Michael Tellinger

Michael Tellinger is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, ontdekkingsreiser en stigter van die Ubuntu Party wat die verskaffing van gratis  hulpbronne ondersteun vir alle vlakke van die samelewing.

Hy stel voor dat Adam se Kalender 'n terrein van buitengewone argeologiese belang is, wat in die middel is van 'n netwerk van klip sirkels dwarsoor Suid-Afrika en wat hy beweer energie gekanaliseer het in antieke tye. Hy het 'n veldtog gelei teen banke en sentrale banke.

Michael J. Tellinger
Michael Tellinger in Holland 2012
Alma materUniversiteit van die Witwatersrand
BeroepSkrywer
Webwerfhttps://michaeltellinger.com/

Veldtog teen banke

Tellinger is in 2012 in die hooggeregshof in Johannesburg gedagvaar deur Standard Bank vir die nie-betaling van sy huislening van R828 015 wat in 2007 toegestaan is. Tellinger se argument, in 'n neutedop, is dat banke geld uit die lug skep en daarom kon hy dieselfde doen. Hy het Standard Bank 'n stuk papier gestuur wat volgens hom 'n "verhandelbare instrument" was vir die finale betaling van die lening. Standard bank het hom hof toe geneem en binne enkele minute is sy saak met koste van die hand gewys deur regter Jackson Mabsele. Tellinger is beveel om die lening en die regskoste van albei partye te betaal. Die moontlikheid bestaan ook dat hy gedagvaar kan word vir laster en ook 'n "lastige litigant" verklaar kan word. Hy het na die hof-saak gesê dat hy die saak na die Konstitusionele hof sal vat.

Skrywer

Hy het die volgende boeke geskryf:

  • Heine, J.; Tellinger, M. (2008). Adam's Calendar: Discovering the Oldest Man-made Structure on Earth. Zulu Planet Publishers. ISBN 978-1-920153-07-6.
  • Tellinger, M. (2012). Slave Species of the Gods: The Secret History of the Anunnaki and Their Mission on Earth. Inner Traditions/Bear. ISBN 978-1-59143-807-6.[dooie skakel]
  • Tellinger, M.; Heine, J. (2009). Temples of the African Gods: Decoding the Ancient Ruins of Southern Africa. Zulu Planet Publishers. ISBN 978-1-920153-08-3.
  • Tellinger, M. (2014). UBUNTU Contributionism: A Blueprint for Human Prosperity. Apg Sales & Fulfillment. ISBN 978-1-920153-12-0.

Politiek

Tellinger het 'n Suid-Afrikaanse politieke party, Ubuntu Party, gestig, vernoem na die beginsels van Ubuntu-"Bydra-isme".

Opvoeding

Tellinger het in 1983 aan die Universiteit van die Witwatersrand se mediese skool, Johannesburg, 'n B.Farmasie-graad verwerf.

Musiek

Hy het baie van sy vroeë jare in die kunste op die verhoog en op die skerm deurgebring. As deel van die duo “Stirling & Tellinger” het hy verskeie musiektreffers in Suid-Afrika gehad. In 1986 het hy in Los Angeles vir Cannon Films as klankontwerper en redakteur gewerk en het die omstrede anti-apartheidslied “We come from Johannesburg” geskryf en opgeneem wat onder die vorige regime verbied is. Sy jongste bydrae tot die kunste was 'n liedjie "Side By Side With Angels" vir die rampfonds TSUNAMI in 2005, wat 'n aantal top Suid-Afrikaanse kunstenaars bevat.

Verwysings

Tags:

Michael Tellinger Veldtog teen bankeMichael Tellinger SkrywerMichael Tellinger PolitiekMichael Tellinger OpvoedingMichael Tellinger MusiekMichael Tellinger VerwysingsMichael TellingerAdam se KalenderSkrywerUbuntu Party

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Aarde se atmosfeerWeer (meteorologie)Onderwerp (taalkunde)TaalKaaps-Hollandse stylKoos du PlessisLieweheersbesieEnkelvoudige sinEskomHage GeingobHibernasieJoseph GoebbelsKultuurSchwantesiaNasiebouGewone tarentaalAustraliëMenslike-ontwikkelingsindeksKarooLiesbreukNedersettingWeervoorspellingPneumatikaSeksuele penetrasieVerkleurmannetjieLoftus MaraisIsraelRobert SobukweDonkieStereotipeMuishondMusieksimboleAfrikaanse taalleerMorfologie (taalkunde)Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMangelontstekingSkoenlapperVrouSimboolGesonde dieetArmoedeKoranFotoKondensasieNic de JagerSimon PetrusSoweto-opstandVlinderNoFapBruin menseNederduitse Gereformeerde KerkKanadaAborsieBTWStaalVarkAnale seksDepressie (gemoedstoestand)MaanSokkerAnglisismeNarsismeOnderhandelinge om apartheid te beëindigLys van chemiese elemente volgens atoomgetalPerdCarike KeuzenkampVryheidsmanifesKoorsblaarFranse RewolusieFransSeisoenDrinkwatervoorsiening🡆 More