Mongane Wally Serote

Mongane Wally Serote (* 8 Mei 1944 in Sophiatown, Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse digter en skrywer.

Mongane Wally Serote
Mongane Wally Serote
Gebore8 Mei 1944 (1944-05-08) (79 jaar oud)
BeroepDigter, romanskrywer en kritikus

Serote het in Alexandra, Lesotho en Soweto skoolgegaan. In Junie 1969 is hy deur die apartheidregering ingevolge 'n terroristewet gearresteer. Hy was nege maande in aleenopsluiting voordat hy, sonder enige aanklagte teen hom, vrygelaat is.

Hy het die Ingrid Jonkerprys in 1974 gewen en via 'n Fulbright-beurs Skone Kunste aan die Columbia University in New York studeer.

In 1979 het hy na Suid-Afrika terugkeer, waarna hy self tot 1990 in ballingskap na Gaborone, Botswana gegaan het. Hy het hier by die Medu Arts Ensemble gewerk en vriende met die African National Congress gemaak. Hy was van 1983 tot 1986 hoof van die afdeling Kuns en Kultuur en van 1986 tot 1990 Kultuur Ambassadeur vir die Verenigde Koninkryk en Europa.

In Suid-Afrika word hy in 1994 as 'n lid van die parlement vir die ANC verkies. Hy was die hoof van verskeie komitees vir kuns, kultuur, tale, wetenskap en tegnologie.

Serote sy eerste twee versamelings is kenmerkend vir die hernuwing van die swart kultuurlewe in Suid-Afrika. Sy later werk is tipiese lang gedigte, met invloede van Afrika se vertelkuns soos ritme en herhaling.

In Mei 1991 het hy 'n eredoktorsgraad van die Universiteit van Natal ontvang. Saam met talle ander toekennings het hy in 1993 die Noma Award for Publishing in Africa gewen en in 2004 die Pablo Neruda-toekenning.

Tans bly Serote in Pretoria, waar hy hoof is van die ANC se departement vir Kuns en Kultuur en hoof-uitvoerende beampte van Vryheidspark, wat in 2007 geopen is.

Werke

Poësie

  • Yakhal'inkomo (1972)
  • Tsetlo (1974)
  • No baby must weep (1975)
  • Behold Mama, Flowers (1978)
  • The Night Keeps Winking (1982)
  • A tough tale (1987)
  • Third world express (1992)
  • Come and Hope With Me (1994)
  • Freedom Lament and Song (1997)

Romans

  • To every Birth its Blood (1981)
  • Gods of Our Time (1999)

Verhandelinge

  • On the Horizon (1990)

Sien ook

Verwysings

Tags:

Mongane Wally Serote WerkeMongane Wally Serote Sien ookMongane Wally Serote VerwysingsMongane Wally Serote19448 MeiDigterJohannesburgSkrywerSophiatownSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van die BoererepubliekeWithaai1990MangelontstekingGrondHoofstadNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaNasionale PartyNederlandsRamsar-vleilande in Suid-AfrikaPerdebyeVraag en aanbodDokterPrimêre sektor van die ekonomieFacebookBateDriedimensioneelWoordeboekMynbedryf van Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsWoordeskatDroomPresident van Suid-AfrikaFotosinteseNasionalismeLeeudoringstad-spoorwegrampAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeDuitslandMenseregtedagSelfkonsepSleutel (musiek)Republiek die KongoJavaScriptOos-KaapMigrasie van diereSoogdierToerismeGewasboerdery in Suid-AfrikaGesonde dieetVeelvoudige sinLeeuNedersettingWerkloosheidD.J. OppermanGewone breukeGeografie van Suid-AfrikaSimboolWaterkringloopInfeksieGalileo GalileiAkademiaAfro-AmerikanersSan Andreas-breukMosambiekSuid-AfrikaGreen PornoFiela se kind (rolprent)Suid-Afrikaanse randAnale seksSteve BikoWaarheid-en-versoeningskommissiePinksterSirkelDemografie van Suid-AfrikaJan van TonderBesoedelingKaapstadse waterkrisis 2015-2018Tweede VryheidsoorlogKultuurIntensiewe vormRelatiwiteitsteorieSteenkoolBoomslangSpringbokVerlede tyd🡆 More