Dr.
Michiel Coenraad Botha (noemnaam M. C. Botha, gebore 14 Desember 1912 in Lindley in die Oranje-Vrystaat, Unie van Suid-Afrika, en oorlede op 10 Julie 1993 in Pretoria) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, lid van die Nasionale Party vir Roodepoort-kiesafdeling (1953-1977), adjunkminister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling (1960-1966) in die kabinet van Hendrik Verwoerd en minister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling (1966-1977), asook Bantoe-onderwys in die regering van John Vorster.
Michiel Coenraad Botha | |
Minister Botha op die Schiphol-lughawe | |
Minister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling | |
Ampstermyn 1966 – 1977 | |
Eerste minister | Hendrik Verwoerd→ John Vorster |
---|---|
Voorafgegaan deur | M.D.C. de Wet Nel |
Opgevolg deur | Connie Mulder |
Minister van Bantoe-onderwys | |
Ampstermyn 1966 – 1977 | |
Eerste minister | Hendrik Verwoerd→ John Vorster |
Voorafgegaan deur | Willem Cruywagen |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | 14 Desember 1912 Lindley, Oranje-Vrystaat |
Sterf | 10 Julie 1993 (op 80) Pretoria, Suid-Afrika |
Politieke party | Nasionale Party |
M.C. Botha was 'n boerseun van die Oranje-Vrystaat, en studeer na matriek aan die Universiteit Stellenbosch (1930). Hy behaal 'n nagraadse onderwysdiploma aan die Universiteit van Pretoria (1934). Hy het Afrikaans as vak studeer van 1935 tot 1937 in Transvaal voordat hy van 1937 tot 1943 'n dosent in Afrikaans geword het aan die Pretoriase Tegniese Kollege. Hy word sekretaris van die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV) en redakteur van die tydskrif Die Taalgenoot.
Hy word tot die parlement verkies in die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1953. Hy was 'n lid van die regerende Nasionale Party en word in 1960 in die Verwoerd-regering as adjunkminister van Bantoe-administrasie en -ontwikkeling aangestel voordat hy in April 1966 tot minister bevorder word. Hy was 11 jaar lank in die ministerspos.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Michiel Coenraad Botha, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.