Maxine Waters

Maxine Moore Waters (née Carr, 15 Augustus 1938) is 'n Amerikaanse politikus wat sedert 1991 as die afgevaardigde vir Kalifornië se 43ste parlementêre distrik in die Amerikaanse laerhuis dien.

Hierdie distrik, wat van 1991–1993 as die 29ste distrik en van 1993–2013 as die 35ste distrik genommer is, sluit groot dele van suidelike Los Angeles en dele van Gardena, Inglewood en Torrance in.

Maxine Waters
Maxine Waters
Voorsitter van die Laerhuisfinansiëledienstekomitee
Ampsbekleër
Termynaanvang
3 Januarie 2019
VoorgangerJeb Hensarling
Mees senior lid van die Laerhuisfinansiëledienstekomitee
Termyn
3 Januarie 2013 – 3 Januarie 2019
VoorgangerBarney Frank
OpvolgerPatrick McHenry
Lid van die
Huis van Afgevaardigdes
van Kalifornië
Ampsbekleër
Termynaanvang
3 Januarie 1991
VoorgangerAugustus Hawkins
Kiesafdeling29ste distrik (1991–1993)
35ste distrik (1993–2013)
43te distrik (sedert 2013)
Lid van die Deelstaatsvergadering van Kalifornië
van die 48ste distrik
Termyn
6 Desember 1976 – 30 November 1990
VoorgangerLeon D. Ralph
OpvolgerMarguerite Archie-Hudson
Persoonlike gegewens
GeboreMaxine Moore Carr
15 Augustus 1938 (1938-08-15) (85 jaar oud)
St. Louis, Missouri, Verenigde State
Politieke partyDemokratiese Party
GadeEdward Waters (trou 1956; skei 1972)
Sid Williams (trou 1977)
Kinders2
OpvoedingDeelstaatsuniversiteit van Kalifornië, Los Angeles (BA)

Waters is 'n lid van die Demokratiese Party en voer tans haar 15de termyn in die laerhuis uit. Sy is die mees senior van die twaalf swart vroue wat tans in die Amerikaanse parlement dien en sy was voorsitter van die Parlementêre Swart Koukus van 1997 tot 1999. Sy is tans voorsitter van die Laerhuisfinansiëledienstekomitee.

Voor sy 'n afgevaardigde in die Amerikaanse laerhuis geword het, het Waters in die Deelstaatsvergadering van Kalifornië gedien, waartoe sy vir die eerste keer in 1976 verkies is. In die deelstaatsvergadering was sy 'n voorstander van disinvestering van Suid-Afrika se apartheidstelsel. In die federale laerhuis was sy 'n uitgesproke teenstander van die oorlog in Irak en 'n kritikus van die Republikeinse presidente George H. W. Bush, George W. Bush, en Donald Trump.

Verwysings


Eksterne skakels

Tags:

KaliforniëLos Angeles

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GrondsoorteDistillasieWaterbesparing in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994DeelwoordBlourokkeKrugerwildtuinTreinDokterPrivaat maatskappySwawelArmoedeMeeueVryheidsdagArmoedeverligtingNazi-DuitslandCorioliskragWiki CommonsWaterkringloopWapen van Suid-AfrikaRumatiekSeksismeOorstromingRooibokInentingHector PietersonVoortrekkermonumentFilosofieKnieInvloed van vigs op die ekonomieRepubliek die KongoWikimedia-stigtingJuraNatuurrampGoogleEkologieAnale seksTweede Nuwe JaarBybelDomineeSebraIntensiewe vormRobbeneilandTydDesimale breukeAfkortingKommunismeOnomatopeeGeskiedenis van Suid-AfrikaWiskundeGawes van die Heilige GeesLys van Afrikaanse televisiereekseAlliterasieRob HersovItaliëFeminismeBevolkingKunselementeKinderregteGeldDierVulkaanVerantwoordelikheidDemokrasieVerenigde State van AmerikaOnderwysRookgewoonteDesmond TutuSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Internasionale Historiese Genootskap RobbeneilandSuikersiekteAsemhalingAnglisismeKrieketVrouIndustriële RevolusiePlae van Egipte🡆 More