Melanie Verwoerd: Suid-Afrikaanse politiese analis

Melanie Verwoerd (gebore Fourie) (Afrikaanse fonetiese uitspraak: fɛrvurt; 18 April 1967, Pretoria) is a Suid-Afrikaanse politiese analis.

Sy was voorheen 'n politikus, ambassadeur en voormalige direkteur van UNICEF Ierland.

Melanie Verwoerd
Melanie Verwoerd: Politiese en diplomatiese loopbaan, Persoonlike lewe, Huidige loopbaan
Verwoerd in Afrika
Gebore
Melanie Fourie

18 April 1967 (1967-04-18) (57 jaar oud)
NasionaliteitSuid-Afrikaans, Iers
BeroepPolitiese analis, openbare spreker, eks-politikus
Bekend virPolitiek
Kinders2
Sjabloon:Inligtingsboks Persoon
Webwerfwww.melanieverwoerd.co.za

Verwoerd is verkies as 'n parlementslid vir die ANC tydens die 1994 verkiesing. Sy is in 1999 weer verkies. In 2001 is sy aangestel as die Suid-Afrikaanse ambassadeur vir Ierland, welke pos sy tot 2005 gehou het. Tussen 2007 en 2011 was sy 'n uitvoerende direkteur van UNICEF Ierland. Verwoerd het in 2007 die Ierse Tatler Internasionale Vrou van die Jaar toekenning ontvang.

Politiese en diplomatiese loopbaan

Tydens die 1994 verkiesing in Suid-Afrika is Verwoerd verkies tot lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die ANC. Sy is in 1999 herkies. Tydens haar tyd in die parlement was sy deel gewees van die skryf van die Grondwet van Suid-Afrika, en het sy in verskillende parlementêre komitees gedien, waaronder Plaaslike Regering en Grondwetlike Sake, die Jeugkomitee, Uitsaaiwese en kommunikasie, en die portefeuljekomitees vir toerisme en omgewingsake. Sy het deelgeneem aan feitesendings en na verskeie lande gereis, waaronder Nederland, die Verenigde Koninkryk, Swede, Kuba, Chile, Australië, Brasilië, Argentinië en die VSA. Sy was betrokke by die Vroue-koukus en het gedien as 'n raadgewer betreffende die Vroue-begroting en was ook lid van die Staande Komitee wat surrogaatskap ondersoek het. In 2001 is sy aangestel as die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Ierland. Gedurende haar tydperk as ambassadeur het sy daarop gefokus om toerisme van Ierland na Suid-Afrika te bevorder. Sy het ook gesprekke gevoer oor die uitdagings wat Suid-Afrika en die ontwikkelende wêreld in die gesig staar, met die klem op die uitdagings van MIV/vigs.

Persoonlike lewe

Melanie Verwoerd: Politiese en diplomatiese loopbaan, Persoonlike lewe, Huidige loopbaan 
Verwoerd saam met Gerry Ryan tydens die opening van die Grand Canal-teater in Maart 2010

Verwoerd het in 1987 met Wilhelm Verwoerd, die kleinseun van die voormalige Suid-Afrikaanse eerste minster Dr. Hendrik Verwoerd, in die huwelike getree. Hulle het twee kinders, naamlik Wilmé (gebore in 1990) en Wian (gebore in 1992). Beide het by Trinity College in Dublin gestudeer en voortgegaan met nagraadse studies by die UK. Die egpaar het in 2005 geskei.

In 2008 het Verwoerd die minnares van Gerry Ryan, 'n welbekende radio - en TV persoonlikheid in Ierland, geword. Gerry is skielik oorlede op 30 April 2010. In Julie 2011 het die raad van UNICEF Ierland vir Verwoerd ontslaan en die mediastorm wat op die dood van Ryan gevolg het as rede daarvoor aangegee; welke tot 'n openbare herrie aanleiding gegee het; met 'n gevolglike eis vir onregverdige ontslag. UNICEF het saak in April 2013 buite die hof geskik en 'n verklaring uitgereik dat "haar ontslag geensins 'n weerspieëling van haar prestasie was nie, welke altyd van die hoogste standaard was."

Huidige loopbaan

Verwoerd woon tans in Kaapstad, Suid-Afrika, en werk as politieke ontleder. Sy dien ook as adviseer vir ondernemings (plaaslik en internasionaal) betreffende politieke verwikkelinge in Suid-Afrika en Afrika, lewer 'n weeklikse rubriek op News24 en doen radio-onderhoude vir EWN, 702 en Cape Talk.

Haar memoires, When We Dance, is deur Liberties Press in Oktober 2012 gepubliseer. Die verkope daarvan was egter gou gestaak hangende 'n hofsaak betreffende beweerde laster. Die aksie is egter tersyde gestel en die boek het teruggekeer na winkelrakke, met 'n verduideliking wat in elke eksemplaar ingevoeg is. Die boek is in Mei 2013 in Suid-Afrika onder die titel The Verwoerd who toyi-toyied gepubliseer.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Melanie Verwoerd Politiese en diplomatiese loopbaanMelanie Verwoerd Persoonlike leweMelanie Verwoerd Huidige loopbaanMelanie Verwoerd VerwysingsMelanie Verwoerd Eksterne skakelsMelanie Verwoerd18 April1967AfrikaansPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KookpuntMaroela MediaVaste stofDikdermGroot-VisrivierArabies-Israeliese konflikVlekvrye staalAnneli van RooyenSwangerskapNommertekenKompas3D-rolprentDiskriminasieSwedeKindermishandelingSelfstandige naamwoordLys van Nederlandse skildersKerrieVoedingSokkerBrongitisEweknienetwerkTopsy SmithHemelvaartsdagVakbondJan-Willem BreureVryheidsdagArabiesDie Stem van Suid-AfrikaBorskankerDistrik SesGalblaasTurkyeDroogteGrondsoorteStaalAardeAlliterasieLys van Suid-Afrikaanse skrywersLys van Joodse feeste en herdenkingsAnrich HerbstGeldRob HersovHoofkarakterStikstofProteïenPoësieHidroëlektrisiteitTweede VryheidsoorlogCalviniaCradock-4WebwerfSeisoenMobutu Sese SekoNoordwesDigtheidDonderstormPapierProstaatkankerNasionalismeFranse RewolusieKoerantVoorvoegselOseaanSeksismeMusieksimboleDrinkwatervoorsieningTienerKernkragDemokratiese Republiek die KongoRefentse MorakeKriekGesonde dieetMidde-OosteHernubare energieKankerDiarree🡆 More