Martin Mcguinness

James Martin Pacelli McGuinness (Iers: Séamus Máirtín Pacelli Mag Aonghusa, * 23 Mei 1950; † 21 Maart 2017) was 'n Iers-Republikeinse en Sinn Féin-politikus wat tussen Mei 2007 en Januarie 2017 as vise-premier (deputy First Minister) van Noord-Ierland gedien het.

Martin McGuinness
Martin McGuinness
Martin McGuinness in Januarie 2017

Vise-premier van Noord-Ierland
Ampstermyn
8 Mei 2007 – 9 Januarie 2017
Monarg Elizabeth II
Voorafgegaan deur Mark Durkan
Opgevolg deur Vakant

Minister van Onderwys
Ampstermyn
2 Desember 1999 – 14 Oktober 2002
Voorafgegaan deur Amp nuut geskep
Opgevolg deur Caitríona Ruane

Partyleier van Sinn Féin in Noord-Ierland
Ampstermyn
8 Mei 2007 – 9 Januarie 2017
Opgevolg deur Michelle O'Neill

Lid van die Britse Parlement vir Mid Ulster
Ampstermyn
1 Mei 1997 – 2 Januarie 2013
Voorafgegaan deur William McCrea
Opgevolg deur Francie Molloy

Persoonlike besonderhede
Gebore 23 Mei 1950
Derry, Noord-Ierland, Verenigde Koninkryk
Sterf 21 Maart 2017
Derry, Noord-Ierland, Verenigde Koninkryk
Politieke party Sinn Féin (SF)
Eggenoot/-note Bernadette Canning (1974-2017)
Kind(ers) 4 (Emmet, Fiachra, Fionnuala en Grainne)
Religie Rooms-Katolieke Kerk

McGuinness, 'n gewese leier van die Provisionele Ierse Republikeinse Leër (IRA) wat sy lidmaatskap in dié organisasie erken en volgens vele self bloed aan sy hande gehad het, was vanaf 1997 tot en met sy bedanking in 2013 lid van die Britse Parlement vir die Noord-Ierse kiesafdeling Mid Ulster. Net soos alle ander verkose Sinn Féin- en SDLP-parlementslede het hy - uit protes teen die politieke status van Noord-Ierland as deel van die Verenigde Koninkryk - verkies om nie sy plek in die Westminster-parlement in te neem nie. Nogtans het hy - saam met die Amerikaanse spesiale gesant George Mitchell - 'n leidende rol in die onderhandelinge gespeel wat tot die Noord-Ierse Vredeskikking, die sogenaamde Goeie Vrydag-ooreenkoms, sou lei, en later verskeie kere met koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk ontmoet.

Martin Mcguinness
Die begrafnis van Martin McGuinness. Sy doodskis word hier gedra deur Gerry Adams (eerste van links), Michelle O'Neill (derde) en Mary Lou McDonald (vierde)

Ná die St Andrews-ooreenkoms en die algemene Noord-Ierse verkiesing in 2007 het McGuinness, wat destyds die amp van partyleier van die Iers-Republikeinse Sinn Féin in Noord-Ierland beklee het, op 8 Mei 2007 die vise-premier van Noord-Ierland geword. Merkwaardig was die hegte vriendskapsband wat hom met sy vroeëre politieke teenstander en leier van die Protestantse Demokratiese Unionisteparty (DUP), Ian Paisley, verbind het wat die amp van premier beklee het. Op 5 Junie 2008 is hy herbenoem as vise-premier toe Paisley as eerste minister opgevolg is deur Peter Robinson.

Uit protes teen 'n skandaal oor 'n Hernieubare verwarmingsenergieprogram het McGuinness op 9 Januarie 2017 as vise-premier bedank. Op 19 Januarie het hy aangekondig dat hy weens sy swak gesondheidstoestand nie vir herverkiesing in die algemene Noord-Ierse verkiesing van 2 Maart 2017 sou staan nie. Martin McGuinness is op 21 Maart 2017 in Derry se Altnagelvin-hospitaal aan amylodoïsis, 'n rare hartsiekte, oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou Bernadette (Bernie) en hul vier kinders. Bernie McGuinness het op 21 Maart, kort na Martin se afsterwe, saam met ander die doodskis van haar eggenoot, waaroor 'n Ierse vlag gedrapeer is, deur die Bogside-buurt van Derry gedra.

Verwysings

Tags:

1950201721 Maart23 MeiIers-GaeliesNoord-IerlandSinn Féin

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GhanaOntwerpPenetrasieEkotoerismePenisGeografie van Suid-AfrikaVryheidsmanifesGasPadtekens in Suid-AfrikaLionel PetersonSkaapKlein-KarooAntisemitismeJapanArmoedeverligtingSintetiese veselsVeselKoppeltekenSmeltpuntKhoisanCristiano RonaldoVigsResensieEufemismeGroepsdrukBlourokkeRacheltjie de BeerLettergreepLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsRenteRivierGenadedoodPoesHartaanvalHoofkarakterDriehoekMasturbasieSeismologieUnie van Suid-AfrikaKatKolitisMikro-ekonomieIngrid JonkerUilJavaScriptJuan Antonio VillacañasOrgasmeWerwelkolomVergelykings (taalkunde)Duitse maselsMangelAardeHipoteseVoorsetselToerismeSmall HandsReënGrieksSpysverteringstelselKaapstadLys van Suid-Afrikaanse musikanteEnkelvoudige sinKriekKontinentValentynsdagEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSteenkool in Suid-AfrikaDieregeluideSpinnekopSirkelWekkerVideoNederlandsOnderwys in Suid-AfrikaAdolf HitlerLys van kinderspeletjiesGoogleCovid-19-pandemie in Suid-Afrika🡆 More