Matthew Mcconaughey: Amerikaanse akteur

Matthew David McConaughey (geb.

4 November 1969 in Uvalde, Texas) is ’n Amerikaanse akteur. Hy het die eerste keer aandag getrek met sy spel in die komedie Dazed and Confused (1993), en het daarna in prente gespeel soos Texas Chainsaw Massacre: The Next Generation (1994), A Time to Kill (1996) en Steven Spielberg se historiese drama Amistad. In die 2000's het hy in verskeie romantiese dramas gespeel soos The Wedding Planner (2001) en How to Lose a Guy in 10 Days.

Matthew McConaughey
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
McConaughey in 2014 in Berlyn.

Geboortenaam Matthew David McConaughey
Geboorte 4 November 1969 (1969-11-04) (54 jaar oud)
Uvalde, Texas, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1991–nou
Rolprente Lone Star, A Time to Kill, Reign of Fire, Dallas Buyers Club
Webwerf http://www.matthewmcconaughey.com/
Toekennings Sien onder Filmografie
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sedert 2010 was hy in ernstiger rolle, soos dié in The Lincoln Lawyer, Bernie, Killer Joe, Mud en The Wolf of Wall Street. In 2013 het hy die rol vertolk van ’n cowboy wat met vigs gediagnoseer word in Dallas Buyers Club. Vir laasgenoemde het hy in 2014 verskeie pryse gewen, onder meer die Golden Globe en Oscar. Hy het ook saam met Woody Harrelson in die TV-speurreeks True Detective gespeel.

Vroeë lewe

McConaughey, die jongste van drie seuns, is in Uvalde, Texas, gebore. Sy pa, James Donald McConaughey, was ’n vulstasie-eienaar wat eens vir die NFL Amerikaanse voetbal gespeel het en sy ma, Mary Kathleen "Kay" (geb. McCabe), was ’n kindertuinonderwyseres en skrywer. Sy ouers is verskeie kere geskei en weer met mekaar getroud. Hy het Skotse, Engelse, Ierse, Sweedse en Duitse bloed.

McConaughey het in Longview, Texas, gewoon waar hy op hoërskool was en in die jaarboek as "die aantreklikste leerling" aangewys is. Hy het in 1988 vir ’n jaar in Warnervale in Nieu-Suid-Wallis, Australië, gebly as ’n uitruilstudent. Daarna het hy aan die Universiteit van Texas studeer, waar hy in 1993 ’n BA-graad behaal het in radio-en-TV-rolprente.

Loopbaan

1991–2000

McConaughey het in 1991 begin toneelspeel en in verskeie TV-advertensies verskyn voordat hy in Richard Linklater se rolprent Dazed and Confused verskyn het. Dit het goeie resensies gekry. Ná ’n paar kleiner rolle in Angels in the Outfield, Texas Chainsaw Massacre: The Next Generation en Boys on the Side, het hy sy deurbraak gemaak as die regsgeleerde Jake Brigance in die 1996-prent A Time to Kill, wat gebaseer was op die John Grisham-roman met dieselfde naam. Laat in die 1990's het McConaughey hoofrolle vertolk in onder meer Contact, Amistad, The Newton Boys, EDtv en U-571.

2001–2011

Matthew Mcconaughey: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe 
McConaughey by die première van Dallas Buyers Club op Toronto se internasionale rolprentfees.

Teen die vroeë 2000's het hy dikwels romantiese rolle vertolk in prente soos The Wedding Planner en How to Lose a Guy in 10 Days. Albei dié prente was ’n sukses by die loket. Hy het in dié tyd ook gespeel in Tiptoes, Two for the Money en Frailty.

In 2005 het hy saam met Penélope Cruz in die prent Sahara gespeel en in dieselfde jaar is hy aangewys as die tydskrif People se "Sexyste man in die wêreld".

In 2006 was hy saam met Sarah Jessica Parker in die romantiese komedie Failure to Launch, asook in We Are Marshall. Hy het Owen Wilson vervang in Ben Stiller se Tropic Thunder ná Wilson se selfmoordpoging.

Vanaf 2012

Matthew Mcconaughey: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe 
McConaughey en sy vrou, Camilla Alves, in 2010.

Nadat hy vir ’n rukkie nie toneelgespeel het nie, het McConaughey in kleiner, onafhanklike prente meer uitdagende rolle vertolk en groot lof daarvoor gekry. In 2012 het hy teenoor Channing Tatum gespeel in Magic Mike, wat gebaseer is op Tatum se vroeë lewe. Die regisseur was Steven Soderbergh. Daarna het hy saam met Shirley MacLaine in die prent Bernie gespeel. In Junie 2012 is McConaughey genooi om by die Academy of Motion Picture Arts and Sciences aan te sluit.

In 2013 het hy die rol van Ron Woodroof gespeel in die prent Dallas Buyers Club. Die prent het groot lof gekry en McConaughey het verskeie pryse daarvoor gekry, onder meer ’n Golden Globe en Oscar. Hy moes meer as 17 kg vir die rol verloor.

McConaughey speel saam met Woody Harrelson in die 2014-TV-reeks True Detective. Vroeg in 2013 is dit bevestig dat hy die hoofrol speel in Christopher Nolan se wetenskapsfiksieprent Interstellar, wat in November 2014 uitgereik was.

Sommige resensente noem sy terugkeer na prente en sy aanvaarding van meer ingewikkelde rolle die "McConaissance".

Persoonlike lewe

McConaughey het die Brasiliaanse model en TV-persoonlikheid Camila Alves in 2006 ontmoet. Hulle is op 9 Junie 2012 in Austin, Texas, getroud en woon steeds daar. Hulle het saam drie kinders, Levi, Vida en Livingston.

