Misuzulu Zulu: Zoeloe konig

Misuzulu Zulu kaZwelithini (gebore op 23 September 1974 in Hlabisa, KwaZulu (nou KwaZulu-Natal, Suid-Afrika) is die huidige koning van die Zoeloenasie (Zoeloe: Ingonyama yamaZulu, letterlik: Zoeloeleeu).

Hy het sy oorlede vader, koning Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu, op 7 Mei 2021 opgevolg. Op 20 Augustus 2022 is Misuzulu Zulu kaZwelithini ingehuldig. Op 29 Oktober 2022 is hy by 'n groot plegtigheid in Durban amptelik as koning gekroon en deur die Suid-Afrikaanse regering erken.

Misuzulu Zulu
Koning van die Zoeloenasie
Misuzulu Zulu in 2021
Dinastie Huis van die Zoeloe
Bewind 7 Mei 2021 – hede
Kroning 20 Augustus 2022
Volle naam Misuzulu Zulu kaZwelithini
Ander titels Ingonyama yamaZulu, Isilo samaBandla
Gebore 23 September 1974 (1974-09-23) (49 jaar oud)
Hlabisa, KwaZulu (nou KwaZulu-Natal)
Voorganger Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu
Eggenote Ntokozo Mayisela
Nozizwe Mulela
Kinders 3
Vader Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu
Moeder Mantfombi Dlamini

Die grondwet van Suid-Afrika erken tradisionele leiers in Suid-Afrika en die koning se rol is veral seremonieel van aard; hy beskik oor geen politieke mag nie. Die hof in Nongoma word uit die begroting van die KwaZulu-Natalse Provinsiale Wetgewer betaal.

Biografie

Misuzulu Zulu kaZwelithini is op 23 September 1974 in Hlabisa gebore, in die destydse bantoestan KwaZulu wat nou deel vorm van die Suid-Afrikaanse KwaZulu-Natal-provinsie. Hy is die oudste oorlewende seun van Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu en sy hoofvrou Shiyiwe Mantfombi Dlamini Zulu (1953–2021). Laasgenoemde was 'n dogter van Sobhuza II en die suster van Mswati III, die huidige koning van die onafhanklike koninkryk Eswatini. Mswati III is dus Misuzulu Zulu kaZwelithini se oom. Nadat Misuzulu Zulus se vader oorlede is, is Misuzulu Zulu se moeder een maand voor haar dood in Maart 2021 as regent ingehuldig. In haar testament het sy haar seun as opvolger benoem.

Hy is een dag voor sy kroning getroud en het 'n seun. Tydens sy inhuldiging het Misuzulu "'n nuwe hoofstuk" vir sy onderdane aangekondig en beloof, dat hy "daaraan sal werk om die Zoeloenasie te verenig“. Teen die inhuldiging is 'n dringende aansoek by 'n hof in Pietermaritzburg ingelê, wat egter afgewys is. Misuzulu se vader se eerste vrou en ook sekere van sy jonger broers (sy vader het ten minste 28 kinders met ses vroue gehad) het Misuzulu se legitimiteit as koning verwerp. Die Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het Misuzulu se inhuldiging as wettig erken.

As Zoeloekoning het Misuzulu Zulu amper 30 000 km² grond, sekere paleise en ander boedels geërf. Buitendien erf hy 'n groot hoeveelheid bates.

Verwysings

Voorafgegaan deur
Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu
Koning van die Zoeloenasie
2021–hede
Opgevolg deur
Ampsbekleër

Tags:

197423 SeptemberDurbanGoodwill Zwelithini kaBhekuzuluHlabisaKwaZuluKwaZulu-NatalSuid-AfrikaZoeloeZoeloes

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HaasOm-te-infinitiefkonstruksieWatersuiweringTegnologieSamestellende afleidingTuberkuloseVaste stofSkaapAfkortingOplossing (chemie)SamestellingEkonomie van Suid-AfrikaParysMeerKATNetbalKoringKlaviersonate No. 18 in G majeur, D 894 (Schubert)StadSharpeville-slagtingLys van Kaapstad se voorstedeTaalIntensiewe vormSonnestelselLys van Afrikaanse televisiereekseSelfmoordPlae van EgiptePriemgetalAdolessensieNarsismeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSatanismeNagapieNasionalismeGrondwaterAardbewingEsias BoschDolfynOutismeSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureBevolkingsafnameVulvaJode in Suid-AfrikaFacebookRumatiekKoos BekkerMadison IvyVisInstagramSpelerposisies in rugbyVigsAfrikaanse taalleerPolitieke partyVerkragtingGeldWes-KaapEkonomieNasiebouBeurtkragPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSteve BikoKrieketDepressie (gemoedstoestand)AfrikaEnergieVitamienChemiese elementLetterlike en figuurlike taalgebruikBorskankerGezina, PretoriaDoc ImmelmanWinnie Madikizela-Mandela🡆 More