Mark Andrews (geb.
21 Februarie 1972 in Elliot) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler. Hy het as 'n slot en agsteman vir die Springbokke uitgedraf. Hy was die eerste Springbok om in 50 toetswedstryde te speel en sy toets-totaal van 77 (1994–2001) is 'n rekord, so ook sy 12 drieë as Springbokvoorspeler.
| |||||
Geboortedatum | 21 Februarie 1972 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Elliot, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 2,01 m | ||||
Massa | 116 kg | ||||
Skool | Selborne Kollege | ||||
Universiteit | Universiteit van Natal | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Slot en agsteman | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1993–2002 | Natal | 122 | (40) | ||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1996–2002 | Sharks | 40 | (15) | ||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1994-2002 | Suid-Afrika | 77 | (60) |
Andrews was 'n Junior Springbok in waterpolo terwyl hy nog op skool was. Hy skakel later na rugby oor en is reeds op skool en later op universiteit as 'n kranige rugbyspeler raakgesien. In 1995 en 1996 speel hy vir die Natalse Haaie in die Curriebekerkompetisie.
Hy maak sy debuut op internasionale vlak vir Suid-Afrika op 11 Junie 1994 teen Engeland in Kaapstad. Hy het 77 toetswedstryde en 13 midweek-wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Oor sy toetsloopbaan het hy 12 drieë gedruk wat 60 toetspunte verteenwoordig.
Andrews was 'n lid van die span wat die Rugbywêreldbeker in 1995 gewen het. 'n Ander boorling van Elliot, Os du Randt, was ook deel van die span gewees. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 1999.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Mark Andrews, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.