Mikronesië (afgelei van Grieks: μικρός mikrós vir klein en νῆσος nêsos vir eiland, letterlik: klein eilande) is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê in die suidooste van Japan, in die ooste van die Filippyne, in die noordooste van Indonesië en in die suidweste van Hawaii.
Mikronesië beslaan 'n oppervlakte van 7 000 000 km² en het 'n bevolking van sowat een miljoen. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië.
Die streek bevat vier eilandgroepe — Karoline-eilande, Gilberteilande, Mariana-eilande en Marshalleilande — en baie afgeleë eilande. Administratief is die eilande van Mikronesië tussen ses onafhanklike lande verdeel: Die Karoline-eilande is verdeel tussen Palau en die Gefedereerde State van Mikronesië, die Gilberteilande (saam met die Phoenix- en Line-eilande in Polinesië) word deur Kiribati beslaan, die Mariana-eilande is verdeel in twee eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika: Guam en die Noordelike Mariana-eilande, Nauru is 'n onafhanklike eilandnasie op die eiland met dieselfde naam en die Marshalleilande beslaan die eilandgroep met dieselfde naam. Wake-eiland is ook noemenswaardig, aangesien dit deur beide die Marshalleilande en die Verenigde State opgeëis word, laasgenoemde se Amerikaanse Lugmag bestuur dié eiland.
Die term Mikronesië (in Frans: Micronésie) is in 1832 vir die eerste keer deur Jules Dumont d'Urville gebruik om in etniese en geografiese opsig na 'n eilandgroep te verwys wie se inwoners, volgens hom, van dié van Melanesië en Polinesië verskil. Die onderskeiding is later as foutief bewys, aangesien al drie gebiede deur inheemse Austronesiese volke bewoon word wat Austronesiese tale besig. Die subgroep wat in Mikronesië gepraat word, word Mikronesiese tale genoem.
Ligging | Vlag | Land | Hoofstad | Oppervlakte (km²) | Bevolking |
---|---|---|---|---|---|
Gefedereerde State van Mikronesië | Palikir | 702 | 11 000 | ||
Guam (Verenigde State) | Hagåtña | 541,3 | 178 000 | ||
Kiribati | Suid-Tarawa | 811 | 98 000 | ||
Marshalleilande | Majuro | 181 | 62 000 | ||
Nauru | Yaren | 21 | 14 019 | ||
Noordelike Mariana-eilande (Verenigde State) | Saipan | 463,63 | 86 616 | ||
Palau | Ngerulmud | 459 | 20 000 | ||
Wake-eiland (Verenigde State) | – | 7,37 | – |
Wiki Commons bevat media in verband met Mikronesië. |
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mikronesië, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.