Markteater

Die Markteater is geleë in Newtown, Johannesburg.

Dit is in 1976 geopen as ’n onafhanklike, nierassige teater tydens die apartheidsjare. Dit is genoem na die mark wat voorheen op die plek gestaan het, ook bekend as die Ou Indiërmark of die Newtownse Mark, wat ná 60 jare na ’n ander deel van die stad verskuif het.

Markteater
Die Markteater
Die Markteater
Stad of dorp Newtown, Johannesburg
Land Suid-Afrika
Sitplekke Altesaam 600-700
Geopen 21 Junie 1976
Webtuiste The Market

Geskiedenis

In 1974 het ’n groep teaterkunstenaars, onder andere die regisseur Barney Simon en vervaardiger Mannie Manim, The Company gestig. Hulle het geld begin insamel om die verwaarloosde kompleks waar die mark voorheen geleë was, op te knap. Die staalkonstruksie wat daar gestaan het, is in 1913 opgerig en is beskou as een van die belangrikste voorbeelde van organiese argitektuur in Suid-Afrika. Op Sondae is die hoofsaal gebruik vir simfoniekonserte.

Baie van die opknapping is deur die kunstenaars self gedoen. Die grootste deel van die Eduardiaanse argitektuur het behoue gebly, asook ’n klompie van die oorspronklike tekens.

Die Markteater het sy deure geopen tydens die hoogtepunt van apartheid, op 21 Junie 1976, met Barney Simon as artistieke hoof. Die eerste produksie, wat Simon geregisseer het, was The Seagull deur Anton Tsjechof. Die nierassige teater het gou bekend geword as die "Teater van die Stryd" en was in die 1980's, nes Die Ruimte in Kaapstad, een van die min plekke waar mense van alle rasse kon meng. Deur die verskeie toneelstukke, musiek en kunsuitstallings het die teater ’n stem gegee aan ’n mengsel kunstenaars wat toe nie amptelik in Suid-Afrikaanse teater mag opgetree het nie.

Ook die Afrikaanse protesstem is in die teater gehoor, van die vroeë Pieter-Dirk Uys-werke (soos Die Van Aardes van Grootoor, die eerste produksie in die Laager in 1978), Wieretuin (Johan van Wyk en Chris Pretorius) in 1980, die verwerking vir die verhoog van Poppie Nongena (1980) en David Kramer se optredes tot die waaghalsige kabarette van Hennie Aucamp in die laat 1980's.

Pryse

In 1994 het die Markteater die Amerikaanse Jujamcyn-prys ontvang vir ’n teaterorganisasie wat ’n buitengewone bydrae gemaak het tot die ontwikkeling van kreatiewe talent vir teater. Tydens sy geskiedenis het die teater 21 internasionale en meer as 300 Suid-Afrikaanse pryse ontvang, baie daarvan Fleur de Cap Geargiveer 15 Augustus 2013 op Wayback Machine en Naledi-teaterpryse.

Geriewe

Die Markteater het drie ruimtes: die Barney Simon-teater (120 sitplekke, geopen in Junie 1976), die John Kani-teater (die ou Hoofteater; 387 sitplekke; Oktober 1976) en die Laager-teater (1979). Die teaters word ook gebruik vir konferensies, seminare, voorleggings en produkbekendstellings.

Daar is ook twee kunsgalerye, twee restaurante, ’n jazzklub, kabaretruimte, boekwinkel, koffiekroeg, teaterkroeg, winkelkompleks en 'n vlooimark elke Saterdag.

Verwysings

Eksterne skakels

28°1′57″O / 26.21667°S 28.03250°O / -26.21667; 28.03250

Tags:

Markteater GeskiedenisMarkteater GerieweMarkteater VerwysingsMarkteater Eksterne skakelsMarkteaterApartheidJohannesburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SuiwelprodukLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesEl (lengtemaat)Sosiale mediaRenosterBloedingTweede Nuwe JaarSigaretSinoniemMaagsweerVreesLeon KrugerPols-oksimeterNuwe TestamentGrondbesoedelingKunsmisWoordsoortCleopatra VIIMosesAnrich HerbstJakkalsEnkelvoudige sinSkoolNag van die lang messeKoringSuikerbekkiesJohannesburgAlice MunroVoornaamwoordWiki CommonsKoggelmanderAfrikaanse taalleerLugbesoedelingNaboomPeriodieke tabelKameelperdCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaMusiekteaterMantisVerstedelikingAardbewingGlasAmandelSeeViëtnamoorlogVoortrekkermonumentBaälKinderregteAarverkalkingChemiese elementEskomSharpeville-slagtingLys van konings van IsraelVloeistofRuslandLys van chemiese elemente volgens atoomgetalWikiLettergreepLandbou in Suid-AfrikaAtoomBlourokkeAnale kankerYouTubeBloeddrukSoweto-opstandHerpes simplexNylrivierHokkieKakiebosOopbroninhoudAtlantiese OseaanRugby, WarwickshireHoenderSwitserland🡆 More