Monika Pon-Su-San

Monika Pon-su-san (née Sing-Lee, 21 November 1930 – 14 Junie 2017) was die model wat Vladimir Tretchikoff vir sy beroemde skildery Chinese Girl (Chinese meisie), ook bekend as The Green Lady (die groen dame), gebruik het.

Monika Pon-su-san
Gebore
Monika Sing-Lee

21 November 1930
Sterf14 Junie 2017
Bekend virModel vir bekende skildery

Pon-Su-San is deur Tretchikoff raakgesien terwyl sy by haar oom se wassery in Kaapstad gewerk het. Sy was omtrent twintig jaar oud en het twee keer 'n week vir ses weke lank vir hom gesit, sodat hy haar kon skilder. Hy het haar £6.50 (destyds R20) daarvoor vergoed.

Sy is op 14 Junie 2017 in Johannesburg oorlede.

Die Chinese Girl-skildery

Die skildery van haar dateer uit 1952 en het een van die bekendste kunsreproduksies van die twintigste eeu geword. Die skildery vertoon 'n Chinese meisie met 'n ongewone blougroen veltoon, wat die skildery die bynaam The Green Lady gegee het. Tretchikoff het beweer dat die eerste weergawe van hierdie skildery in Kaapstad vernietig is en hy het 'n nuwe weergawe vir sy 1953-toer na die VSA geverf. Navorsers kon egter geen bewyse hiervoor vind nie.

Die oorspronklike is op 20 Maart 2013 by Bonhams-veilinghuis in Londen vir byna $ 3.5 miljoen (£ 982.050) verkoop. Dit is deur die Britse juwelier Laurence Graff opgeraap. Sedert 30 November dieselfde jaar is dit by die Delaire Graff Estate naby Stellenbosch in Suid-Afrika tentoongestel.

Verwysings

Tags:

Vladimir Tretchikoff

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VrystaatSelfoonIoonBrandmondsindroomSwart nasionalismeEkonomieKontinentWolfSirkelBeesNazi-DuitslandKalsium3D-rolprentJo BlackMigrasie van voëlsWatersuiweringVigsMondGalileo GalileiElandréCovid-19-pandemieAfrikaanse taalleerVoëlKlimaatsverandering in AfrikaBesnydenisWes-KaapWitrenosterByvoeglike naamwoordLys van Suider-Afrikaanse soogdiereEugenetikaNederlandsVoegwoordKaapstadSilwerKwaZulu-NatalVormStam (taalkunde)ArmoedeverligtingWitbankPersoonlikheidMiskruierAfrikanernasionalismeUnited Democratic FrontAardedagDokterDaggaNiersteenLys van slangePropagandaMaroela MediaBruto binnelandse produkNelson MandelaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaLionel MessiVloeistofNarsistiese persoonlikheidsteuringHaasLiefdeDuitse maselsGeskiedenis van Suid-AfrikaEerste WêreldoorlogSkaapPinksterFotoCarles Puigdemont7de LaanHector PietersonSuiwelprodukGreen PornoDirekte en Indirekte redeAlliterasieVerkoueKarooTussenwerpselSwart mense🡆 More