Die woord mistisisme is van Griekse herkoms.
'n Mistikus was iemand wat ingewy is in die geheimenisse van die misterieskole. Die Grieke het die idee van misterieskole oorgeneem van dié wat lank tevore in Egipte begin is. Deur inwyding het die mistikus toegang gekry tot esoteriese kennis van 'n goddelike natuur. Die doel van die mistikus was om die tydelike materiële natuur te verryk met 'n bewuswording van sy ewigdurende geestelike natuur. 'n Persoon wat ingewy is in 'n misterieskool het 'n heiligdom betree en is verbied om daardie kennis met enigiemand te deel wat nie ingewy is nie. Die woord "misterie" kom van die Griekse woord mysterion wat afgelei is van die werkwoord muo, wat beteken om jou oë en lippe te sluit. 'n Mistikus word beskou as iemand wie se normale bewussyn verbreed is, om sodoende vermoëns wat sluimerend was te aktiveer en om sy visie te verbreed ten einde waarhede binne te dring wat verberg is vir die rasionele verstand. Mistisisme is nie beperk tot enige geloof of godsdiens nie, maar kom voor in 'n verskeidenheid van godsdienste en gevolglik word 'n verskeidenheid van betekenisse aan die term gekoppel.
'n Paar maniere waarop die term mistisisme beskou kan word, is:
Die gebruik van die woord mistisisme binne 'n Christelike konteks is hoofsaaklik vanweë die invloed van Dionysius die Areopagiet, wat ook bekend was as Pseudo-Dionysius. Hy is verkeerdelik beskou as 'n dissipel van Paulus, met die gevolg dat sy werk Mistiese teologie deur die vroeë Kerkvaders as gesaghebbend beskou is. Die vroeë teoloë het mistieke teologie beskryf as " 'n uitreiking van die siel na God deur die aandrang van die liefde" of "eksperimentele wysheid deur die vereniging van die liefde".
Radhakrishnan, 'n filosoof van Indië, beskryf mistisisme as geïntegreerde denke, in teenstelling met analitiese denke, wat alle insigte herlei tot 'n betekenisvolle geheelbeeld.
Evelyn Underhill in haar boek Praktiese mistisisme beskryf mistisisme as die kuns om een te word met God. Sy skryf: "Mistisisme is die kuns van eenheid met die werklikheid. Die mistikus is 'n persoon wat eenheid in 'n mindere of meerdere mate beleef, of wat so 'n eenheid ten doel het en glo dat groter eenheid haalbaar is."
Mistieke ervarings is op verskeie maniere beskryf, maar dit het tog sommige elemente gemeen. Eienskappe van 'n mistieke ervaring is:
Die Mistieke weg volgens die Rooms Katolieke tradisie, word in drie fases verdeel: Reiniging, Insig en Vereeniging.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mistisisme, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.