Milad-Toring

Milad-toring


Ligging
Teheran, Iran

Milad-Toring


Funksie
Televisietoring
Restaurant
Konferensiesentrum
Hotel
Uitkykplatform


Opgerig
2000–2007


Tegniese gegewens

Hoogte:
435 m

Uitkykplatforms:
250-315 m

Milad-Toring

Materiaal: Staal en beton

Die Milad-toring (ook bekend as Borj-e Milad , Farsi: برج میلاد ) is 'n televisie- en kommunikasietoring in die Iranse hoofstad Teheran. Die toring is tussen 2000 en 2007 in opdrag van die Teheranse stadsregering aan die grens tussen die stadsdistrikte Shahrak-e Gharb en Gisha opgerig en in 2008 geopen. Dit is met 'n hoogte van 435 meter (insluitende die antenne) die hoogste toring in Iran en tans die sesde hoogste televisietoring ter wêreld. Die toring het 'n hoofgebou met twaalf verdiepings waarvan die dak op 'n hoogte van 315 m geleë is. Dit kan deur middel van trappe of hysbakke bereik word. Die toring se agthoekige basis versinnebeeld tradisionele Persiese boukuns.

Die Milad-toring maak deel uit van die Tehran International Trade and Convention Centre wat naas die telekommunikasietoring, restaurante met 'n panoramiese uitsig oor Teheran, 'n vyfsterhotel, 'n konferensiesentrum, 'n wêreldhandelsentrum en 'n inligtingstegnologiepark insluit. Dit beskik verder oor 'n parkeerplek van 27 000 m², 'n groot rekenaar- en telekommunikasie-eenheid, 'n kulturele en wetenskaplike sentrum, 'n vertoonlokaal vir uitstallings, 'n gespesialiseerde biblioteek en 'n administratiewe eenheid.

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nazi-DuitslandSigaretLys van veltoestandePenisverlengingTuberkulosePaarl GimnasiumDiarreeTydGewone luislang1991Drie SusterskerkeGuillain-Barré-sindroomMaroela MediaDerrickOogproblemeOnderhandelinge om apartheid te beëindigKlankverskynselsLys van slangeDemensieDoziJohannesburgAswoensdagPolitieke partySarah Rose KarrMangelKoggelmanderPoësieMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaBosluisbytkoorsNederlandsVoorhuidWhitey BassonNagapieWiskundige terminologieWallisAsiëPoesMondPornografiese akteurLys van kinderspeletjiesKadmiumAbstraksie (rekenaarwetenskap)Lys van Griekse mitologiese figureBloutongsiekteXhosaElandréSeksuele opwekkingPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKoolhidraatDeelstate van die Verenigde State van AmerikaByeboerderyZack du PlessisEuropese UnieSkaapOsoonlaagAnale seksDigvormNasiebouVermaakRooiwaterMaagsweerAntjie KrogKopieregKoos du PlessisOrganometaalchemieMediaWikiBysteekHolocaustKalenderFamilie (verwantskap)Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalVerkleurmannetjieBTWEngels🡆 More