Marius Jooste

Marius Visser Jooste (gebore 5 Maart 1909, Winburg - oorlede 12 Oktober 1982) was 'n Afrikaanse joernalis, persleier en sakeman.

Marius Jooste
Marius Jooste.

Jooste was die seun van N.J.J. Jooste van Winburg in die Vrystaat en ontvang sy opvoeding op sy geboortedorp en in Bloemfontein. Hy trou op 5 Junie 1938 met Marguerite Malherbe van Trompsburg, ook in die Vrystaat. 'n Seun en twee dogters is uit die huwelik gebore.

Jooste het sy joernalistieke loopbaan by Die Vaderland begin, maar bedank in 1946 by die Afrikaanse Pers Beperk en is later 'n stigter van die Afrikaanse Sondagkoerant Dagbreek. In 1962 smelt Dagbreekpers Beperk en die Afrikaanse Pers Beperk saam as die Afrikaanse Pers (1962) Beperk. Jooste was 'n lid van Dagbreektrust, wat beheer oor die nuwe mediagroep uitgeoefen het. Hy was besturende direkteur van die Afrikaanse Pers (1962) Beperk. Ná die samesmelting van dié onderneming met die Voortrekkerpers in 1971 om Perskor te vorm, ook van die nuwe persmaatskappy. Vroeër het hy ook dié amp beklee by Hoofstadpers Beperk en Oggendbladpers Beperk (twee gesamentlike ondernemings in Pretoria van die groepe wat in 1971 saamgesmelt het om Perskor te vorm).

Jooste was 'n direkteur van Volkskas Bpk., voorsitter van Perskor-Publikasies Bpk., Perskor se drukkery T.W. Hayne Ltd., die tydskrifmaatskappy Republikeinse Pers, direkteur van die Dagbreektrust, Vaderland Beleggings Beperk en verskeie ander maatskappye. Hy was in 'n stadium voorsitter en later ondervoorsitter van die Nasionale Persunie.

Bronne

  • Roberts, T. (hoofredakteur). 1975. Who's Who of Southern Africa. Johannesburg: Combined Publishers (Edms) Bpk.

Tags:

12 Oktober190919825 MaartWinburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Afrikaanse televisiereekseHolocaustW3CLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsPornografiese akteurSatireNagapieErfenisdag (Suid-Afrika)NamibiëEoraptorWladimir PoetinVolumeLiewe HeksieOraniaAarde se atmosfeerGeorgiese nasionale rugbyspanBaarmoederRepubliek ArtsachJohan StemmetMorfologie (taalkunde)Sirkel1991PornografieTuisbladBeroerteBrandmondsindroomTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinTrigeminale neuralgieOoiNiersteenTropiese huisgeitjieSlaapapneeCarles PuigdemontCarike KeuzenkampSkaapVratModernismeKanadese nasionale krieketspanDie Stem van Suid-AfrikaBosluisbytkoorsMaagHartSkoonma-se-tongDulcie van den BerghAleksei NawalniHondeklipbaaiInfeksieGeorgiëBlourokkeJaco du PlessisVermaakBloeddrukOssewaTolla van der MerweHeilige SaterdagBelgiëSwangerskapSenuweestelselOopbroninhoudGenesisGoogle MapsRooiwaterGesinsdagOorlog in Soedan (sedert 2023)DagroofvoëlsJagluiperdSkrikkeljaarGianna MichaelsDieregeluideSlukderm🡆 More