Moggel

Die Moggel (Labeo umbratus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Oranje-, Vaal-, Gourits-, Gamtoos-, Sondags-, Groot-Vis- en Boesmansrivier-stelsels.

In Engels staan die vis ook bekend as die Moggel.

Moggel
Moggel
Geteken deur Johannes Schumacher (1779)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
(Cuvier, 1817)
Spesie:
L. umbratus
Binomiale naam
Labeo umbratus
(A. Smith, 1841)

Voorkoms

Die vis het 'n ronde, vlesige kop met 'n klein mond waaraan twee pare baard vas is. Die vis is grys met 'n pienk en roomkleurige skakering en is wit aan die onderkant. Die vis word tot 500 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 2.853 kg.

Habitat

Die vis leef in stilstaande of stadigvloeiende water en floreer in vlak water en plaasdamme. Hulle vreet onder andere detritus en broei in die somer.

Broeiwyse

Die wyfies migreer stroomop na geskikte broeiplekke by grasbanke in riviere of in vlak, rotsagtige dele van die rivier. Hier lê sy 250,000 eiers wat sowat veertig uur later uitbroei. Die larwes swem herhaaldelik na die oppervlak en word deur die stroom na dieper water gedra. Die jong vissies groei vinning en is na een jaar reeds 100 mm lank. Na 2 - 3 jaar bereik die mannetjies volwassenheid en is sowat 150 mm lank; die wyfies bereik volwassenheid wanneer hulle sowat 250 mm lank is. Die spesie kan 5 - 6 jaar oud word.

Sien ook

Bron

Eksterne skakel

Tags:

Moggel VoorkomsMoggel HabitatMoggel BroeiwyseMoggel Sien ookMoggel BronMoggel Eksterne skakelMoggel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuishondOutismeDokterLys van Nederlandse skildersBybelDistrik SesRoofvoëlLugbesoedelingPornografieSirkusGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondLys van Kaapstad se voorstedeThabo MbekiSosiale mediaSeekoeiVolhoubaarheidWiskundige terminologieTweede WêreldoorlogWaterbesoedelingKommunikasieKolitisDoelwitDonderstormBruto binnelandse produkMonopolieHarry PotterRumatoïede artritisVulvaPlastiekTelefoonPubliekGasAardedagEkonomie van Suid-AfrikaWayde van NiekerkLys van Afrikaanse televisiereekseHipoteseSeksuele opwekkingKlimaatDolfynDarwinismeHernubare energieCleopatra VIILiesbreukKweekhuisgasInligtingLeeuGeboorteSoutsuurNG gemeente JansenvilleAfvalbestuurGroepsgebiedewetOrale seksYslandLettergreepTsoenamiChemiese elementLys van Afrikaanse rolprenteJan-Willem BreureKoerantGeskiedenis van Suid-AfrikaMagnetismeKompasGeweldBoer Soek 'n VrouMisdaadHartHoofpynVakbondVliegtuigSamespanningLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameHartaanvalGautengLangste woordDepressie (gemoedstoestand)United Democratic FrontMolekuul🡆 More