Michel De Montaigne

Michel Eyquem de Montaigne

Franse essayis


Leuse
Michel De Montaigne
"Wat weet ek?"


Tydperk
Renaissance-filosofie


Skool
Renaissance-humanisme


Beduidende werke

Michel De Montaigne
Essais (1580)

Michel Eyquem de Montaigne (/miʃɛl ekɛm də mɔ̃tɛɲ/, * 28 Februarie 1533, † 13 September 1592 in die kasteel Montaigne, Périgord, Frankryk) was een van die invloedrykste skrywers van die Franse Renaissance wat tussen 1581 en 1585 die amp van burgemeester van Bordeaux beklee het. Hy word as die vader van moderne skeptisisme beskou, maar het ook 'n beslissende rol in die popularisering van die essay as literêre genre gespeel.

Michel De Montaigne
Château de Montaigne (oosfasade) in Saint-Michel-de-Montaigne, Dordogne

Montaigne het onder meer bekendheid verwerf met die bekwaamheid waarmee hy ernstige intellektuele spekulasie met terloopse anekdotes en sy eie lewensloop versmelt het. Sy hoofwerk Essais bevat essayistiese werke waarvan sommige ook vandag nog as die indvloedrykste essays wat ooit geskryf is beskou word.

Montaigne het regstreekse invloed op skrywers dwarsoor die wêreld uitgeoefen, onder wie René Descartes, Blaise Pascal, Jean-Jacques Rousseau, Ralph Waldo Emerson, Friedrich Nietzsche, Stefan Zweig, Eric Hoffer, Isaac Asimov en moontlik ook William Shakespeare.

Gedurende sy leeftyd het Montaigne eerder as staatsman erkenning geniet, terwyl aan sy literêre werk minder aandag geskenk is. Sy neiging om in sy essays dikwels na anekdotes en uitgebreide persoonlike refleksies af te dwaal is deur sy tydgenote nie as literêre innovasie beskou nie, maar het sy styl vir hulle eerder nadelig beïnvloed. Montaigne het dit duidelik gemaak dat hy self die sentrale onderwerp van sy werke was - 'n houding waarvoor hy as hedonisties bestempel is.

Uiteindelik het Montaigne egter erkenning vir sy twyfelende gees en sy onderhoudende skryfstyl geniet. So staan hy bekend vir sy skeptiese opmerking Que sais-je? ("Wat weet ek eintlik?"). Montaigne het 'n poging onderneem om die wêreld deur die enigste lens te ondersoek waarop hy kon vertrou - sy eie oordeelsvermoë. Sodoende is Montaigne se werke meer toeganklik vir moderne lesers as dié van ander Renaissance-skrywers. Baie skrywers van moderne nie-fiksie het inspirasie in sy werke gevind, en skrywers van uiteenlopende genres lees Montaigne steeds vanweë sy meesterlike balans tussen intellektuele kennis en persoonlike storievertelling.

Burgemeester van Bordeaux

Op 7 September 1581 het Michel de Montaigne tydens sy reis deur Italië in die baddens van La Villa naby Lucca die nuus ontvang dat hy deur 'n eenparige stemming as burgemeester van Bordeaux verkies is. Die nuus kon nouliks sy geesdrif wek; dit was immers 'n amp wat hy self nie nagestreef en ook nie onmiddellik aanvaar het nie.

Montaigne sou 'n sentrale rol as bemiddelaar tussen die Kroon en Hendrik III, koning van Navarra, speel in 'n tydperk toe godsdienstige spanninge in Frankryk besleg is en 'n periode van pluralisme aangebreek het. Montaigne was vervolgens een van die vernaamste raadgewers vir Hendrik, 'n belangrike hervormer wat in 1584 die Franse troonopvolger geword het.

Verwysings

Eksterne skakels

    Biografie

    Stigtings

    Media - Oudio

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wieg van die MensdomLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierNapoleon BonaparteBoelieryLidwoordRenaissanceBank (finansiële instelling)SenuweestelselFilosofieSelfoonChemiese elementVerkoueRonelda KamferGroepsgebiedewetDistrik SesThe CranberriesMuishondMark (ekonomie)RenosterUKhahlamba-DrakensbergparkFranse RewolusieAsiëSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureReënspinnekopEngelsKommunismeSeksualiteitPersoonlike voornaamwoordNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaSamestelling7de LaanVersoeningsdagCheslin KolbeGeslagNeerslagWet op Bantoe-onderwysVoedselkettingSelAnilingusBloeddrukOmgewingsbeheerGianna MichaelsVaste stofWetenskapWeerfrontVryheidsmanifesImpakte van toerismeWiki CommonsDierAustraliëDruiweSneeuRooibokStilleweJan van RiebeeckGreen PornoJohannesburgLoftus MaraisBeaufortskaalLys van nedersettings in Suid-AfrikaKindersiektesDroomVloeistofDistillasieSatellietfotoDwelmmiddelKitaarKlinkerDemokrasiePad na jou hartPinkster🡆 More