Matoea

Matoea (Russies: Ма́туа; Japannees: 松輪島, Matsuwa-tō) is 'n onbewoonde vulkaniese eiland van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan.

Die naam kom van die taal Ainoe en beteken "Helmond".

Matoea
Eiland van die Koerile
Matoea
Matoea
Ligging See van Ochotsk
Plaaslike naam Матуа
松輪島
Argipel Koerile
Lengte 11 km
Breedte 6,5 km
Oppervlakte 52 km2
Hoogste punt Saritsjef-piek
Hoogte 1 496 m
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Sachalin-oblast
Bevolking 0

Die eiland word van Raikoke geskei deur die Straat van Golownin van 16 km. Jagters en vissermanne het Matoea lank gelede reeds besoek, maar dit het geen permanente inwoners nie. In sommige vroeë Europese dokumente word na die eiland verwys as "Raukoke".

Geologie

Matoea 
'n Uitbarsting van die Saritsjef-piek.

Matoea is rofweg ovaal, met 'n lengte van 11 km en 'n breedte van 6,5 km. Dit het 'n oppervlakte van 52 km2. Die eiland is 'n vulkaan met twee hoofpieke.

Saritsjef-piek (Russies: вулкан Сарычева) in die noordweste van die eiland is een van die aktiefste vulkane op die Koerile. Die sentrale keël is 250 m breed, het baie steil kante en 'n gekeepte rand. Dit is sowat 1 496 m hoog. Lawa wat van al die kante van die piek afstroom, vorm kape aan die kus. Uitbarstings is sedert die 1760's aangeteken, insluitende in 1878-1879, 1923, 1930, 1946, 1960, 1976, 1981, 1987, 1989 en 2009.

Die een in 1946 was die grootste en het 'n piroklastiese vloei (van vulkaangesteentes) tot gevolg gehad wat die see bereik het. Die uitbarsting van 2009 was groot genoeg om lugverkeer tussen Noord-Amerika en Asië te beïnvloed.

Die veel kleiner piek suid van Saritsjef, Tengaizan, is 127 m hoog.

Verwysings

Skakels

  • Matoea  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

JapanneesKoerileRussiesSee van OchotskStille OseaanVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KlimaatLeonardo da VinciCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaBrittany Ashton HolmesElektrodeBladwisselendIntensiewe vormKarakteriseringSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Migrasie van voëlsBruin menseC. Louis LeipoldtSuid-Afrikaanse InkomstediensPoësieWet op Bantoe-onderwysOorstromingSeksuele opwekkingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaMateriaalLys van Joodse feeste en herdenkingsWoordMangelontstekingRobert SobukweKunsmatige algemene intelligensieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalSwart nasionalismeVerkoueGesonde dieetKlimaatsverandering in AfrikaKarretjiemenseSirkusMaagsweerTegnologieBestaansboerderyErica BoyerKonjunktivitisSuiwelprodukAfrikaansRacheltjie de BeerSeptimius AwardsBewussynTamboraPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPubliekGalblaasLieweheersbesieLys van nedersettings in Suid-AfrikaWêreldboekedagHondVincent van GoghD.J. OppermanKindermishandelingLys van Afrikaanse rolprenteSarel Jacob PretoriusWitbloedselInligtingCristiano RonaldoOseaanbesoedelingLeierLiefdeInfeksieOnderwysAfrikaanse TaalmonumentNavorsingMidde-OosteSekondêre sektor van die ekonomieVergelykings (taalkunde)GoudPampoentjiesNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyMuskeljaatkatDistrik SesLettergreepWatersuiweringKaapstadse waterkrisis 2015-2018BosluisbytkoorsPornhub🡆 More