Filmografie

Rolprente

Jaar Titel Rol Notas
1993 My Boyfriend's Back Man #2
Dazed and Confused David Wooderson
1994 Angels in the Outfield Ben Williams
Texas Chainsaw Massacre: The Next Generation Vilmer Slaughter
1995 Boys on the Side Offisier Abe Lincoln
Glory Daze
1996 A Time to Kill Jake Tyler Brigance MTV Movie Award vir beste nuwe talent
Lone Star Buddy Deeds
Larger than Life Tip Tucker
1997 Amistad Roger Sherman Baldwin
Contact Palmer Joss
1998 Making Sandwiches Bud Hoagie Kortprent
The Newton Boys Willis Newton
1999 EDtv Ed "Eddie" Pekurny
2000 U-571 Lt. Andrew Tyler
2001 The Wedding Planner Steve "Eddie" Edison
2002 Reign of Fire Denton Van Zan
Thirteen Conversations About One Thing Troy Florida Film Critics Circle Award vir beste span
Frailty "Fenton/Adam Meiks"
2003 Tiptoes Steven Bedalia
How To Lose a Guy In 10 Days Benjamin Barry
2005 Two for the Money Brandon Lang
Sahara Dirk Pitt
Magnificent Desolation: Walking on the Moon 3D Al Bean Stem
2006 We Are Marshall Jack Lengyel
Failure to Launch Tripp
2008 Fool's Gold Ben "Finn" Finnegan
Tropic Thunder Rick Peck
Surfer, Dude Steve Addington
2009 Ghosts of Girlfriends Past Connor Mead
2011 The Lincoln Lawyer Mickey Haller
Bernie Danny Buck Davidson Austin Film Critics Association-ereprys
Central Ohio Film Critics Association-prys
National Society of Film Critics Award – beste byspeler
New York Film Critics Circle Award vir beste byspeler
2012 Killer Joe Killer Joe Cooper Austin Film Critics Association-ereprys
Central Ohio Film Critics Association-prys
Saturn-prys
The Paperboy Ward James Austin Film Critics Association-ereprys
Central Ohio Film Critics Association-prys
Mud Mud Central Ohio Film Critics Association-prys
Oklahoma Film Critics Circle-prys
Premios días de cine-prys
Magic Mike Dallas Austin Film Critics Association-ereprys
Central Ohio Film Critics Association-prys
Independent Spirit-prys vir beste byspeler
National Society of Film Critics-prys vir beste byspeler
New York Film Critics Circle-prys vir beste byspeler
2013 Dallas Buyers Club Ron Woodroof Oscar vir beste akteur
Alliance of Women Film Journalists-prys
Broadcast Film Critics Association-prys
Central Ohio Film Critics Association-prys
Dallas–Fort Worth Film Critics Association-prys
Denver Film Critics Society-prys
Detroit Film Critics Society-prys
Dorian-prys
Palm Springs International Film Festival-prys
Golden Globe-prys
Gotham-prys
Hollywood Film Festival-prys
Independent Spirit-prys
Las Vegas Film Critics Society-prys
Nevada Film Critics Society-prys
Oklahoma Film Critics Circle-prys
Phoenix Film Critics Society-prys
Rome Film Festival-prys
Satellite-prys
Screen Actors Guild-prys
Southeastern Film Critics Association-prys
Verskeie benoemings
The Wolf of Wall Street Mark Hanna Central Ohio Film Critics Association-prys
Oklahoma Film Critics Circle-prys
2014 Interstellar Cooper

Televisie

Jaar Titel Rol Notas
1992 Unsolved Mysteries Larry Dickens Episode #5.12
1999 King of the Hill Rad Thidbodeaux Stem
Episode: The Wedding of Bobby Hill
2000 Sex and the City Homself Episode: "Escape from New York"
2010–2012 Eastbound & Down Roy McDaniel / Texas Scout 3 episodes
2014 True Detective Rustin "Rust" Cohle 8 episodes
Uitvoerende vervaardiger

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Matthew Mcconaughey Vroeë leweMatthew Mcconaughey LoopbaanMatthew Mcconaughey Persoonlike leweMatthew Mcconaughey FilmografieMatthew Mcconaughey VerwysingsMatthew Mcconaughey Eksterne skakelsMatthew Mcconaughey19694 NovemberSteven SpielbergTexasVSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MolekuulInfeksieLys van Afrikaanse digtersErektiele disfunksieNasionale VrouedagGregoriaanse kalenderSuid-EuropaKatAlkoholismeMusieksimboleTuberkuloseMierWikiRefentse MorakeChemiese elementEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaLionel MessiAnale seksIslamitiese StaatEmo AdamsRonelda KamferLiewe HeksieKookpuntHeidelberg, GautengKunsmisHeks van HexrivierGoudkus (streek)HoofpynOnderwysBeroerteDarwinismeSpierKlein vyf diereHaelSosiale ordeJeugdagGevolge van aardverwarming op oseaneSarel Jacob PretoriusHeupPuberteitNederduitsch Hervormde KerkInsekKarlien van JaarsveldAsemhalingChristendomDistillasieLien se lankstaanskoeneTropiese sikloonOlimpiese Somerspele 2024DramaKostuumsBoomAntoniemBTWVars waterNeonNoordwesAkroniemKinderregte23 AprilAkademiaSkarlakenkoorsFrederik Willem de KlerkJohannes MeintjesJansenvilleWaterpokkiesSelfmoordPesachWinterLongontstekingHartSpelerposisies in rugbyLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameWoordsoortKindermishandelingMasturbasieJazz🡆 More