'n Konsonant of medeklinker is 'n klank waar die lug, in teenstelling met 'n klinker, nie ongehinderd deur die mond na buiten kan gaan nie.
Dit is 'n spraakklank wat gevorm word deur 'n volkome of gedeeltelike onderbreking van of versperring in die lugstroom in of bo die strottehoof, met of sonder trilling van die stembande.
By die /p/ van aap versamel die lug eers voor die afgeslote lippe, en kom dan met 'n plof na buite. By die /n/ van noot is die mondholte afgesluit en kom die lug deur die neus. By die /s/ van sap gaan die tong omhoog na die verhemelte, waardeur die opening nouer word en 'n sisklank ontstaan.
Volgens die Afrikaanse woordelys en spelreëls (2017) word konsonantletters soms verdubbel wanneer hulle tussen vokaalletters voorkom om die klank en/of lengte van die voorafgaande vokaal te bepaal.
abba, vodde, effens, giggel, liggaam
anys, duisend, eina, kabouter, meisie
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Konsonant, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.