Morné Steyn

Morné Steyn (gebore in Bellville, 11 Julie 1984) is 'n Springbokrugbyspeler wat vir die Blou Bulle as losskakel (no.

10) gespeel het in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby. Hy is in 2008 in die posisie gekies nadat Derick Hougaard besluit het om sy loopbaan in Leicester voort te sit. In 2009 tydens die Britse en Ierse Leeus toer na Suid-Afrika het Morné Steyn die reeks vir Suid-Afrika beklink in die derde toets. In 2021 (12 jaar later) het hy dit weer gedoen toe hy 'n strafskop in die laaste minute van die laaste toets oorgeskop het. Hy is die enigste speler in wêreldrugby wie twee toetsreekse teen die Britse en Ierse Leeus kon wen. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.

Morné Steyn Rugbyportaal
Morné Steyn
Volle naam Morné Steyn
Geboortedatum 11 Julie 1984 (1984-07-11) (39 jaar oud)
Geboorteplek Bellville, Suid-Afrika
Lengte 1,84 m
Massa 91 kg
Skool Hoërskool Sand du Plessis
Beroep Professionele Rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Losskakel
Springbokno. 803
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
UP-Tuks
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2013–2020 Stade Français Paris 135 (725)
korrek soos op 3 Maart 2021.
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2003–2013, 2020– Blou Bulle 71 (739)
korrek soos op 12 Junie 2022.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
2005–2013, 2020– Bulls 144 (1639)
korrek soos op 12 Junie 2022.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2009–2021 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 68 (742)
korrek soos op 14 Augustus 2021.

Na afloop van die 2013 Superrugbyseisoen is Steyn deur die Franse klub Stade français Paris gekontrakteer.

Rekords

Morné Steyn 
Steyn voer 'n doelskop uit.
  • Wêreldrekord vir die meeste punte deur 'n speler wat al sy internasionale span se punte in een wedstryd aangeteken het (31).
  • Meeste punte teen Nieu-Seeland aangeteken in 'n enkele toets (31).
  • Meeste punte in 'n Drienasieswedstryd (31).
  • Suid-Afrikaanse rekord vir meeste punte in 'n toets teen die All Blacks (31).
  • Suid-Afrikaanse rekord vir meeste strafdoele in 'n toets aangeteken (8) – verbeter die rekord van Percy Montgomery vir 7 strafdoele.
    • Al die bogenoemde rekords is behaal met sy 31 punte in die Drienasiestoets teen die All Blacks op 1 Augustus 2009 in Durban
  • Suid-Afrikaanse rekord vir meeste punte in 'n toets teen Australië.
  • Vinnigste 100 punte deur enige Springbok (8 toetswedstryde, waarvan 3 as plaasvervanger)
  • Vinnigste 200 punte deur enige Springbok (16 toetswedstryde)
  • Vinnigste 300 punte deur enige Springbok (24 toetswedstryde)
  • Vinnigste 400 punte deur enige Springbok (33 toetswedstryde)
  • Vinnigste 500 punte deur enige Springbok (43 toetswedstryde)
  • Vinnigste 600 punte deur enige Springbok (50 toetswedstryde)
  • Vinnigste 700 punte deur enige Springbok (62 toetswedstryde)
  • Meeste skepdoele in een Superrugbywedstryd (4) (tydens die 2009 Super 14-halfeindstryd teen die Crusaders).
  • Meeste skepdoele in die Superrugbykompetisie (25)
  • Meeste skepdoele in 'n Superrugbyseisoen (11 in 2009)
  • Meeste strafdoele in 'n Superrugbyseisoen (51 in 2010)
  • Meeste punte in 'n Superrugbyseisoen (263) – oortref Dan Carter se rekord van 221 in 2006 behaal.
  • Meeste punte deur 'n Bullsspeler in superrugbygeskiedenis (1 467 tot op 27 Julie 2013)
  • Meeste punte deur 'n Suid-Afrikaner (1 467 tot op 27 Julie 2013) en eerste Suid-Afrikaner wat 1 000 punte in Superrugby kon aanteken.
  • Steyn hou ook die rekord vir die meeste opeenvolgende suksesvolle stelskoppe in toetsrugby (sedert statistiek hiervoor gehou word in die laat-1980's). Hy het 'n reeks van 41 skoppe oorgesit, wat geëeindig het op 6 November 2010 teen Ierland. Hiermee verbeter hy die vorige rekord van 36 skoppe deur Chris Paterson van Skotland.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

11 Julie1984BellvilleBlou BulleBulls (Superrugbyspan)CurriebekerDerick HougaardLosskakelRugbywêreldbeker 2015SpringbokkeSuperrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BloeddrukLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaMediaWikiCSSAmalia UysWikiVrouDuitse maselsRoekelose DadeWayback MachineSonsverduisteringBaardskeerder-spinnekopMarga van RooyPG du PlessisMadison IvyAarverkalkingPesachBernice WestLys van Joodse feeste en herdenkingsDemokrasiePolitieke partyGrasfamilieCecil John RhodesNazi-DuitslandSaharaBoeberUnited Democratic FrontISBNVaginale kankerPoesLily CarterSeksuele opwekkingWaarheid-en-versoeningskommissieEnsiklopedieSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSuid-Afrikaanse PolisiediensAndré SchwartzSuid-KoreaMamelukBatmanEuropese Suidelike SterrewagEekhoringAfrikaanse woordelys en spelreëlsBybelKoedoeDachshundSuid-Afrikaanse InkomstediensLys van politieke partye in Suid-AfrikaEier (biologie)WeeluisCarike KeuzenkampAsiëWaterhertAnale kankerIdioomHondsdolheidGianna MichaelsJapanLabia (geslagsdele)Samestellende afleidingVuurSlag van BloedrivierMorfologie (taalkunde)Lika BerningErica RhodesGriekelandHartAalwynAasblomFilosofiePlae van Egipte🡆 More