Moeraskat

Die moeraskat (Felis chaus) is ’n kat wat in Asië voorkom, van Suid-China in die ooste tot die Nyl-vallei in die weste.

Dit word op die IUBN-rooilys as veilig aangedui aangesien dit wydverspreid voorkom, veral in Indië. Die getalle neem egter af in veral Egipte, die Kaukasus en Suidwes-, Sentraal- en Suidoos-Asië.

Moeraskat
Moeraskat
Moeraskat in Uttarakhand, Indië.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
F. chaus
Binomiale naam
Felis chaus
(Von Schreber, Johann Christian Daniel, 1777)
Moeraskat
Verspreidingsgebied van die moeraskat.

Beskrywing

Die kat is ietwat groter as die huiskat en wissel van 55 tot 94 cm in lengte, plus ’n relatief kort stert van 20 tot 31 cm, en dit is sowat 36 cm hoog. Mannetjies is effens groter as wyfies en die gewig wissel van 3 tot 12 kg. Afhangende van die subspesie, wissel die kleur van die pels van geel-grys tot rooi-bruin of bruingeel-grys. Dit het swart merke.

Die kop is redelik breed en die ore lank. In die winter kom klein klossies hare aan die punte van die ore voor. Anders as by huiskatte, waarvan die kloue agter langer is, is al vier die woestynkat se kloue ewe groot. Dit bring mee dat hulle net so maklik by bome kan af- as opklim.

Verspreiding

Woestynkatte kom hoofsaaklik in die Ooste voor en word aangetref in Egipte en Wes- en Sentraal-Asië, maar ook in Suid-Asië, Sri Lanka en Suidoos-Asië. In Indië is hulle die mees algemene lede van die familie Felidae.

Hulle word aangetref in savannes, tropiese droë woude en rietlande langs riviere en mere. Hoewel hulle aanpasbare diere is wat op die droë steppe voorkom, verkies hulle nat omgewings met lang gras of riete waarin hulle kan wegkruip. Hulle aard nie in koue gebiede nie en kom nie voor in streke waar dit in die winter baie sneeu nie.

Subspesies

Moeraskat 
Felis chaus affinis, 1830.

Toe Johann Anton Güldenstädt in 1768–1775 aan die suidelike grense van die Russiese Keiserryk gereis het op versoek van Katharina die Grote, het hy die Kirmisjtsjak in die Kaukasus opgemerk. In sy Latynse beskrywing van 15 bladsye, wat in 1776 gepubliseer is, het hy die kat "chaus" genoem – ’n naam wat dit tot vandag behou het. 

Die subspesies wat tans erken word, is:

Hibrides

Dié spesie kan onder sekere omstandighede mak gemaak word. Kattelers het al van die moeraskatte gekruis met huiskatte en katrasse ontwikkel soos die Chausie en Pixie-bob.

Verwysings

Eksterne skakels

Moeraskat 
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Felis chaus
Moeraskat 

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Tags:

Moeraskat BeskrywingMoeraskat VerspreidingMoeraskat SubspesiesMoeraskat HibridesMoeraskat VerwysingsMoeraskat Eksterne skakelsMoeraskat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994AardverwarmingSaartjie BaartmanVoorvoegselHerpes simplexJeanette FerreiraAfrikanersReënKaapstadDubbelpuntTermiese geleidingsvermoëSteve BikoOrgasmeSteenkoolVryheidsdagWithaaiKarakteriseringGrondEkologieWerkwoordSeevlakJaco JacobsWerkersdagMeningsverskil oor aardverwarmingTweede Nuwe JaarAngssteuringTweede WêreldoorlogZack du PlessisWortelLRekeningkundeLys van Griekse mitologiese figureDrakensbergeMonoloogMieliestronkCorioliskragGewone breukeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaTrekarbeidMediese diagnoseVolhoubare ontwikkelingBloeddrukFilistyneGestremdheidBynierKasteel die Goeie HoopWêreldwye webHoenderOnderhandelinge om apartheid te beëindigPersoonlikheidVoegwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaWitbloedselJan van TonderUnited Democratic FrontSydneyHokkieKoorsSpinnekopLodewyk XVI van FrankrykDaggaPriemfaktorIntensiewe vormDuitslandMosambiekkanaalKarooJan van RiebeeckWapen van Suid-AfrikaLiefdeEllipstekenBesoedelingRookgewoonte🡆 More