Die Modjadjibroodboom (Encephalartos transvenosus) is 'n broodboom wat op die berghellings bo die hoofkraal van die reënkoningin, Modjadji, oos van Duiwelskloof, en in die Soutpansberg, Limpopo, voorkom.
Die boom kan tot 13 m hoog word en is een van die grootstes ter wêreld en ook die bekendste in Suider-Afrika.
Modjadjibroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. transvenosus |
Binomiale naam | |
Encephalartos transvenosus Stapf & Burtt-Davy, (1926) |
Die broodboom word goed beskerm deur die generasies reënkoninginne wat bygedra het tot die broodboomwoud. Die boom se FSA-nommer is 13.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Modjadjibroodboom, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.