Wiki Afrikaans 2022: Carles Puigdemont
AFVietnameseEnglish

Mathys Roets

Mathys Roets: Suid-Afrikaanse sanger

Mathys Roets is 'n Afrikaanse sanger. Hy tree ook saam met Kevin Leo en Danie Niehaus onder die verhoognaam Drie van die Bestes op.

Mathys Roets
OorsprongSuid-Afrikaans
Beroep(e)Sanger
AssosiasiesDrie van die Bestes
Webwerfwww.mathysroets.co.za Edit this at Wikidata

Roets was op 6 April 2009 in 'n ernstige motorfietsongeluk betrokke op pad na die KKNK op Oudtshoorn. Hy het 'n rugbesering opgedoen wat hom permanent in die onderlyf verlam gelaat het.[1]

Hy is ook mede-aanbieder van KykNET se leefstylprogram, Kamp dit uit, waar hy saam met Alexa Strachan toer. 'n Woonwa is spesiaal vir hom ingerig om rolstoel-toeganklik te wees.

Diskografie

  • Nokturne, 1996
  • A life in song, 1997
  • Brug na nêrens, 2000
  • Hy's ons man, 2000
  • Die tyd sal leer, 2002
  • Sings Leonard Cohen (DVD), 2005
  • Fluister, 2007
  • The very best of Cat Stevens, 2008
  • The very best of Roger Whittaker, 2008
  • The very best of Neil Diamond, 2008
  • My storie (DVD), 2009
  • In retrospeksie, 2009
  • Reën, 2020

Verwysings

  1. Kalp, Loraine (7 April 2009). "Mathys Roets ernstig beseer in motorfietsongeluk". Die Burger. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Julie 2010.

Sien ook

Eksterne skakels