Mark Boucher

Mark Verdon Boucher (* 3 Desember 1976 in Oos-Londen, Kaapprovinsie) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler.

Hy het die Proteas van 1997 tot 2012 in altesame 147 toetse as paaltjiewagter verteenwoordig, ’n rekord tot op hede. In dié tyd verbeter hy byna elke wêreldrekord vir paaltjiewagters. In toetse en in internasionale eendagkrieket benut hy onderskeidelik 532 en 403 vangskote en 23 en 22 stonkkanse. Hy was ook ’n aggressiewe middelorde-kolwer wat 5 515 toetslopies en 4 686 lopies in 295 internasionale eendagwedstryde aanteken het. Boucher se internasionale krieketloopbaan het skielik tot 'n einde gekom toe 'n dwarsbalkie opgeskiet en sy linkeroog beseer het. Dit was 'n fratsongeluk gedurende die opwarmingswedstryd in Engeland op 9 Julie 2012. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1999, 2003 en 2007, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009 en 2010, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2004, 2006 en 2009 vir Suid-Afrika gespeel. Later het hy Suid-Afrika tydens die T20I-wêreldbekertoernooie in 2021 en 2022 afgerig.

Mark Boucher
Mark Boucher
Volle naam Mark Verdon Boucher
Gebore 3 Desember 1976 (1976-12-03) (47 jaar oud)
Oos-Londen, Suid-Afrika
Bynaam(e) Bouch
Lengte 1.68 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm medium
Rol Paaltjiewagter
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 267) 17 Oktober 1997 v Pakistan
Laaste Toets 3 Januarie 2012 v Sri Lanka
EDI debuut (no 46) 16 Januarie 1998 v Nieu-Seeland
Laaste EDI 28 Oktober 2011 v Australië
EDI hempno. 9
T20I debuut 21 Oktober 2005 v Nieu-Seeland
Laaste T20I 18 Junie 2009 v Pakistan
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
2008 - Royal Challengers Bangalore
2004/05-2006/07 Krygers
1995/96-2002/03 Grens
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rang T20
Wedstryde 147 295 212 48
Lopies aangeteken 5,515 4,686 8,803 797
Kolfgemiddeld 29.85 28.57 33.34 28.46
100s/50s 5/29 1/26 10/53 0/2
Hoogste telling 125 147* 134 57*
Aflewerings geboul 8 —- 32 —-
Paaltjies 1 —- 1 —-
Boulgemiddeld 6.00 —- 26.00 —-
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 —- 0 —-
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 —- 0 —-
Beste boulontleding 1/6 —- 1/6 —-
Vangskote/Stonkings 532/23 403/22 712/37 28/4
Bron: cricketarchive, 14 Februarie 2016

Internasionale loopbaan

1997

Mark Boucher se toetskrieketloopbaan begin op 17 Oktober 1997 teen Pakistan in Sheikhupura in die tweede van 'n drietoetsreeks. Drie dae van die toets gaan verlore weens reën en die Proteas boul en doen veldwerk vir slegs 17 boulbeurte. Boucher teken ses lopies aan in Suid-Afrika se enigste kolfbeurt.

Dit het beter gegaan met Boucher in sy eerste internasionale eendagwedstryd teen Nieu-Seeland in Perth. Hy neem twee vangskote maar stel teleur met die kolf.

1998–99

Gedurende 1998 teken Boucher sy eerste vyftigtal teen Pakistan in Durban aan. In sy volgende toets teken hy weer 'n vyftigtal aan en hy ewenaar Dave Richardson se nege slagoffers vir 'n paaltjiewagter in 'n toets – agt vangskote en een stonkkans. Ses van die vangskote was in die eerste beurt wat hom tweede op die alle-tye lys plaas vir slagoffers in 'n beurt. Gedurende dié reeks stel hy 'n nuwe Suid-Afrikaanse rekord op met agtien slagoffers vir 'n drietoetsreeks. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.

Tydens die toer na Engeland in 1998 raak Boucher ontslae van 26 kolwers wat sy plek in die span verseker. Dit was op daardie stadium die vierde meeste slagoffers vir 'n reeks.

Gedurende 1999 teken hy sy eerste honderdtal aan teen Wes-Indië op SuperSport-park in Centurion. Hy teken nog twee hondertalle aan later die jaar.

2000

Gedurende 2000 neem hy vyf vangskote waar teen Engeland in Johannesburg en ewenaar daarmee die internasionale eendagwedstryd rekord vir die meeste vangskote deur 'n paaltjiewagter. Hy herhaal die prestasie twee keer gedurende die jaar. Gedurende dieselfde jaar behaal Boucher sy 1 000ste toetslopie met 'n vyftigtal in die tweede toets in Kandy teen Sri Lanka. Hy rond sy vertoning af deur Muttiah Muralitheran uit te vang en daarmee verseker hy dat Suid-Afrika die toets met sewe lopies wen en sodoende die reeks gelykop maak.

In sy 38ste toets steek hy Dave Richardson se rekord van 153 slagoffers verby om sodoende Suid-Afrika se suksesvolste paaltjiewagter te word.

