Michael Fassbender: Iers-Duitse akteur

Michael Fassbender (geb.

2 April 1977 in Heidelberg, Duitsland) is ’n Iers-Duitse akteur. Van sy beste rolle sluit in lt. Archie Hicox in Inglourious Basterds (2009), Magneto in die superheldfliek X-Men: First Class (2011), David in die wetenskapsfiksieprent Prometheus (2012) en die slawe-eienaar Edwin Epps in 12 Years a Slave (2013). Laasgenoemde is ’n historiese drama waarvoor hy in 2014 ’n Oscar-benoeming ontvang het vir beste manlike byspeler. Fassbender het in 2014 sy rol as Magneto hervat in X-Men: Days of Future Past en sal in 2015 werk aan Assassin's Creed.

Michael Fassbender
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Fassbender in 2013 op die San Diego Comic-Con International.

Geboorte 2 April 1977 (1977-04-02) (47 jaar oud)
Heidelberg, Duitsland
Nasionaliteit Iers-Duits
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 2001 – hede
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Fassbender het ook gespeel in 300 (2007), Fish Tank (2009), Jane Eyre (2011), A Dangerous Method (2011), Hunger (2008) Shame (2011). Vir sy rol in Shame het hy in 2011 die Volpi-beker gewen as beste akteur op die Venesiese Rolprentfees en is hy benoem vir ’n Golden Globe en ’n Bafta.

Vroeë lewe

Michael Fassbender: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe 
Fassbender by die première van 12 Years a Slave in Toronto.

Fassbender is gebore in Heidelberg, Baden-Württemberg, Duitsland. Sy pa, Josef, was Duits en sy ma, Adele, van Larne in Noord-Ierland. Toe hy twee jaar oud was, het sy ouers na Killarney in die Republiek van Ierland getrek, waar hulle ’n restaurant bedryf het.

Fassbender en sy ouer suster, Catherine, het somervakansies in Duitsland deurgebring en hy praat Duits vlot. Hy was 17 jaar oud toe hy besef hy wil akteur word nadat hy in ’n toneelstuk deur Donie Courtney gespeel het. Op 19 het hy na Londen getrek waar hy vir ’n ruk aan die Drama Centre London studeer het. Hy het die sentrum verlaat en saam met die Oxford Stage Company gereis met die toneelstuk Three Sisters.

Loopbaan

Vroeë werk

Fassbender het eers die rol van Burton "Pat" Christenson vertolk in Tom Hanks en Steven Spielberg se bekroonde TV-minireeks Band of Brothers. Hy het ook in in albei reekse van Hex gespeel.

in 2003 het hy in ’n radioreeks van Dracula gespeel en in 2006 was hy tydens die Edinburg-fees in Allegiance, ’n toneelstuk deur Mary Kenny. Daarby was hy die vervaardiger, regisseur en ’n akteur van die verhoogweergawe van Quentin Tarantino se Reservoir Dogs.

In 2007 het hy in die rolprent Angel gespeel (Britse titel: The Real Life of Angel Deverell), oor die lewe van ’n eksentrieke jong skrywer. Hy het daarna ’n klein rol gehad in Wedding Belles, waarin hy met ’n Skotse aksent praat.

Sukses

In 2006 het Fassbender die rol van ’n jong Startaanse vegter gespeel in die rolprent 300, ’n fantasie-aksiedrama onder regie van Zack Snyder. Die prent was ’n kommersiële sukses.

As voorbereiding vir sy rol as ’n Ierse gevangene in die regisseur Steve McQueen se 2008-rolprent Hunger, het Fassbender op ’n kitsdieet gegaan van net 600 kalorieë per dag. Hy het ’n British Independent Film Award vir sy spel gewen.

Michael Fassbender: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe 
Fassbender (regs), Josh Brolin en Megan Fox doen in 2009 promosiewerk vir die 2010-prent Jonah Hex.

’n Jaar ná dié suksesvolle prent het hy in Quentin Tarantino se Inglourious Basterds en in Andrea Arnold se Fish Tank gespeel. Albei prente, sowel as sy toneelspel, het lof gekry. In 2010 het Fassbender in Jonah Hex, ’n western, verskyn. Hy het ook in die oorlogsriller Centurion en in Joel Schumacher se Blood Creek gespeel.

In die 2011-prent Jane Eyre het hy die rol van Edward Rochester vertolk.

Fassbender het Magneto gespeel in die superheld-sukses X-Men: First Class en dit het hom ’n gewilde ster gemaak. In 2011 het hy in A Dangerous Method van die regisseur David Cronenberg die rol van die Switserse psigiater Carl Jung vertolk. Die première was op die Venesiaanse Rolprentfees van 2011. Hy was ook ’n man in sy dertigs wat ’n stryd voer teen seksuele verslawing in Shame, wat op dieselfde fees sy première gehad het. Daarvoor het hy ’n Volpi-beker gewen vir beste akteur. Fassbender was ’n ernstige aanspraakmaker op ’n Oscar vir dié rol, maar is nie benoem nie. Volgens verskeie bronne het sy naaktonele van voor en sy uitbeelding van sekssituasies kiesers geïnspireer "om te fantaseer en nie te stem nie". Fassbender het lof ontvang vir sy spel en is benoem vir ’n Golden Globe en Bafta.

