Martin Melck-Huis

Die Martin Melck-huis by Strandstraat 96 en die Kostershuis by Strandstraat 100, aan weerskante van die Lutherse kerk, in Kaapstad is albei nasionale gedenkwaardighede.

Martin Melck-Huis
Die Martin Melck-huis in Strandstraat, Kaapstad

Met die bou van die Lutherse kerk het Martin Melck, 'n Duitse immigrant wat met sy besighede en danksy suksesvolle huwelike die welvarendste burger in die 18de eeuse Kaapkolonie geword het, sy erf aan die oostekant van die kerk oop gehou met die oog op die latere bou van 'n pastorie. Naderhand skenk hy die erf aan die gemeente en in 1781 na Melck se dood is begin met die bouwerk aan die huis. Louis Thibault was waarskynlik die bouer. Daar word algemeen aanvaar dat die beeldhouer Anton Anreith vir die sierlike middelvensters, die swaan in die gewel en die houtsnywerk in die voordeur verantwoordelik was. Die gebou toon invloed van die Franse Renaissance. Dit is 'n unieke gebou omdat dit 'n dakkamer ('n “belvedere”) het met vier vensters wat in daardie tyd 'n wye uitsig gebied het op die stad en Tafelbaai. Ruim vertrekke, geplaveide portale, kiaathoutvloere op die grondverdieping en geelhoutvloere op die boonste verdieping, 'n kiaathoutbalk oor die vurmaakplek en 'n binneplaas maak dit 'n unieke gebou.

Tot 1891 was dit die pastorie van die kerk. In 1929 was daar sprake van sloping, maar deur die bemoeienis van bewaringsbewustes en samewerking van die gemeente is die gebou ingrypend opgeknap. Vanaf 1932 dra dit die naam Martin Melck Huis, in 1936 is dit tot nasionale monument verklaar en is dit deur kultuurgroepe van die stad benut. Rond 1975 het 'n antiekwinkel sy sake daaruit bedryf. Kort na 2000 het dit die tuiste geword van 'n museum oor die goudbedryf, 'n soewenierswinkel, 'n restaurant en ateljees vir goudsmede. Die museum fokus op die kunswerke wat in die 19de en 20ste eeu deur goudsmede van Mali, Senegal, Ghana en die Ivoorkus gemaak is. 'n Goue Leeu is die belangrikste item in die uitstalling en dit word ook as die embleem van die museum gebruik. Hierdie goue leeu staan in die dakkamer.

Op die hoek van die Buitengracht en Strandstraat is die Kostershuis wat in 1949 tot nasionale monument verklaar is. Hierdie huis is waarskynlik tussen 1779 en 1783 gebou. Strandstraat 100, Kaapstad het die tradisionele adres van die Nederlandse konsulaat-generaal in die stad geword.

Bibliografie

  • Oberholster, J.J.: Die Historiese Monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir Die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972. ISBN 0-620-00191-7

Eksterne skakels

18°25′11″O / 33.91917°S 18.41972°O / -33.91917; 18.41972

Tags:

KaapstadSuid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sekondêre sektor van die ekonomieLeah van NiekerkMidde-OosteBelgiëGroenteAardbewingAfrikaanse TaalmonumentErektiele disfunksieGroot TrekO.J. SimpsonAnrich HerbstJohan BadenhorstMaselsBreinvliesontstekingMagsverheffingMaanNederduitse Gereformeerde KerkAborsie in Suid-AfrikaDinosourusWikiKwadraatKoolhidraatWolfCovid-19-pandemieNedersettingGewone tortelduifVryheidsmanifesFransLys van bekende Suid-AfrikanersHamilton Wessels20ste eeuMenslike seksuele gedragSwartbewussynsbewegingLeonardo da VinciNagKasteel die Goeie HoopSeksueel oordraagbare infeksieAuschwitz-konsentrasiekampViëtnamoorlogVerassingTropiese sikloonApokriewe boekeCleopatra VIIVaste stofSendelingposisieFinale OplossingHerpes simplexBayer 04 LeverkusenSlawernyMenslike-ontwikkelingsindeksGewone breukeSpierdistrofieIetermagoMetaalVerkoueTrigeminale neuralgieTienerIslamBloedvergiftigingInternetHemelvaartJeugdagDuitslandMeervoudGoogle MapsVulkaanLys van kleureGroot DepressieMIV/vigs in Suid-AfrikaVierde Industriële RevolusieAfrikaMiddelburg, Oos-KaapCeresOrganismeByBokmakierie🡆 More