Messier 19

Messier 19 of M19 (ook bekend as NGC 6273) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Slangdraer.

Dit is op 5 Junie 1764 deur Charles Messier ontdek en hy het dit in dieselfde jaar in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem. William Herschel het in 1784 die individuele sterre geëien.

Messier 19
Messier 19
Soort Bolswerm
Sterrebeeld Slangdraer
Regte klimming 17h 02m 37,69m
Deklinasie -26º 16' 04,6"
Afstand 28 700 ligjare (8 800 parsek)
Skynbare magnitude 74,7 mag
Skynbare grootte (v) 17′.0
Ander name NGC 6273, GCl 52

M19 is een van die mees afgeplatte bekende bolvormige swerms. Hierdie afplatting weerspieël dalk nie die ware vorm van die sterreswerm nie, aangesien lig aan die oostekant in ’n groot mate deur gas en stof geabsorbeer word. Wanneer dit in infrarooi besigtig word, is daar feitlik geen afplatting nie. Die swerm is 28,7 ligjare van die sonnestelsel af en is baie na aan die Melkweg se middelpunt (sowat 6,5 ligjare ver).

Die swerm se massa is sowat ’n miljoen keer dié van die son en is sowat 11,9 miljard jaar oud. Dit bevat minstens vyf veranderlike sterre.

Verwysings

Eksterne skakels

17h 02m 37.69s, −26° 16′ 04.6″

Tags:

Charles MessierKomeetMessier-voorwerpSlangdraer (sterrebeeld)SterrebeeldSterreswermWilliam Herschel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afro-AmerikanersWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSeksposisieNylrivier (Suid-Afrika)Toekoms van die AardeBloeddrukNeurenberg-verhoreNG gemeente JansenvilleSkoolGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKarakteriseringFosforPaddaApostelInflasieSharpeville-slagtingPampoentjiesJan CombrinkErdwurmMuskeljaatkatOogproblemeMiddelmisbruikKarlien van JaarsveldEjakulasieSatellietfotoKameelperdISO 3166-2Jak de PriesterJan van HunksHolocaustPols-oksimeterJohannesburgSuikersiekteLeeuKoos KombuisBetonGriepRutenium(III)chloriedHoërskool OuteniquaLeonardo da VinciViëtnamoorlogAt BothaTandbederfDermpoliepVlag van Suid-AfrikaJames AlexanderOseaanSkoenlapperBysteekAfkortingJesus van NasaretMenstruasieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyLys van Afrikaanse skrywersIgtiologieWater (molekuul)KindersiektesSywurmSpringbokkeHenry MurrayBTWAkwariumMosesBloemfonteinVerfDawidMieliestronkWinterElektrisiteitsvoorsieningFluoorKlimaatveranderingApostoliese GeloofsbelydenisMaatskaplike verantwoordelikheidHidroëlektrisiteitOu Apostoliese KerkKaren MeiringSokker🡆 More