Die M102 Mercedes-Benz-enjinfamilie was in die 1980's en vroeë negentigerjare 'n inlynviersilinder-petrolenjin.
Dit is 'n relatiewe oorhoekse enjin met 'n groot boor en 'n kort slag in vergelyking met die M115-enjin wat gedurende dieselfde tydperk gebruik is.
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Mercedes-Benz |
Konfigurasie | Inlynviersilinder |
Afmetings | |
Inhoudsmaat | 1,8 L (1 797 cc) 2,0 L (1 997 cc) 2,3 L (2 299 cc) 2,5 L (2 463 cc) 2,5 L (2 498 cc) |
Boorwydte | 89 mm 95.5 mm 97.3 mm |
Slaglengte | 80.25 mm of 82.8 mm |
Drukverhouding | 10.5:1 |
Massa | 118 kg |
Stelsels | |
Klepwerking | SOHC 2 kleppe per silinder of DOHC 4 kleppe per silinder |
Brandstoftipe | Petrol |
Brandstofstelsel | 175 CDT vergasser of Multipunt-brandstofinspuiting |
Smeerstelsel | Druksirkulasie |
Verkoelingstelsel | Waterverkoel |
Bestuurstelsel | Bosch KE-Jetronic |
Enjinlewering | |
Kraglewering | 63-173 kW |
Wringkrag | 154-245 Nm |
Gepas in die W201 190E 1.8 sedert 1990: Inhoudsmaat 1 797 cc (1,8 L). Kraglewering: 80 kW. Wringkrag: 154 Nm.
Toepassings:
Die M102.920 was 'n 2.0 L enjin met 'n boor en slag van 89 x 80.25 mm, toegerus met 'n vergasser 175 CDT. Inhoudsmaat: 1 997 cc (2,0 L). Kraglewering: 80 kW (107 hp). Sweedse en Switserse modelle ontwikkel slegs 72 kW teen 5000 opm weens dié lande se strenger uitlaatregulasies.
Toepassings:
Soortgelyk aan die M102.920, maar minder kragtig weens 'n ander nokas en vergasser. Kraglewering: 66 kW.
Toepassings:
'n Opdatering van die M102.920 enjin vir gebruik in die W124 onderstel. Inhoudsmaat 1 997 cc (2,0 L). Kraglewering: 80 kW.
Toepassing:
Soortgelyk aan die M102.921, maar met 'n ander vergasser, enkelbandaandrywing vir die alternator, kragstuurpomp en lugreëlingkompressor (indien gepas). Kraglewering: 77 kW.
Toepassing:
Lae-drukverhoudingweergawe van die M102.921. Kraglewering: 63 kW.
Toepassing:
Lae-drukverhoudingweergawe van die M102.920. Kraglewering: 74 kW.
Toepassings:
A 2.0 L multipuntbrandstofinspuiting (KE-Jetronic) variannt van die M102.921. 'n "E" is bygelas by die modelnaam (dit staan vir "einspritzung", die Duits vir brandstofinspuiting). Die enjin is identifiseerbaar deur TSZ-ontsteking. Inhoudsmaat: 1997 cc. Kraglewering: 90 kW
Toepassing:
'n Opdatering van die M102.961 ingevoer in 1985, met kraguitset van ongeveer 66 kW. Die enjin is identifiseerbaar deur EZL-ontsteking en 'n enkele hulpdryfband. Inhoudsmaat: 1 997 cc (2,0 L). Kraglewering: 87 kW
Toepassing:
2.0–literweergawe met KE-Jetronic brandstofinspuiting. Inhoudsmaat: 1997 cc. Kraglewering: 90 kW
Toepassing:
2.0–literweergawe met KE-Jetronic brandstofinspuiting vir die Italiaanse W460. Inhoudsmaat: 1 997 cc (2,0 L). Kraglewering: 90 kW
Toepassing:
Die M102.980 was 'n 2.3 L-weergawe met 'n boor van 95.5 mm en 80.25 mm slag. Dit gebruik K-jetronic brandstofinspuiting. Inhoudsmaat: 2 299 cc (2,3 L). Kraglewering: 100 kW
Toepassings:
Die M102.981 was 'n 2.3 L-weergawe met 'n boor van 95.5 mm en 80.25 mm slag. Inhoudsmaat: 2 299 cc (2,3 L). Kraglewering: 92 kW.
Toepassing:
Sootgelyk aan die M102.980-weergawe, maar met Bosch se nuwer KE-Jetronic-stelsel. Inhoudsmaat: 2 299 cc (2,3 L). Kraglewering: 97 kW.
Toepassings:
'n 16-klepweerfawe van die M102.985 met 'n silinderkop ontwerp deur Cosworth. Inhoudsmaat: 2 299 cc (2,3 L). Kraglewering: 138 kW; VSA: 125 kW.
Toepassing:
'n 8-klepper M102 met 2.3 L-verplasing gebruik in die W201 onderstel met KE-Jetronic-brandstofinspuiting. Inhoudsmaat: 2 299 cc (2,3 L). Kraglewering: 97 kW
Toepassing:
'n Opdatering van die 16-klepweergawe met verhoogde kapasiteit (2.5 L) en versterkte ribbes, steeds met 'n silinderkop ontwerp deur Cosworth. Inhoudsmaat: 2 498 cc (2,5 L). Kraglewering: 150 kW
Toepassing:
'n Opdatering van die 2.5 16-klepweergawe, maar met korter slag en groter boor. H-stafies en suierkoelspuiters. Inhoudsmaat: 2 463 cc (2,5 L). Kraglewering: 147 kW
Toepassing:
'n Opdatering van die 102.991 weergawe deur die verwydering van vier krukasbalansseergewigte en met selfs meer versterkribbes vir 'n hoër toerestrek. Groter inlaatspruitstuk en uitlaatpype. Hoër drukverhouding 10,5:1. Inhoudsmaat: 2 463 cc (2,5 L). Kraglewering: 173 kW
Toepassing:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mercedes-Benz M102 enjin, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.