Michelle Botes

Michelle Botes is 'n Suid-Afrikaanse aktrise wat in verskeie televisiesepies, TV-reekse, verhoogstukke, advertensies en rolprente gespeel het.

Michelle Botes
Geboorte 12 Oktober 1962
Kaapstad
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Biografie

Michelle is op 12 Oktober 1962 in Kaapstad, Suid-Afrika, gebore. Sy het aan die Universiteit Stellenbosch 'n Uitvoerendekunste-diploma in Spraak en Drama (Tweetalig) verwerf en aan die Universiteit van Kaapstad 'n Onderwysdiploma. Haar ondervinding behels onderwys in Afrikaans, Engels en drama, aromaterapie en kostuum-en-klerekasontwerp. Sy is ook as vertaler en aanbieder opgelei.

Michelle se eerste werk as aktrise was toe sy deur die Kaap getoer het en literatuur aangebied het deur Library Tours. Haar grootste inspirasie is die stories wat vertel móét word. Die rol wat haar bekend gemaak het, was dié van Princess in die Afrikaanse TV-reeks Arende. Op die stel het sy Ian Roberts ontmoet. Aanvanklik kon hulle mekaar nie verdra nie (of so het dit voorgekom), maar hulle het gou erken dat hulle verlief is. Op 27 het Michelle met 'n ivoor trourok by die paadjie afgestap kansel toe. Michelle en Ian het 'n dogter en seun. Die egpaar is na elf jaar geskei, maar is steeds vriende.

Michelle was vir 'n lang tyd bekend vir haar rol as die superfeeks Cherel de Villiers in die TV-reeks Isidingo. Sy het Isidingo in Maart 2007 verlaat en in Junie 2007 by M-Net se daaglikse sepie Binneland Sub Judice aangesluit. Sy het egter in 2010 weer na Isidingo teruggekeer.

In Binneland Sub Judice vertolk sy die rol van die sterk, maar saggeaarde Ingrid Jordaan. Ingrid is die enigste vrou wat kans gesien het om At Koster (Hans Strydom) "mak te maak" en in die storie is sy met hom getroud. Sy maak nou-en-dan steeds verskynings op Binneland.

Toekennings

  • In 2005 is Michelle deur die tydskrif Elle, JFPI Corporation en die koerant Sunday Times vereer as die stylvolste Suid-Afrikaanse beroemde.
  • Sy het die Duku Duku-toekenning vier jaar agtereenvolgens ontvang, onder andere in 2005 as "Best Onscreen Villian" (en boonop was sy die enigste vrou wat in die kategorie benoem is).
  • Sy het die Crystal Award vir Beste Aktrise drie keer gewen. Sy en Robert Whitehead (Barker Haines) het ook 'n toekenning ontvang vir Beste TV-paartjie in Isidingo.
  • By die 19de jaarlikse Avanti-toekennings is Michelle benoem as Beste Aktrise vir haar rol in Isidingo.
  • Die koerant The Star se Top-100 het haar in 2002 onder die top-10 op televisie geplaas.
  • G-Sport het Botes as "Vrou van die Maand" aangewys in Oktober 2006 (sien eksterne skakels).

Filmografie

  • Minnaar onder die Wapen, 1987
  • Liewe Hemel, Genis!, 1987 as Santie
  • Palang van Dwaal as Mary
  • Arende as Princess
  • Konings as Santie
  • Triptiek as Bibi (Barbara Brinkman) (1993)
  • Ingrid Jonker, 'n Kind Vol Geheime (KKNK, 1995)
  • Tot die Dood Ons Skei (verhoog, 2001)
  • Isidingo as Cherel de Villiers
  • Binneland Sub Judice as Ingrid Jordaan
  • Bakgat 2, 2010 as 'n ouer vrou in 'n rooi rompie

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Michelle Botes BiografieMichelle Botes ToekenningsMichelle Botes FilmografieMichelle Botes VerwysingsMichelle Botes Eksterne skakelsMichelle BotesRolprentSuid-AfrikaTelevisie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SweedsHeuningbyLoodPinksterBloutongsiektePiesangPlantHoenderNommertekenBurgerregteBronadresStudievaardighedeNederlandMusiekSinoniemGroot TrekLika BerningAbstraksie (rekenaarwetenskap)AlliterasieJaco JacobsHondNasiebouLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Vaste stofVars waterAfrikaanse woordelys en spelreëlsDriedimensioneelJapie GreylingNatuurlike hulpbronCorioliskragVerkoueLys van kinderspeletjiesSinkMaanStereotipeMisdaadBeesDolfynKinkhoesSuid-Afrikaanse WeermagSeksposisieSuid-Afrikaanse randEienaamKonsentrasiekampKoolhidraatEk is 'n Afrikaan (toespraak)MusieksimboleReg tot ‘n gesonde omgewingWet op Bantoe-onderwysBladwisselendSwart menseSeilvaartAB de VilliersKoperSeksualiteitEksponentDermpoliepPaddaPersentasieVoornaamwoordLys van Afrikaanse skrywersSonnetHeidelberg, GautengAfkortingSeekoeiKlimaatsverandering in Suid-AfrikaHoofletterEthiopiëLys van nedersettings in Suid-AfrikaMenslike seksuele gedragIngrid JonkerOseaanbesoedelingSowjetunie🡆 More