Monargie: Regeringstelsel waar die staatshoofposisie binne familie geërf word

Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee.

Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargiese stelsel het is die Verenigde Koninkryk, België, Nederland, Japan, Lesotho, eSwatini, Australië, Kanada, Nieu-Seeland en vele andere.

Monargie: Regeringstelsel waar die staatshoofposisie binne familie geërf word
Kaart van hedendaagse monargieë wêreldwyd:

   Absolute monargie

   Semi-grondwetlike monargie

   Grondwetlike monargie

   Britse realms (grondwetlike monargieë in persoonlike unie)

   Subnasionale monargieë (tradisioneel)

Soorte monargieë

Monargie: Regeringstelsel waar die staatshoofposisie binne familie geërf word 
'n Kroon is gewoonlik die simbool van 'n monarg

Monargieë word verdeel in absolute en grondwetlike monargieë. In 'n absolute monargie is die mag van die monarg 'absoluut', dit wil sê dat hy onbeperkte regeringsmag het. In 'n grondwetlike monargie word die rol van die monarg in die grondwet vasgestel, wat meestal bepaal dat die hoogste mag by die parlement lê. In ander gevalle, (byvoorbeeld in Swede) het die monarg slegs 'n seremoniële funksie. Daar is tans nie meer baie absolute monargieë in die wêreld oor nie. Brunei is een van die weinige voorbeelde.

Maleisië is net soos die Vatikaanstad 'n monargie waar die staatshoof verkies word. Nege van die dertien deelstate in Maleisië het erflike vorste, wat elke vyf jaar 'n koning uit hulle midde kies. Historiese voorbeelde van gekose monargieë is die konings van Duitsland, Frankryk, Griekeland, Hongarye, Italië, Pole en Portugal.

Tags:

AustraliëBelgiëESwatiniJapanKanadaLesothoNederlandNieu-SeelandRegeringStaatStaatshoofVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gianna MichaelsPerdebye633Nasionale VrouedagTolla van der MerweHeelgetalGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaMurunwa MakwarelaGoeie VrydagGoudNederlandsOnderwerp (taalkunde)PersentasieHartaanvalReg tot ‘n gesonde omgewingNederlandLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaWikiEiffeltoringDiskriminasieKurt-Lee ArendseConsolidated B-24 LiberatorSwart menseEuropaKlankMisdaadromanVratSportBeaufortskaalBalletGroepsgebiedewetNic de JagerMotGlobaliseringAnrich HerbstKoos BekkerDuitse masels7de LaanBronadresMeeueHolocaustToekoms van die AardeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)AardverwarmingSuiwelprodukKinkhoesJaco JacobsCarike KeuzenkampLuiperdGriekwa-AfrikaansSeksismeYsbeerMensToestand van materiePikkewynPrimêre sektor van die ekonomieGeskiedenis van AfrikaansHoofkarakterDubbelpuntFacebookLys van slangeMusieksimboleSanskritOnse VaderTurkyeSelfmoordOm-te-infinitiefkonstruksieSeksuele opwekkingSinoniemVoël🡆 More