Klein Gekolde Kat

Die klein gekolde kat, ook bekend as swartpootwildekat of miershooptier (Felis nigripes) is 'n klein wildekat wat voorkom in Suid-Afrika, Namibië, Botswana en gedeeltelik in Zimbabwe.

Klein gekolde kat
Klein Gekolde Kat
Klein Gekolde Kat
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
F. nigripes
Binomiale naam
Felis nigripes
Burchell, 1824
subspesies
  • Felis nigripes nigripes (Burchell, 1824)
  • Felis nigripes thomasi (Shortridge, 1931)
Klein Gekolde Kat

Bou en kleur

Klein Gekolde Kat 
Foto van 'n klein gekolde kat in Wuppertal se dieretuin.

Die soogdier is die kleinste van al die katsoorte in die streek. Die kleur wissel van 'n gelerige kaneelbruin in die suide tot ligte geelbruin in die noorde van die gebied waarin hulle voorkom, met verspreide strepe en kolle. Agter op die nek en rug is vier swart strepe waarvan die buitenste twee afdraai oor die skouers. Dié strepies is dikwels verdeel in korter strepies of kolle. Die stert is kort en om die keel is drie ringe. Dié kat is kleiner as die vaalboskat en die strepe en kolle is duideliker. Die mannetjies (1,5-1,7 kg) is effens swaarder as die wyfies (1-1,4 kg).

Habitat

Die katte verkies droë gebiede met ooptes en 'n bietjie lang gras of struike. Hulle eet hoofsaaklik muise en spinnekoppe asook reptiele, insekte en voëls. Hulle voed op 40 verskillende soorte gewerweldes en vang tot 14 klein diere per nag. Hulle kan voëls vang tydens vlug, deur tot 1.4m hoog te kan spring.

Gewoontes

Die katte is nagdiere wat eers ná donker uitkom. Hul lewensduur is onbekend. Hulle is meestal alleenlopers en beweeg veral op die grond, maar kan goed boomklim. Hulle vlug in die bome in as hulle gejaag word. Bedags slaap hulle in erdvark- of springhaasgate, miershope of onder struike. Die katte is aggressief vir hul grootte en kom nog buite bewaringsgebiede voor. Een tot drie kleintjies word tussen November en Desember gebore ná 'n dratyd van ±2 maande. Hul natuurlike vyande is die leeu en luiperd.

Taksonomie en filogenie

Die binomiale naam Felis nigripes is in 1824 deur die Britse ontdekkingsreisiger William John Burchell gebruik toe hy die spesies beskryf het, gebaseer op velle van klein, gevlekte katte wat hy in Litákun (nou bekend as Dithakong) in Suid-Afrika teëgekom het.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Klein Gekolde Kat Bou en kleurKlein Gekolde Kat HabitatKlein Gekolde Kat GewoontesKlein Gekolde Kat Taksonomie en filogenieKlein Gekolde Kat Sien ookKlein Gekolde Kat VerwysingsKlein Gekolde Kat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SonsverduisteringKoos du PlessisSuiwelprodukSmall HandsOos-KaapTaalGesinsdagSuid-Afrikaanse InkomstediensGewone tarentaalHottentot (vis)Jaco du PlessisKaapstadBateDachshundPG du PlessisHoofstadPlantHartSeksGhanaMisdaadJavaScriptGianna MichaelsMakazole MapimpiUnited Democratic Front1991FilosofieKonjunktivitisLikkewaanBernice WestLuiperdSowjetunieBrongitisOu Apostoliese KerkE-posDemensieAtriale fibrillasieJesus van NasaretKoningDepressie (gemoedstoestand)Duitse maselsGroot TrekSwangerskapApostoliese GeloofsendingMartin BesterPeniskankerBaarmoederMarga van RooyDanie du ToitAnnelize van der RystBywoordBakterieSelfstandige naamwoordLys van Joodse feeste en herdenkingsGalblaasLabia (geslagsdele)BeesDie BylVolkekundeVlag van BangladesjSonTydSenuweestelselKatWikiquoteSesnasies-toernooiKompasAnilingusBoet TroskieLiturgiese jaar🡆 More