Memelland

Memelland of Memelgebied, Litaus Klaipėdos kraštas, was 'n geografiese term wat tussen die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog na dié gedeelte van Oos-Pruise verwys het wat noord van die Memel- (Duits) of Nemunas-rivier (Litaus) geleë is, in 1920 deur die geallieerde en geassosieerde magte onder Franse administrasie geplaas en in 1923 deur Litaue geannekseer is.

Memelland
Die vlag van Memelland
Memelland
Die ligging van Memelland in Litaue
Memelland
Posseëls wat tussen 1920 en 1925 in Memelland uitgereik is

Die term Memelland word in die Duitse taalgebied nog steeds gebruik om na die rivier- en kultuurlandskap tussen Kaunas en Klaipėda te verwys waar die Nemunasrivier vyf eeue lank 'n natuurlike grens tussen Sentraal- en Oos-Europa gevorm het. Sowel in geografiese asook in historiese opsig is dié streek tussen Litaue, Duitsland en Rusland geleë en weerspieël sy kultuur en boukuns invloede uit al drie taal- en kultuurgebiede.

Die landstrook met 'n lengte van 140 en 'n wydte van maksimaal 20 kilometer is in 1939 deur 145 000 mense bewoon. Die grootste stad was Memel (tans Klaipėda) met 'n bevolking van 40 000, Heydekrug (Litaus Šilutė) met 'n bevolking van 5 0000 en Pogegen (Pagėgiai) met 2 800 inwoners.

Verwysings

Tags:

DuitsEerste WêreldoorlogFrankrykLitaueLitausNemunasOos-PruiseTweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Byvoeglike naamwoordOogproblemePlastiekPaarl GimnasiumJaarIntensiewe vormAngolese BurgeroorlogJan de WetTropiese sikloonAktuarisSkaapProteïenJan van RiebeeckBipolêre gemoedsteuringPortugeesOliver TamboToekoms van die AardeEuropaBukkakeNapoleon BonapartePersoonlikheidHangbrugWhatsAppDuitsAardverwarmingLuiperdAarverkalkingWet op NaturellengrondLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaSelfoonBaälISimangaliso-vleilandparkBelgiëKoolstofdioksiedRMS TitanicIntertekstualiteitTienerKoorsblaarPersoon (taalkunde)Lys van nedersettings in Suid-AfrikaPresident van Suid-AfrikaSnoekerTuberkuloseOorlogChemiese verbindingAnglo-BoereoorlogSokkerLeierskapNic de JagerWaterkringloopOutismeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSomerMontrealSosiale mediaChemiese elementDuitslandEierleierLys van Suid-Afrikaanse kunstenaars2024Distrik SesDoziApartheidEvangelies Gereformeerde KerkHoofpynBloeddrukMaanTandbederfGeskiedenis van Suid-AfrikaVolhoubare ontwikkelingAtoomLys van politieke partye in Suid-AfrikaCristiano RonaldoPornografieGeskiedenis van erotiese afbeeldings🡆 More