Milton Byron Babbitt (10 Mei 1916 – 29 Januarie 2011) was 'n Amerikanse komponis, musiekteoretikus, en onderwyser.
Hy is veral bekend vir sy Serialisme en elektroniese musiek.
Milton Byron Babbitt | |
---|---|
Gebore | 10 Mei 1916 |
Sterf | 29 Januarie 2011 |
Genres | Serialisme, elektroniese musiek, klassiek |
Beroep(e) | Komponis |
Babbitt was in Philadelphia gebore (Barkin & Brody 2001) aan Albert E. Babbitt en Sarah Potamkin. Hy was Joods (Anon. n.d.(b)). Hy was grootgemaak in Jackson, Mississippi, en het reeds op die ouderdom van vier jaar die viool begin studeer, maar gou na die klarinet en saxofoon oorgeskakel. Hy was vroeg in sy lewe aangetrokke tot jazz en teatermusiek. Hy het op die ouderdom van sewe jaar reeds sy eie rangskikkings van populêre liedjies begin maak, en toe hy dertien jaar oud was het hy 'n plaaslike liedjieskryfkompetisie gewen. (Kozinn 2011).
Babbitt se vader was 'n wiskundige, en Babbitt was van voorneme om wiskunde te studeer toe hy in 1931 ingeskryf het by die Universiteit van Pennsylvanië. Hy het egter gou die instansie verlaat en in stede daarvan na New York-universiteit gegaan waar hy musiek saam met Philip James en Marion Bauer studeer het. Daar het hy 'n belangstelling ontwikkel in die musiek van die komponiste van die Tweede Weense Skool en voortgegaan om 'n aantal artikels op Twaalftoonmusiek te skryf, insluitende die eerste beskrywing van combinatoriality en 'n serialistiese "tyd-punt" tegniek. Nadat hy in 1935 sy baccalaureus artiumgraad van die New York Universiteitskollege van Kunste en Wetenskap ontvang het met Phi Beta Kappa eerbewyse, het hy onder Roger Sessions gestudeer, aanvanklik op private wyse en later by Princeton-universiteit. Hy het by dié universiteit in 1938 aangesluit by die Musiekfakulteit en in 1942 'n Meestersgraad in die Fyn Kunste verwerf, een van Princeton se eerstes. (Barkin & Brody 2001). Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het Babbitt beide wiskundige navorsing in Washington, D.C. gedoen, en voortgewerk by Princeton, waar hy vanaf 1943 tot 1945 'n lid van die Wiskundefakulteit was. (Barkin & Brody 2001).
In 1948 het Babbitt teruggekeer na Princeton-universiteit se Musiekfakulteit en in 1973 het hy 'n lid geword van die fakulteit by die Juilliard Skool in New York. Van sy noemenswaardige voormalige studente is die musiekteoretici David Lewin en John Rahn, die komponiste Bruce Adolphe, Michael Dellaira, Kenneth Fuchs, Laura Karpman, Paul Lansky, Donald Martino, John Melby, Kenneth Lampl, Tobias Picker, en James K. Randall, die teaterkomponis Stephen Sondheim, die komponiste en pianiste Frederic Rzewski en Richard Aaker Trythall, en laastens die jazz kitaarspeler en komponis Stanley Jordan.
In 1958 het Babbitt ongevraagde berugtheid verkry deur 'n artikel in die gewilde tydskrif High Fidelity (Babbitt 1958). Babbitt het gesê dat sy eie titel vir die artikel "The Composer as Specialist" was (die titel waarmee dit later, op verskeie geleenthede, gepubliseer is, insluitende in Babbitt 2003, 48–54, maar dat "Die redakteur, sonder my kennis-en-derhalwe my toestemming of instemming, my titel vervang het deur die meer 'uitlokkende': 'Who Cares if You Listen?' 'n titel wat min van die brief en [absoluut] niks van die gees van die artikel weerspieël nie" (Babbitt 1991, 15).
Meer as dertig jaar later, het Babbitt as volg kommentaar gelewer: "For all that the true source of that offensively vulgar title has been revealed many times, in many ways, even—eventually—by the offending journal itself, I still am far more likely to be known as the author of 'Who Cares if You Listen?' than as the composer of music to which you may or may not care to listen" (Babbitt 1991, 15).
Babbitt het later belanggestel in elektroniese musiek. Babbitt was minder geïnteresseerd in die produksie van nuwe klanke as in die ritmiese presisie wat hy kon behaal met gebruikmaking van die Mark II sintetiseerders, 'n graad van presisie wat voorheen onmoontlik was tydens lewendige opvoerings. (Barkin & Brody 2001).
Babbitt het van 1985 tot sy dood gedien as die voorsitter van die BMI Student Composer Awards, die internasionale kompetisie vir jong klassieke komponiste. Milton Babbitt is op 29 Januarie 2011 op die ouderdom van 94 in Princeton, New Jersey oorlede. ( Kozinn 2011; Anon. 2011b).
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Milton Babbitt, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.