In 2012 het hy verskyn in Haywire, ’n aksieriller, en in die wetenskapsfiksieprent Prometheus. Hy het in 2013 die titelrol gespeel in The Counselor, met Ridley Scott as regisseur. In dieselfde jaar het hy in 12 Years a Slave gespeel, wat sy derde prent onder regie van die regisseur Steve McQueen was. Vir sy uitbeelding van Edwin Epps is hy in 2014 vir ’n Oscar vir beste manlike byspeler benoem.

Persoonlike lewe

Fassbender woon die afgelope 17 jaar in Londen. Hy speel in Britse en Amerikaanse rolprente en besoek Los Angeles in Kalifornië dus gereeld. Hy praat Duits en het al gesê hy sou graag in ’n Duitse prent of toneelstuk wou speel.

Hy is ook ’n groot aanhanger van Formule 1 en veral Michael Schumacher.

Filmografie

Michael Fassbender: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe 
Fassbender in 2009 by die Cannes-rolprentfees.
Michael Fassbender: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe 
In 2012 in Anaheim, Kalifornië.

Rolprente

Jaar Titel Rol Notas
2007 300 Stelios
2007 Angel Esmé Howe-Nevinson
2008 Hunger Bobby Sands
2008 Eden Lake Steve
2009 Blood Creek Richard Wirth
2009 Fish Tank Connor
2009 Inglourious Basterds Lt. Archie Hicox
2010 Centurion Quintus Dias
2010 Jonah Hex Burke
2011 Jane Eyre Edward Rochester
2011 X-Men: First Class Magneto
2011 A Dangerous Method Carl Gustav Jung
2011 Shame Brandon Sullivan
2012 Haywire Paul
2012 Prometheus David
2013 12 Years a Slave Edwin Epps
2013 The Counselor Counselor
2014 1: Life on the Limit Verteller Dokumentêr
2014 Frank Frank
2014 Untitled Terrence Malick Project
2014 X-Men: Days of Future Past Magneto
2014 Slow West Silas
2014 Macbeth Macbeth
2015 Steve Jobs Steve Jobs
2016 X-Men: Apocalypse Erik Lehnsherr / Magneto
2016 The Light Between Oceans Tom Sherbourne
2016 Assassin's Creed Callum Lynch / Aguilar
2017 The Snowman Harry Hole

Televisie

Jaar Titel Rol Notas
2001 Band of Brothers Burton 'Pat' Christenson Minireeks
Hearts and Bones Hermann 3 episodes
2002 NCS: Manhunt Jack Silver
Holby City Christian Connolly 1 episode
2003 Carla Rob
2004 Winnipeg the Bear Harry Colebourn
Gunpowder, Treason & Plot Guy Fawkes
Julian Fellowes Investigates: A Most Mysterious Murder Charles Bravo
Sherlock Holmes and the Case of the Silk Stocking Charles Allen
2004–2005 Hex Azazeal 12 episodes
2005 Murphy's Law Caz Miller 5 episodes
Our Hidden Lives Duitse gevangene
William and Mary Lukasz 1 episode
2006 Poirot: After the Funeral George Abernethie 1 episode
Trial & Retribution: Sins of the Father Douglas Nesbitt
2007 Wedding Belles Barney
2008 The Devil's Whore Thomas Rainsborough Minireeks

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Michael Fassbender Vroeë leweMichael Fassbender LoopbaanMichael Fassbender Persoonlike leweMichael Fassbender FilmografieMichael Fassbender VerwysingsMichael Fassbender Eksterne skakelsMichael Fassbender12 Years a SlaveDuitslandHeidelberg, DuitslandIerlandMagnetoOscarWetenskapsfiksie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Olimpiese SpeleAustraliëIdioomEkonomie van Suid-AfrikaLieweheersbesieVisJohannesburgChristendomMagsverheffingSkuinsstreepPersKarakteriseringAsemhalingSwangerskapSlag van Cuito CuanavaleReg tot ‘n gesonde omgewingKaartPoësieGevolge van aardverwarming op oseaneStrykysterItaliëHernubare energieN.P. van Wyk LouwNeurenberg-verhoreNederduitsch Hervormde KerkAspoestertjieInsekVryheidsmanifesTeam Fortress 2Mahatma GandhiSowjetunieGoudKlinkerGroepsgebiedewetPornhubLionel PetersonErfenisPoesLangste woordNatuurlike hulpbronBewaringstatusWitrenosterWoordeboek van die Afrikaanse TaalBeaufortskaalLimpopo (rivier)StaalStadVliegtuigYslandFossielbrandstofFinale OplossingInfeksieNeonProvinsies van Suid-AfrikaGroot TrekOranje-VrystaatEeuPesachSkoolResensieKlimaatWaterbesparing in Suid-AfrikaNasionalismeOrgasmeCheslin KolbeBrendan PeyperKoorsblaarPinksterTradisionele Afrika-medisyneWaterstofAfrikaanse taalleerVersoeningsdagTennis🡆 More