2002

Gedurende 2002 neem hy as kaptein waar in vier toetse toe Shaun Pollock beseer was. Suid-Afrika verloor die tuisreeks teen Australië maar hy lei sy span tot 'n beurtoorwinnig teen Bangladesj gedurende Oktober. Hy benut ook sy 200 ste vangskoot tydens die toets.

Hy eis ook gedurende 2002 sy 166ste slagoffer, Damien Martyn, in internasionale eendagwedstryde – die meeste deur 'n Suid-Afrikaanse paaltjiewagter.

2003

Die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika is 'n groot teleurstelling vir Boucher. Hy speel na die laaste bal van die wedstryd teen Sri Lanka, die hou lewer geen lopie op nie en die wedstryd word gestaak weens reën en eindig gelykop. Die gevolg is dat Suid-Afrika uit die kompetisie geboender word.

2004

Gedurende 2004 verloor Boucher sy plek in die toetsspan; Thami Tsolekile word in sy plek gekies. Hy herower egter sy plek in die span teen die besoekende Engelse span. Teen die einde van die jaar word Boucher slegs die tweede persoon met 300 slagoffers in Internasionale Eendagkrieket naas Adam Gilchrist op 12 Maart 2006. Dié wedstryd sal altyd deur Boucher onthou word – hy teken 'n vyftigtal en die wenlopies aan teen Australië in die bekende 438 stryd in Johannesburg.

2007

Gedurende 2007 neem hy sy 366ste vangskoot waar toe hy Faisal Iqbal uitvang en verbeter Ian Healy se wêreldrekord. Hy speel ook in sy 100ste toets – een van slegs vier Proteaspelers op daardie stadium. Gedurende Februarie 2007 ewenaar hy ook die wêreldrekord van ses slagoffers in 'n internasionale eendagwedstryd. Later gedurende 2007 word hy die suksesvolste paaltjiewagter óóit toe hy Ian Healy se totale slagoffers (vangskote en stonkkanse) van 395 verbysteek. Tydens die Sydneytoets word hy slegs die tweede speler wat 400 vangskote neem naas Adam Gilchrist. Dit was ook sy 275ste eendagwedstryd.

2008

Hy speel ook in die IPL liga gedurende 2008 vir Royal Challengers Bangalore. Hy teken die tweede meeste lopies aan, 225, in tien wedstryde met 'n gemiddeld van 32.14. Gedurende 2009 speel hy in 12 wedstryde met 'n gemiddelde van 30 vir sy 150 lopies.

2011

Op 9 November 2011 vang hy Phil Hughes uit en word die eerste paaltjiewagter wat 500 vangskote in toetse neem, 121 meer as Adam Gilchrist.

Op 10 Julie 2012 kondig hy sy uittrede aan ná die fratsongeluk teen Somerset tydens die Engelse toer.

Verwysings

Bron

  • www.Supersport.com, besoek op 11 Julie 2012.

Eksterne skakels

Tags:

Mark Boucher Internasionale loopbaanMark Boucher VerwysingsMark Boucher BronMark Boucher Eksterne skakelsMark Boucher197620123 DesemberInternasionale eendagwedstrydKaapprovinsieKampioenetrofeeKampioenetrofee 1998Kampioenetrofee 2000Kampioenetrofee 2004Kampioenetrofee 2006Kampioenetrofee 2009KrieketKrieketwêreldbekerKrieketwêreldbeker 1999Krieketwêreldbeker 2003Krieketwêreldbeker 2007Oos-LondenProteasSuid-AfrikaT20I-wêreldbekerT20I-wêreldbeker 2007T20I-wêreldbeker 2009T20I-wêreldbeker 2010T20I-wêreldbeker 2021T20I-wêreldbeker 2022Toetskrieket

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van bekende Suid-AfrikanersAnnelize van der RystKarpaletonnelsindroomMarie PentzHernubare energiePaulus van TarsusOnderhandelinge om apartheid te beëindigIndonesiëFritz WepperVaginale kankerKappie (skryfteken)Intensiewe vormPiet ByleveldDie BylAdolf HitlerBelgiëEuropese Suidelike SterrewagHeilige SaterdagJannie du ToitBlourokkePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWit-DonderdagWikimaniaMenslike seksuele gedragSeksKlein vyf diereWhitey BassonCarike KeuzenkampBosluisTarentaleSuikersiekteLys van kleureHottentot (vis)SuurstofBoeberHartToorbergBorskankerBatePoleBreingewasWaldimar PelserVolumeOrkney Snork NieDemi Lee MooreApartheidSeksposisieGeorgiëUnited Democratic FrontPuberteitSterrestelselBTWEuropese UnieArabiesNatuurbewaringHoofstadArmand AucampBorsklierNazi-DuitslandTuberkuloseOrganometaalchemieVolksrepubliek ChinaDoopSwitserlandGenesisMaroela MediaSwedeSowjetunieEkonomie van Suid-AfrikaWikipediaKoppeltekenOorlog in Soedan (sedert 2023)🡆 More