliedriehoekMorfologie (taalkunde)DiketoWewervoëlsJoodse kalenderApiesdoringAfrikaanse TaalmonumentWynBokmakierieKnopiespinnekopVratTierboskatKoöperasiestoriesHoopHernubare energieFiksieHoërskool Sentraal, Bloemfontein7de LaanKolonoskopieKolorektale kankerIndiëVoortrekkermonumentAasvoëlBok van BlerkLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002Suid-Afrikaanse GrensoorlogSuiderkruisIerse nasionale rugbyspanBrandmondsindroomPieter NaudéDie Heuwels FantastiesKokerboomTórshavnWikiCanastaOlimpiese godeDokumentbestuurstelselKremetartMalariaMantisNagadderKain en AbelDaggaGordelroosPieter W. GrobbelaarOnomatopeeAtleetvoetDiskriminasieSybel CoetzeeLys van elemente volgens simboolKrokodilGezina, PretoriaBoomLiesbreukLys van Griekse mitologiese figureSendelingposisieAs Aventuras de Gui & EstopaFredi NestDuitse maselsOmtrek, oppervlakte en volumeLWena NaudéHeidelberg, GautengWetenskaplike klassifikasieVier temperamenteEkonomie van Suid-AfrikaLudwig van BeethovenGewone luislangHannes van WykEliza Scanlen🡆 More