Mcgregor

McGregor is 'n Bolandse dorpie in die Wes-Kaap, sowat 150 km oos van Kaapstad in die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit geleë.

McGregor
McGregor van buite die dorpie gesien.
McGregor van buite die dorpie gesien.
McGregor is in Wes-Kaap
McGregor
McGregor
Mcgregor McGregor se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°57′S 19°50′O / 33.950°S 19.833°O / -33.950; 19.833 19°50′O / 33.950°S 19.833°O / -33.950; 19.833
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikKaapse Wynland
MunisipaliteitLangeberg
Stigting1861
Oppervlak
 • Totaal22,03 km2 (8,51 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal3 125
 • Digtheid142/km2 (370/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense12.8%
 • Indiërs/Asiërs0.9%
 • Bruin mense82.8%
 • Swart mense3.3%
 • Ander0.3%
Taal (2011)
 • Afrikaans 86.6%
 • Engels 10.4%
 • Xhosa 1.3%
 • Ander 1.8%
Poskode (strate)
6708
Skakelkode023
WebwerfMcGregor — toerisme
www.mcgregorvillage.co.za

Geskiedenis

Mcgregor 
Ds. Andrew McGregor. McGregor het op 17 Desember 1902 van Robertson afgestig en is na hom genoem.

Die dorpie is in 1861 gestig en het tot 1905 as Lady Grey bekend gestaan, gedoop na Eliza Grey, die vrou van die destydse goewerneur aan die Kaap, sir George Grey. Die naam is toe verander om verwarring met die gelyknamige Oos-Kaapse dorp te voorkom en ter ere van dominee Andrew McGregor, die eerste Skotse leraar van die Nederduits Gereformeerde Kerk wat meer as veertig jaar as die NG gemeente Robertson se predikant gedien het in die tyd toe McGregor nog onder Robertson geressorteer het.

Deesdae lok McGregor heelwat inwoners en besoekers danksy die rustigheid, vars lug en omdat sogenaamde alternatiewe denke daar floreer. Die plaaslike, Engelsmedium Waldorf-skool het in 2013 118 leerders van gr. 1 tot matriek gehad en 24 in die twee voorskoolse grade. Die McGregor Primêre Skool het in daardie jaar 435 leerders van gr. R tot gr. 8 gehad. Twee plaasskole het onderskeidelik 34 en 22 leerders gehad.

McGregor is deel van die Wes-Kaapse wynroetenetwerk en ook aan die een punt van die Boesmanskloof-wandelroete, wat die dorpie met Greyton in die suide verbind. Die wandelroete is 14 km lank en die hoogste punt is 750 m bo seevlak. Die wandelroete gaan oor die Riviersonderendberge.

Flora

Die McGregor speldekussing is 'n klein struik (en deel van die Proteaceae- familie), wat hier aangetref word en as kritiesbedreig gelys is.

Sien ook

  • Lys van dorpe in Suid-Afrika
  • Attwell, Eric: The village where time stood still. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 26, nr. 2, Desember 1976.

Verwysings

Tags:

Mcgregor GeskiedenisMcgregor FloraMcgregor Sien ookMcgregor VerwysingsMcgregorBolandDorpKaapse Wynland-distriksmunisipaliteitKaapstadWes-Kaap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lionel PetersonHeks van HexrivierRenaissanceHokkieSokkerKongo-krisisRamsar-vleilande in Suid-AfrikaWolkPizzaErfenisdag (Suid-Afrika)Loftus MaraisPriemfaktorSwaweldioksiedInkomstePad na jou hartKommunikasieWiskundige terminologieVoorsetselHefboomHomofoonSelakantFilistyneOlifantWapen van Suid-AfrikaWiskundeLenteMasturbasieUnited Democratic FrontKoperAfvalbestuurAarverkalkingVolstruisSpreeuGalileo GalileiLys van Afrikaanse televisiereekseOorkruipersVaginale kankerMenstruasieVervoerKankerHamburgerWisselkoersAngina pectorisAardeBlourokkeSeevlakKameelperdKrieketGroot vyfMigrasie van voëlsVoëlGesonde dieetDesimale breukeGlobaliseringArabies-Israeliese konflikEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaGestremdheidPseudowetenskapSwart menseYstertydperkVraag en aanbodSoogdierAbstraksie (rekenaarwetenskap)KasterolieParasitiese siektesItaliëFeminismeKappie (skryfteken)Leeudoringstad-spoorwegrampGeelhoutSelfstandige naamwoordLeestekenVakbondWêreldwye webKonsonantMaroela Media🡆 More