Mindaugas

Mindaugas (omstreeks 1200 – 12 September 1263) was die eerste bekende grootvors van Litaue asook die enigste koning van dié land.

Mindaugas
Grootvors en koning van Litaue
Mindaugas, koning van Litaue
Mindaugas, koning van Litaue
Vorstehuis Mindaugas
Titels Groothertog van Litaue
Regeer 12511263
Kroning 6 Julie 1253
Voorganger Roman van Roethenië
Opvolger Treniota
Gebore omstreeks 1200
Oorlede 12 September 1263
Eggenoot Morta
Kinders Vaišvilkas
Ruklys
Rupeikis

Baie min is bekend oor sy afkoms, sy vroeë lewe of die wyse waarop hy die mag in Litaue verower het. In 'n ooreenkoms uit die jaar 1219 word na Mindaugas verwys as 'n hertog, en in 1236 as heerser oor alle Litauers. Sowel historiese asook moderne bronne, wat sy magsuitbreiding bespreek, verwys na strategiese huwelike, maar ook die verbanning of moord van sy teenstanders.

Mindaugas het sy magsgebied in die 1230's en 1240's na geweste suidoos van die Litause kernland uitgebrei. In 1250 of 1251 het hy - gedurende 'n interne magstryd - die Rooms-Katolieke doop ontvang en het sodoende die kans gekry om 'n politieke verbond met die Lyflandse Orde, een van die felste teenstanders van die heidense Litaue, aan te gaan. In die somer van 1253 is hy tot koning van Litaue gekroon en het oor tussen 300 000 en 400 000 onderdane geheers.

Gedurende sy tienjarige heerskappy het Mindaugas wel daarin geslaag om die Litause staat te vestig, maar tegelykertyd was hy steeds in 'n magsstryd met familielede en ander hertoë gewikkel. Wes-Litaue het selfs die verbond tussen Litaue en die Lyflandse Orde openlik betwis. Mindaugas sy verowerings in die suidooste is deur Tatare bedreig.

In 1261 het Mindaugas die verbond met die Lyflandse Orde verbreek en moontlik ook die Christelike godsdiens verwerp. Hy is twee jaar later deur sy neef Treniota en 'n ander teenstander, hertog Daumantas, vermoor. Sy drie onmiddellike opvolgers het eweneens 'n gewelddadige dood gesterf. Die politieke onrus is eers omstreeks 1270 in bedwang gehou toe die titel van grootvors aan Traidenis oorgedra is.

Onsekerheid oor Mindaugas se historiese en politieke rol het eeue lank voortgeduur, terwyl sy opvolgers nie as noemenswaardige heersers geag is nie. Sy rol as beduidende politieke leier is eers deur 19de en 20ste eeuse geskiedskrywers bevestig. Mindaugas was die enigste heerser wat as koning oor Litaue geregeer het, terwyl die meeste Litause grootvorste van Jogaila af ook as konings van Pole bekroon is. Die titels is nogtans afsonderlik gevoer.

Vandag word Mindaugas as die stigter van die Litause staat beskou, en hy geniet erkenning as die veldheer wat die Tataarse opmars teen die Oosseegebied gestuit het. Daarnaas het Litaue sy internasionale erkenning en sy bekering tot die westerse beskawing aan hom te danke.

Die Litause geskiedkundige Edvardas Gudavičius het navorsing oor Mindaugas se bekroning gedoen en die presiese datum in sy publikasies as 6 Julie 1253 bepaal. Hierdie dag is tans 'n openbare vakansiedag in Litaue.

Tags:

12 September12001263Litaue

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Erektiele disfunksieWoordeskatSharpeville-slagtingJo BlackVratJodeBynierBybelKaliumOnderwysMonopolieWaterpokkiesKlimaatsverandering in Suid-AfrikaJaarJeanette FerreiraNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaKitaarCounter-Strike 2SelFabelBoomslangKoorsAfrikanersWet op BevolkingsregistrasieLys van Nederlandse skildersNelson MandelaVerlede tydHeupFacebookMaatskaplike verantwoordelikheidGriepGordelroosMikro-ekonomieToekoms van die AardeEerste WêreldoorlogDiamantMangelVerkleinwoordWorcesterRefentse MorakeKunsmatige intelligensieDiatomiese molekuulHipotesePriemfaktorMediese diagnoseSpysverteringstelselWapen van Suid-AfrikaPerdebyeArmoedeLys van Afrikaanse rolprenteAkademiaLys van kinderspeletjiesSpinnekopWater (molekuul)Onse VaderKoolstofdioksiedBestuiwingGoudMorfeemBeleggingMaatskappySwaweldioksiedKasteel die Goeie HoopRenteBoontjieKleurRina HugoGemeenskapsorganisasieAntoniemInvloed van vigs op die ekonomieDikdermStokely Carmichael🡆 More