Die Metro van Helsinki (Fins: Helsingin metro, Sweeds: Helsingfors metro) is 'n openbare vervoerstelsel wat die stede Helsinki en Espoo in die Finse hoofstadsgebied bedien.
Dis die enigste moltreinstelsel in Finland en ook die noordelikste ter wêreld.
Die moltreinstelsel is in 1982 tussen die stasies van Rautatientori en Herttoniemi geopen, en is tydens die volgende 16 jaar na Ruoholahti in die weste, Mellunmäki in die noordooste en Vuosaari in die ooste uitgebrei. 'n Westelike uitbreiding (Länsimetro), wat van Ruoholahti (die voormalige westelike terminus) in die ooste tot Matinkylä in die westelike buurstad Espoo strek, is in 2017 geopen.
Die huidige netwerk met 'n totale lengte van 43 km bestaan uit 30 stasies waarvan 16 ondergronds en nege bogronds is. Die moltreinstelsel se twee lyne, M1 tussen Matinkylä en Vuosaari en M2 tussen Tapiola en Mellunmäki, vervoer altesaam 63 miljoen passasiers per jaar.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Metro van Helsinki, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.