Mbombela-Stadion

Mbombela-stadion is 'n 43 500-sitplek stadion en was een van die tien stadions wat tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 vir wedstryde gebruik is.

Dit is ses kilometers wes van Nelspruit in Mpumalanga, Suid-Afrika geleë.

Mbombela-stadion
Mbombela-Stadion
Die Mbombela-stadion

Ligging Nelspruit, Suid-Afrika
Koördinate 25°27′40″S 30°55′44″O / 25.461°S 30.929°O / -25.461; 30.929 30°55′44″O / 25.461°S 30.929°O / -25.461; 30.929
Eienaar Mbombela-munisipaliteit
Kapasiteit 43 589
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit Februarie 2007
Geopen Oktober 2009
Boukoste R1.05 miljard
(USD$ 140 miljoen)
Argitek R&L Argitekte
Huurders
Mbombela-Stadion
'n Sokkerwedstryd tussen Italië en Nieu-Seeland, 2010 FIFA Wêreldbeker.

Die stadion is na die stad vernoem, wie se amptelike naam deur die Suid-Afrikaanse regering in Oktober 2009 in Mbombela verander is. Maar FIFA se 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi-webwerf het na die stad as Nelspruit verwys.

Die stadion is die middelpunt van 'n voorgestelde wyer sportsgebied met atletiek en krieket sowel as ander sportsoorte.

Die R1 050 miljoen se sportfasiliteite was gereed vir gebruik voor begin van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Junie 2010. Die stadion is moontlik gemaak deur befondsing van belastingbetalers.

Rugby by die Stadion

Die Pumas is die vernaamste rugbyhuurders. Hulle speel al hul Curriebeker-wedstryde by die stadion, terwyl die meeste Vodacombeker- wedstryde by die Puma-stadion gespeel word.

Die stadion het sy eerste rugbywedstryd op 27 Augustus 2010 gehou. Die Pumas was gasheer vir die Blou Bulle in 'n 2010 Curriebeker-wedstryd. Pumas het met 22–21 gewen, terwyl hulle rustyd 10–11 agter was.

Die Pumas het weer van die stadion gebruik gemaak toe hulle die Westelike Provinsie op 17 September 2010 ontvang het. Die Westelike Provinsie het die wedstryd met 62–10 gewen.

Die land se nasionale span, die Springbokke, het op 15 Junie 2013 hul eerste wedstryd in die stadion teen Skotland gespeel.

Suid-Afrika het Wallis op 21 Junie 2014 by die stadion in die tweede toets van Wallis se 2014 Suid-Afrikaanse toer ontvang. Die Springbokke het die wedstryd 31–30 gewen.

Die Bokke het op 20 Augustus 2016 in die stadion teen Argentinië te staan ​​gekom. Die Springbokke het met 30-23 gewen.

Die eerste keer dat die All Blacks teen die Bokke in die Mbombela-stadion sou speel, was vir 26 September 2020 geskeduleer, maar die wedstryd is weens die COVID-19-pandemie gekanselleer. Die herskeduleerde wedstryd het op 6 Augustus 2022 plaasgevind, met Suid-Afrika wat 26-10 gewen het.

Wedstryde

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
16 Junie 2010 13:30 Mbombela-Stadion  Honduras 0–1 Mbombela-Stadion  Chili Groep H 32 664
20 Junie 2010 16:00 Mbombela-Stadion  Italië 1–1 Mbombela-Stadion  Nieu-Seeland Groep F 38 229
23 Junie 2010 20:30 Mbombela-Stadion  Australië 2–1 Mbombela-Stadion  Serwië Groep D 37 836
25 Junie 2010 16:00 Mbombela-Stadion  Noord-Korea 0–3 Mbombela-Stadion  Ivoorkus Groep G 34 763

Afrikanasiesbeker 2013

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
21 Januarie 2013 17:00 Mbombela-Stadion  Zambië 1–1 Mbombela-Stadion  Ethiopië Groep C 15 500
21 Januarie 2013 20:00 Mbombela-Stadion  Nigerië 1–1 Mbombela-Stadion  Burkina Faso Groep C 13 500
25 Januarie 2013 17:00 Mbombela-Stadion  Zambië 1–1 Mbombela-Stadion  Nigerië Groep C 25 000
25 Januarie 2013 20:00 Mbombela-Stadion  Burkina Faso 4–0 Mbombela-Stadion  Ethiopië Groep C 35 000
29 Januarie 2013 19:00 Mbombela-Stadion  Zambië 0–0 Mbombela-Stadion  Burkina Faso Groep C 8 000
30 Januarie 2013 18:30 Mbombela-Stadion  Togo 1–1 Mbombela-Stadion  Tunisië Groep D 7 500
3 Februarie 2013 18:30 Mbombela-Stadion  Burkina Faso 1–0 (e.t.) Mbombela-Stadion  Togo Kwarteindronde 27 000
6 Februarie 2013 18:30 Mbombela-Stadion  Burkina Faso 1–1 (3–2 n.S.) Mbombela-Stadion  Ghana Halfeindronde 30 000

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Mbombela-Stadion Rugby by die StadionMbombela-Stadion WedstrydeMbombela-Stadion Sien ookMbombela-Stadion VerwysingsMbombela-Stadion Eksterne skakelsMbombela-StadionFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010MpumalangaNelspruitStadionSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Seksuele opwekkingSpreeuBloedsomloopstelselDrakensbergeHondHernubare energieBoomDramaNetbalDeelwoordHoofstadSeptimius AwardsGriepMeettegniekNeurenberg-verhoreJo BlackMonopolieGoudkus (streek)MielieWerkloosheidNasionalismeLiefdeAardedagGrondsoorteEienaamElon MuskRooikatCarike KeuzenkampPropagandaVisKoorsMuishondRooibokWetenskapAfrikaanse TaalmonumentBosluisKangaroeBysteekSlag van Cuito CuanavaleLieweheersbesieWet op Verbod van Gemengde HuwelikeVoortrekkermonumentGregoriaanse kalenderEnsiklopedieSlawernyMagnetismeSkoenlapperMasturbasieLys van Afrikaanse rolprenteTradisionele Afrika-medisyneMcDonald'sBrittany Ashton HolmesBelastingKommunismeIngrid JonkerVolhoubaarheidReënBurgerregteStereotipeDemokrasieRob HersovKrugerwildtuinGlasDeelstate van die Verenigde State van AmerikaElektroniese of digitale mediaNeerslagEjakulasieOranje-VrystaatOorstromingKookpuntAtlantis, Wes-KaapOnse VaderGalileo GalileiWeskusVryheidsdag🡆 More