Marita van der Vyver (gebore 6 Mei 1958 in Kaapstad) is 'n Afrikaanse skrywer.
Marita van der Vyver | |
---|---|
Gebore | 6 Mei 1958 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Boeke |
Eggenoot | Alain Claisse |
Kinders | 3 seuns, 1 dogter |
Sy voltooi haar laerskoolloopbaan in Bellville en Welgemoed, hoërskool in Menlopark en Nelspruit. Daarna kry sy 'n studiebeurs om aan die Universiteit van Stellenbosch te studeer, waar sy in 1978 'n B.A.-graad verwerf. In 1979 voltooi sy 'n honneursgraad en later 'n meestersgraad in joernalistiek. Ná 'n paar jaar oorsee werk sy vir Die Burger as verslaggewer, as kopieskrywer by Leserskring, en daarna as artikelskrywer by Sarie. Haar eerste jeugverhaal is Van Jou Jas (1982), gevolg deur twee jeugboeke, Tien vir 'n vriend (1987) en Eenkantkind (1991).
Haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf 'n sprokie, het in 1992 verskyn. Die roman is bekroon met die ATKV-prys, die M-Net-boekprys en die Eugène Maraisprys. Dié boek is later vertaal in Engels, Nederlands, Duits, Frans, Italiaans, Spaans, Sweeds, Tsjeggies, Chinees en Hebreeus. Van der Vyver skryf daarna in 1994 'n roman, Dinge van 'n kind (1994). In 1997 skryf sy haar eerste boek vir jong kinders, Olinosters op die dak. Wegkomkans volg in 1999 gepubliseer en Griet kom weer in 2001. Haar nuutste jeugboek is Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, terwyl Die hart van ons huis, waarin sy haar lewe in die Provence skets, in 2004 uitgegee word.
Van der Vyver woon sedert 1999 saam met haar Franse man en vier kinders op die Franse platteland.
Prosa
Kosboeke
Bundels (essays, rubrieke en opiniestukke)
Kinder- en jeugboeke
Die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur is in 1997 aan haar toegeken vir die boek Olinosters op die dak. Die MER-prys is in 2000 aan haar toegeken vir kinderlektuur. Sy word in 2016 bekroon met die Scheepersprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die boek Swemlesse vir ’n meermin.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Marita van der Vyver, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.