Meksikaans-Amerikaanse Oorlog

Die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (Engels: Mexican–American War, Spaans: Intervención estadounidense en México) was 'n gewapende stryd tussen die Verenigde State van Amerika en Meksiko, wat op 25 April 1846 met die Meksikaanse aanval op Fort Texas begin en op 2 Februarie 1848 met die anneksasie van Arizona, Kalifornië, Nevada, Utah en dele van Colorado, Nieu-Meksiko en Wyoming deur die VSA geëindig het.

Die oorlog is veral deur die VS-President James K. Polk aangedryf, wat die gebied van die VSA ná die weste wou uitbrei. Tydens die oorlog het die VSA die Republiek van Kalifornië geannekseer.

Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Die Slag van Veracruz.
Datum 25 April 1846 - 2 Februarie 1848
Ligging Texas, Nieu-Meksiko, Kalifornië; Noord-, Sentraal- en Oos-Meksiko; Meksikostad
Resultaat Amerikaanse oorwinning
Verdrag van Guadalupe Hidalgo
Beëindiging van alle konflikte tussen Meksiko en Texas
Casus
belli
Aanval op Fort Texas
Gebieds-
veranderings
Arizona, Kalifornië, Nevada, Utah en dele van Colorado, Nieu-Meksiko en Wyoming sluit by die VSA aan
Strydende partye
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Verenigde State
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Kalifornië (1846)
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Meksiko
Bevelvoerders
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog James K. Polk
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Zachary Taylor
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Winfield Scott
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Stephen Watts Kearny
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog John D. Sloat
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog William J. Worth
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Philip Kearny
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Robert F. Stockton
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Joseph Lane
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog William Brown Ide
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Antonio López de Santa Anna
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Mariano Arista
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Pedro de Ampudia
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog José María Flores
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Mariano G. Vallejo
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog José Castro
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Nicolás Bravo
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog José Joaquín de Herrera
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog Andrés Pico
Sterkte
1846: 8 613
1848: 32 000 soldate
59 000 milisie
tussen 34 000 en 60 000 soldate
Ongevalle
13 283 soldate 16 000 soldate
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Verloop van die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog tussen 1846 en 1848.
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog
Meksiko en die Verenigde State ná die Verdrag van Guadalupe Hidalgo in 1848.

Een ander rede vir die oorlog was die anneksasie van die Republiek van Texas deur die VSA ná die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog in 1845, wat Meksiko as deel van sy grondgebied beskou het. Met dié anneksasie het die VSA ook die grenskonflik met Meksiko oorneem. Tydens die oorlog kon die VSA belangrike veldslae in die noorde van Meksiko wen, maar die draai het eers die besetting van die hawestad Veracruz en die hoofstad Meksikostad gebring.

Sedert die daaropvolgende verdrag van Guadalupe Hidalgo maak die gebied van die huidige deelstate Arizona, Kalifornië, Nevada, Utah, Colorado, Nieu-Meksiko en Wyoming deel uit van die VSA, vorm die Rio Grande 'n belangrike deel van die grens tussen die VSA en Meksiko en die historiese gebied Kalifornië is geskei in (Opper-)Kalifornië (die VSA-deelstaat Kalifornië) en Neder-Kalifornië (die Meksikaanse deelstaate Baja California en Baja California Sur. Sedertdien grens die VSA in die weste aan die Stille Oseaan.

Verwysings

Bronne

  • (en) Crawford, Mark; Jeanne T. Heidler; David Stephen Heidler (eds.) Encyclopedia of the Mexican War, 1999, ISBN 1-57607-059-X
  • (en) Frazier, Donald S. ed. The U.S. and Mexico at War, (1998), 584; an encyclopedia with 600 articles by 200 scholars
Meksikaans-Amerikaanse Oorlog  Geskiedenis van Meksiko Meksikaans-Amerikaanse Oorlog 
Meso-AmerikaOlmekeMixtekeToltekeTeotihuacáneZapotekeMajaTlaxcaltekeAsteke
KolonisasieSpaanse verowering van die Asteekse Ryk (1519–1521) • Spaanse verowering van Yucatan (1527–1697) • Nieu-Spanje (1535–1821) • Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog (1810–1821)
1821–1864Eerste Meksikaanse Keiserryk (1821–1823) • Texaanse Onafhanklikheidsoorlog (1835–1836) • Koekoorlog (1838) • Meksikaans-Amerikaanse Oorlog (1846–1848) • Kasteoorlog (1847–1901) • Hervormingsoorlog (1857–1861) • Franse intervensie in Meksiko (1861–1867)
1864–1929Tweede Meksikaanse Keiserryk (1864–1867) • Meksikaanse Rewolusie (1910–1920) • Cristero-oorlog (1926–1929)
Moderne geskiedenisChiapas-konflik (1994) • Dwelmoorlog in Meksiko (2006–hede)

Tags:

184618482 Februarie25 AprilArizonaColoradoEngelsJames K. PolkKaliforniëMeksikoNevadaNieu-MeksikoPresident van die Verenigde State van AmerikaRepubliek van KaliforniëSpaansUtahVerenigde State van AmerikaWyoming

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VoedingQuebecPseudowetenskapDean BurmesterMoedersdagMaatskappyLys van kleureSan FranciscoAnneli van RooyenDoelwitSpaansLys van visseVraag en aanbodRichard van der WesthuizenMikro-ekonomieMensBasterhartbeesAnette EngelbrechtRekeningkundeRandfonteinDemokratiese Republiek die KongoDaniëlBesoedelingVingerseksSeksspeeldingDiarreeFransDulcie van den BerghVK (sosiale netwerk)IranTsjeggiesHomofoonKremetartGeskiedenis van AfrikaansSwart nasionalismeMaroela MediaGianna MichaelsKoppeltekenByeboerderyLionel MessiKoos du PlessisPriemgetalDubbelpuntWetenskapGuillain-Barré-sindroomLongontstekingAlicia KaufmanasDeelwoordNieu-SeelandKunsmatige intelligensieMieliestronkJohan BadenhorstKlimaatsverandering in Suid-AfrikaKanadaTropiese sikloonRatelToerismePlae van EgipteBrugNierKaapstadse waterkrisis 2015-2018Madison IvyFilosofieDeon CoetzeePaasfeesNederduitse Gereformeerde KerkGeelslangPoleBloeddrukKennisTurksvy🡆 More