Michael E.
Brown (gebore 5 Junie 1965) is ’n Amerikaanse sterrekundige wat sedert 2003 ’n professor in planetêre astronomie is by die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie (Caltech). Sy span het baie trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's) ontdek, insluitende die dwergplaneet Eris. Aanvanklik is geglo dit is groter as Pluto, en dit het ’n debat laat ontstaan oor die definisie van "planeet".
Mike Brown | |
---|---|
Gebore | 5 Junie 1965 Huntsville, Alabama |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Alma mater | Princeton-universiteit UC Berkeley |
Beroep | Sterrekundige |
Bekend vir | Ontdekking van Eris en ander trans-Neptunus-voorwerpe How I Killed Pluto and Why It Had It Coming |
Eggenoot | Diane Binney |
Kinders | 1 |
Webwerf | www |
Hyself en ander het al na hom verwys as die man wat "Pluto doodgemaak" het, omdat hy daartoe bygedra het dat Pluto afgegradeer is na ’n dwergplaneet ná die ontdekking van Eris en verskeie ander moontlike dwergplanete anderkant Neptunus. Hy is die skrywer van How I Killed Pluto and Why It Had It Coming, wat in 2010 gepubliseer is. Hy het in 2012 die Kavli-prys gewen (saam met Jane X. Luu en David C. Jewitt) “vir die ontdekking en karaktisering van die Kuipergordel en die grootste voorwerpe daarin, werk wat gelei het tot ’n groot hupstoot in die begrip van die geskiedenis van ons planetêre stelsel”.
Brown het in 1987 sy B.A.-graad in fisika aan die Princeton-universiteit behaal en in 1990 ’n M.A. in sterrekunde aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. In 1994 het hy ’n Ph.D.-graad in sterrekunde behaal.
Trans-Neptunus-voowerpe ontdek: 37 | |
---|---|
(126154) 2001 YH140 [1] | 18 Desember 2001 |
(126155) 2001 YJ140 [1] [5] | 20 Desember 2001 |
(55565) 2002 AW197 [1] | 10 Januarie 2002 |
(307251) 2002 KW14 [1] | 17 Mei 2002 |
(119951) 2002 KX14 [1] | 17 Mei 2002 |
(250112) 2002 KY14 [1] | 19 Mei 2002 |
Quaoar [1] | 4 Junie 2002 |
(307261) 2002 MS4 [1] | 18 Junie 2002 |
2002 QX47 [1] | 26 Augustus 2002 |
(84719) 2002 VR128 [1] | 3 November 2002 |
(208996) 2003 AZ84 [1] | 13 Januarie 2003 |
Ceto [1] | 22 Maart 2003 |
(120178) 2003 OP32 [1] [2] | 26 Julie 2003 |
Sedna [1] [2] | 14 November 2003 |
Orcus [1] [2] | 17 Februarie 2004 |
(175113) 2004 PF115 [1] [2] | 7 Augustus 2004 |
Salacia [3] [4] | 22 September 2004 |
2004 SC60 [3] [4] | 22 September 2004 |
(120348) 2004 TY364 [1] [2] | 3 Oktober 2004 |
Haumea [1] [2] [6] | 28 Desember 2004 |
Eris [1] [2] | 8 Januarie 2005 |
2005 EW318 [3] [4] | 8 Maart 2005 |
2005 EX318 [3] [4] | 8 Maart 2005 |
Makemake [1] [2] | 31 Maart 2005 |
2005 GX206 [3] [4] | 11 April 2005 |
2005 GY206 [3] [4] | 11 April 2005 |
2005 GZ206 [3] [4] | 13 April 2005 |
(136199) Eris I Dysnomia [7] | 10 September 2005 |
(187661) 2007 JG43 [2] [8] | 10 Mei 2007 |
(225088) 2007 OR10 [2] [8] | 17 Julie 2007 |
(386096) 2007 PR44 [8] | 7 Augustus 2007 |
2007 RT215 [2] | 11 September 2007 |
(315530) 2008 AP129 [8] | 11 Januarie 2008 |
(305543) 2008 QY40 [2] [8] | 25 Augustus 2008 |
2008 ST291 [2] | 24 September 2008 |
(504555) 2008 SO266 [2] [8] | 24 September 2008 |
2008 SP266 [2] | 26 September 2008 |
Ander voorwerpe ondtek | |
(87) Sylvia I Romulus[9] | 18 Februarie 2001 |
(22) Kalliope I Linus[9] | 29 Augustus 2001 |
|
Hy is in die wetenskapwêreld bekend vir sy opnames van verafgeleë voorwerpe wat om die Son wentel. Sy span het baie trans-Neptunus-voorwerpe ontdek, waarvan een van die belangrikstes Eris is, die enigste dwergplaneet wat ’n groter massa as Pluto het. Dit het regstreeks daartoe gelei dat Pluto as ’n dwergplaneet herklassifiseer is. ’n Ander is Sedna, a planetoïde wat vermoedelik die eerste ontdekte liggaam in die binneste Oortwolk is.
Brown en sy span het ook die dwergplaneet Haumea sowat ses maande lank dopgehou voordat aangekondig is José Luis Ortiz Moreno en kollegas van die Sierra Nevada-sterrewag in Spanje het dit ontdek. Brown het Ortiz se span aanvanklik gesteun omdat hulle die krediet vir die ontdekking gekry het. Verdere navorsing het egter gewys ’n webtuiste met argiewe oor die rigting waarin die Brown-span se teleskope gewys het terwyl hulle Haumea dopgehou het, is agt keer besoek in die drie dae voor Ortiz se aankondiging. Die IP-adresse van dié rekenaars is teruggespoor na die webtuiste van die Spaanse Instituut vir Astrofisika in Andalusia, waar Ortiz werk, en na e-posadresse wat Ortiz en sy student gebruik het. Die webtuistebesoeke het plaasgevind ’n week nadat Brown ’n uittreksel gepubliseer het van ’n komende konferensiepraatjie waar hy die ontdekking van Haumea sou aankondig.
Toe Ortiz daaroor uitgevra is, het hy ’n e-pos vir Brown gestuur waarin hy skimp dat Brown verkeerd was omdat hy "voorwerpe weggesteek het" en nie sy vonds bekendgemaak het nie. Volgens Brown is Ortiz se verklaring in teenstelling met aanvaarde wetenskaplike praktyke dat iemand sy navorsing ontleed totdat hy tevrede is dit is akkuraat, en dit dan aan ander beskikbaar stel om te hersien voordat dit bekend gemaak word. Die Kleinplaneetsentrum soek egter net presiese wentelbaaninligting om krediet oor ’n ontdekking aan iemand te gee, en Ortiz het dit verskaf.
Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) erken met opset nie ’n ontdekker van Haumea nie. Die datum en plek van die ontdekking word aangegee as 7 Maart 2003 by Ortiz se Sierra Nevada-sterrewag. Die IAU het egter Brown se voorgestelde naam, Haumea, aanvaar pleks van Ortiz se voorstel, "Ataecina".
In Januarie 2016 het Brown en nog ’n sterrekundige van Caltech, Konstantin Batygin, die bestaan van Planeet Nege voorgestel, ’n groot planeet tussen die grootte van die Aarde en Neptunus. Hulle het op 20 Januarie 2016 in ’n onderhoud hul redenasie en werkmetode verduidelik.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Michael E. Brown, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.