Matoppie

Die Matoppie of Witgat (Boscia albitrunca) is 'n kleinerige boom, gewoonlik 6 m hoog, maar uitsonderlik tot 10 m hoog.

In Engels staan die boom bekend as die Shepherd's tree.

Matoppie
Matoppie
Boscia albitrunca
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Brassicales
Familie: Capparaceae
Genus: Boscia
Spesie:
B. albitrunca
Binomiale naam
Boscia albitrunca
(Burch.) Gilg & Ben., (1915)
Sinonieme
  • Capparis albitrunca Burch.
Matoppie
'n Matoppie in Botswana met sy opmerklike wit bas.

Dit is 'n immergroen boom inheems aan Suider-en tropiese Afrika, wat voorkom in die warm, droë, en dikwels brak laagliggende gebiede, soms op kalkkoppies asook rotsagtige terrein. Dit is 'n algemene boom in die Bosveld en Laeveld, behalwe in die Oos- en Wes-Kaap. In Afrika is die boom inheems aan Angola, Botswana, Eswatini, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe.

Hierdie boom het 'n prominente, stewige wit stam, dikwels met repies van ruwe, donker bas. Die kroonblare word dikwels deur bokke gevreet, asook deur ander grasvreters wat die blare kan bereik, wat lei tot 'n opvallende plat onderkant. Die blare is smal, omgekeerd lansetvormig, baie kompak met onduidelike are, behalwe vir die duidelike hoofaar. Die blomme is klein, groen-geel, stervormig en gegroepeer. Die vrugte, op 'n gelede steel, is sowat 10 mm in deursnee en het 'n bros vel met wit vlees en 'n groot endokarp.

Die boom se FSA-nommer is 122.

Lees ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Matoppie Lees ookMatoppie VerwysingsMatoppie BronneMatoppie Eksterne skakelsMatoppie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Carike KeuzenkampLandbouGalblaasMuskeljaatkatPubliekAkademiaLys van Afrikaanse televisiereekseVarkgriepJudaïsmeMangelontstekingKaartAspoestertjieVoegwoordMandalaKnopiespinnekopPinksterSimboolThys die BosveldklongTeam Fortress 2StrykysterSwart menseVierkantswortelKriekJacques LootsLeestekenMadison IvyHandbalRoofvoëlSendelingposisieNederlandsKunsmisEerste WêreldoorlogAlliterasieBreinvliesontstekingInentingVeeartsWêreld- Ekonomiese ForumGeslagsgelykheidDiatomiese molekuulMiteAkuutRieldansFiela se kindWaterbesparing in Suid-AfrikaPaulus van TarsusWortelKaapse florarykYsterKonflik (proses)EjakulasieStilleweMolekuulHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalNarsismeHolocaustKolonoskopieBeesvleisAboriginesSwangerskapSeksposisieVingerseksAfrikanersLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameEkonomie van Suid-AfrikaNaaldekokerGeprosesseerde kosSarel Jacob PretoriusMynbedryf van Suid-AfrikaSteve BikoJohannes MeintjesHartaanvalGawes van die Heilige GeesEienaamDie ontstaan van die dramaK🡆 More